1 / 14

Watch this space!!

Vastfontein Foto -brief Eerste Termyn 2011. Watch this space!!. Watch this space!!. 2011 Is al ʼn hele entjie in die pad af!. Graag wys ek vir julle wat die eerste paar maande op Vastfontein gebeur het. In Februarie is ons tweede versorgingshuis geopen. BKS.

inez
Download Presentation

Watch this space!!

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. VastfonteinFoto-brief EersteTermyn 2011 Watch this space!! Watch this space!!

  2. 2011 Is al ʼn hele entjie in die pad af! Graag wys ek vir julle wat die eerste paar maande op Vastfontein gebeur het......

  3. In Februarie is ons tweede versorgingshuis geopen. BKS Senior personeel van Dartcom, die maatskappy wat die fondse vir die 2de versorgingshuis geskenk het, het die huis amptelik geopen. Dit het die deur letterlik en figuurlik oop gemaak vir die volgende grooooot geskenk.....

  4. Ons eerste 2 kinders vir Dartcom huis! Die boetie & sussie is deur hulle ma by ʼn vreemdeling gelos waarna CMR se maatskaplike werker hulle vir ons gebring het met net die klere aan hulle lyf!

  5. Een van Dartcom se internasionale verskaffers, Huber & Suhner van Switserland, het ‘n kompetisie gehou waarin hulle al hulle internasionale kliënte se sosiale betrokkenheid geëvalueer het. Dartcom se betrokkenheid by Vastfontein het hulle ‘n tweede plek besorg! As prys het Dartcom 2 000 Swiss Frank gewen wat aan Vastfontein geskenk is! Huber en Suhner se verteenwoordigers oorhandig die simboliese tjek aan Vastfontein.

  6. Desember/Januarie oorstromings! Ons grootste skade was egter toe ons pomp en motor op die Apiesrivier oorstroom het. Kyk op die volgende paar foto’s wat gebeur het ! Dit het so gereën dat die water deur ons klaskamers gestroom het. Ons het ook vasgesit op die terrein en moes inderhaas gruis op ons toegangspaaie gooi om op terrein te kon kom!

  7. Die watervlak het onsettend vinnig gestyg en ek het onverpoosd gewerk om die ster/delta aansitter, wat baie geld kos, te red. Net betyds!

  8. Met die motor en die pomp was ek egter nie so gelukkig nie!

  9. Dit is hoe vinnig die watervlak in net meer as ʼn uur gestyg het!

  10. Ekmoesuiteindelikallepogingslaatvaar want onskonniemeer by die pomp uitkomnie!

  11. Ons het die nuwe skooljaar begin met amptelike skooldrag! Met ons “begin-kinders” wat aangeskuif het na ons nuwe gr. 5 klas, het ons leerlinggetalle hierdie jaar gegroei tot 207! Nog net 2 jr. en ons is ʼn volwaardige laerskool tot gr. 7 met ʼn crèche vir 3 & 4 jariges asook ʼn gr R klas! Dit is onverdiende Guns alleen!

  12. ʼn Nuwe Gesig! Op 01 Februarie het ons Elandi-Marie van Jaarsveld as Bemarker by Vastfontein aangestel. Haar fokus gaan wees om nog borg-ouers vir ons kinders te kry, veral by maatskappye, wat ʼn verbetering in ons kontantvloei sal veroorsaak. Op 06 Mei bied sy ʼn inligtingsontbyt aan vir CSI persone & konsultante wat in die BBBEE omgewing werk. Die reaksie is so ver baie goed maar daar is nog ʼn paar plekke beskikbaar. Ons sal dit dus baie waardeer as julle van sulke persone weet en haar na hulle toe kan verwys. Julle kan haar gerus kontak by elandimarie@vastfontein.co.za of by 071 352 9884 Terloops, daar werk reeds 24 mense by Vastfontein – 21 voltyds en 3 deeltyds!

  13. Lof & Gebeds Sake • Loof die Here vir: • Al Sy Wonderwerke: • Dat Hy ons waardig ag om na die wees & die wese om te sien; • Ongekende groei wat in ons bedieninge plaasvind; • Dat Hy voorsien in AL ons behoeftes & ons Guns gee sonder dat ons dit verdien. • Bid asb. vir: • Vastfontein wat in ʼn oorgangsfase is van ʼn mikro na ʼn klein tot medium grootte onderneming. Ons is besig om prosedures en bestuurstelsels in plek te sit om die wyer omvang van uitsette en verantwoordelikhede effektief te implementeer en te bestuur. Dit moet alles gedoen word sonder om die Opdrag, wese en kultuur van Vastfontein te verander. Ons het werklikwaar gebed en begrip nodig in hierdie veranderingstyd.

  14. Uitnodiging Die rede vir Vastfontein se sukses tot op hede is drieërlei: Eerstens omdat die Here ons Genadig is en Seën en hier teenwoordig is; Tweedens omdat die Heilige Gees ons rig en lei; en Derdens omdat die Liggaam van Christus hier werksaam is en geen enkele persoon of groep die eer kry nie maar Jesus alleen. Ons nooi julle graag as deel van die Liggaam van Christus wat by Vastfontein betrokke is, uit na ’n inligtingsoggend. Hiertydens gaan ons kyk na wat die Here in die verlede by Vastfontein tot stand gebring het, maar ook wat ons in Geloof dink in die toekoms nog op Vastfontein se pad is. Dit gaan pret wees om te sien hoe Vastfontein oorspronklik gelyk het, hoe die eerste kinders die eerste klaskamer in gebruik neem, hoe die Kerkplantingskool en ander klaskamers gebou is, hoe die eerste versorgingshuis tot stand kom en bewoon word en vele meer! Vastfontein se pad is ’n Geloofspad. Kom stap ’n entjie saam met ons:  Wat: The Vastfontein Journey; Wanneer: 12 Junie 2011; Hoe laat: 09h00 – ±10h30 waarna sop en broodjies bedien sal word; Waar: Vastfontein. Ek sal so bly wees as al Vastfontein se Ondersteuners kan bywoon. RSVP asb. vir Rennie by: rennie@vastfontein.co.za of 076 285 1658 as julle kan bywoon.

More Related