1 / 23

Omstandighede probleme teleurstellings struikelblokke misstappe

Omstandighede probleme teleurstellings struikelblokke misstappe. negatiewe oortuigings swak selfbeeld depressie ongemotiveerdheid ondergang. Heb 3:13-14 Waarsku mekaar heeltyd, sodat niemand deur die sonde verhard word nie. Want ons is ingeskakel by Jahshua,

clea
Download Presentation

Omstandighede probleme teleurstellings struikelblokke misstappe

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Omstandighede probleme teleurstellings struikelblokke misstappe negatiewe oortuigings swak selfbeeld depressie ongemotiveerdheid ondergang

  2. Heb 3:13-14 Waarsku mekaar heeltyd, sodat niemand deur die sonde verhard word nie. Want ons is ingeskakel by Jahshua, as ons van begin tot einde onwrikbaar in Hom vertrou

  3. En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde 1Kor 13:13

  4. Geloof: Luk 1:76-77 En jy, kindjie, ... sal voor die aangesig van Jahweh uitgaan om sy weë reg te maak; om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes Heb 11:1 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie die fondasie van jou lewe en werk in Jahshua

  5. Hoop: Ps 39:8 En nou, wat verwag ek, o Jahweh? My hoop is op U Gal 5:5 Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop Tit 2:13 ons verwag en hoop op die verskyning van die heerlikheid van die grote God en ons Verlosser, Jahshua

  6. Liefde: 1Joh 4:16 God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom die voltooiing, afronding en bekroning van jou wese

  7. Hoe werk HOOP ??

  8. Dit begin by ‘n belofte 1Pet 1:3-5 Vader het ons die wedergeboorte geskenk tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jahshua uit die dode, sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar word in die krag van God deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word

  9. Beloftes wek belangstelling Joh 3:1-5

  10. Dan volg geloof Heb 11:33 ... wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop het...

  11. Geloof bring afwagting (hoop) Rom 8:23-25 ... ons sug in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding

  12. Hoop hou mens op jou tone! Matt 25:1-13

  13. Intussen ontwikkel ‘n groeiende dankbaarheid Heb 12:28 Omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees

  14. en ‘n lus om te werk terwyl jy wag 1Kor 15:58 Wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van Jahshua, omdat julle weet dat julle nie tevergeefs vir Hom werk nie

  15. Mens praat graag oor jou verwagtinge 1Pet 2:9 Julle is uitverkore om Jahshua se deugde te verkondig

  16. Hoop ondersteun jou groei en ontwikkeling Dis ‘n motiverende dryfkrag wat spruit uit geloof Vir die man wat sonder hoop is, is daar min hoop C J Langenhoven

  17. Ons weet dat die liefde vir ewig bly. Gaan geloof en hoop ophou?

  18. God se volmaaktheid is: - absoluut (volledig), - oneindig in glorie, - oneindig veelvuldig, - oneindig in duurte, en - sy skeppingswerk gaan voort tot in alle ewigheid Hoewel ons in die volgende lewe volmaak en in ewige heerlikheid sal wees, sal ons beperkinge hê Dus sal ons God se oneindige volmaaktheid en glorie nooit ten volle kan besit, ken of ervaar nie Ons sal God se heerlikheid en dit wat Hy doen slegs kan begryp en beleef deur geleidelike, stapsgewyse openbaring

  19. Die mens wil van nature altyd groei en verbeter; dus is die groeikrag en inhoud van ons toenemende heerlikheid 'n saak van geloof: jy ontvang gedurig nuwe heerlikheid wat jy nog nie gesien het nie As ons dan ontvang deur geloof, bou ons kennis daarvan op en reik verder uit deur begeerte na meer, en ons begin hoop daarop Dan gee God meer, en so word die proses aanhoudend herhaal terwyl liefde in oorvloed geproduseer en wedersyds geniet word So groei ons deurentyd en neem toe in kennis, bewondering, aanbidding, bediening, vermoë en liefde, in volgehoue eenheid met God

  20. Om te sê dat geloof en hoop nie nodig sal wees in die volgende lewe nie, is om te sê: dat ons by Jahshua se wederkoms so gelukkig gaan wees as wat ooit moontlik is dat daar nie verdere groei en toename in heerlikheid gaan wees nie – ook nie verdere deelname aan nuwe heerlikhede van God nie 'n Toestand van salige en ewige eendersheid !!

  21. Dit strook nie met ons natuur nie – die mens het 'n oneindige begeerte na Vader, wat oneindig is in sy wese Ons sal altyd bly groei, maar steeds beperk wees in vergelyking met Hom In die volgende lewe sal ons toenemend in die uiterste vorm van eenheid en liefde met Hom en met mekaar verkeer Dit is geloof en hoop se einddoel – maar dit hou nooit op nie ...

  22. Nuwe kennis, belewenis van heerlikheid en die saligheid van die liefde kom nie uit onsself nie, maar uit Vader

  23. God gee hoop vir die wat droom. Hy gee wonderwerke vir die wat glo, Hy stel nooit teleur die wat vertrou nie en Hy verlaat nooit die wat in Hom bly nie! Liefde

More Related