1 / 36

Kampioenskap

Kampioenskap. …..alles of niks…. Bietjie geskiedenis… ken u die westerse gebruike van weleer. Waar kom die beginsel van kampioen vandaan (champion)? Hoekom was kampioene nodig? Hoe is kampioene gekies? Hoe is kampioenskappe gehou? Hoe is die uitkoms van kampioenskappe bepaal?.

virginia
Download Presentation

Kampioenskap

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Kampioenskap …..alles of niks…..

  2. Bietjie geskiedenis…ken u die westerse gebruike van weleer • Waar kom die beginsel van kampioen vandaan (champion)? • Hoekom was kampioene nodig? • Hoe is kampioene gekies? • Hoe is kampioenskappe gehou? • Hoe is die uitkoms van kampioenskappe bepaal?

  3. Waar kom die beginsel van kampioen vandaan (champion)? Wikipedia The original meaning of the word partakes of both these senses: in the Feudal Era, knights were expected to be champions of both prowess in combat and of causes, the latter most commonly being either patriotic, romantic or religious in nature. This reaches its most literal in a trial by combat, in which each combatant champions the cause of one side of the trial. CATHMHAOL OR BATTLE CHAMPION The Cath Milidh or Cathmhaol,pronounced "cha-vail" (thanks to Declan O'Carroll of National University of Ireland, Galway for Irish pronunciation) and meaning "battle soldier" or "battle champion" is an ancient Celtic tradition dating back well over 2000 years. Another name for the champion was tren-fher, which translates as "trainer" or "strong-man". Wikipedia The King himself could not fight in single combat against anyone except an equal. This trial by combat remained purely ceremonial and had a central place in the coronation banquet. Britannica one who fights in behalf of another. During the Middle Ages a feature of Anglo-Norman law was trial by battle, a procedure in which guilt or innocence was decided by a test of arms. Clergy, children, women, and persons disabled by age or infirmity had the right to nominate champions to fight by proxy.

  4. Antwoord: En u het gedink dit het iets met sport te doen…..toe nie. Dit is ‘n gebruik wat tussen die stamme (clans) gedien het, en so oud is as wat die geskiedenis kan terugspoor. ‘n Koning of koningkryk kon ‘n enkel kampioen vegter aanwys, wat op ooreenkoms met ‘n vyandige koning of koningkryk, namens die hele koningkryk, teen die kampioen van die ander koningkryk sou veg.

  5. Hoekom was kampioene nodig? • Om ‘n geskil oor eiendom of die uitkoms van ‘n regsaak te bepaal (onderskei van “trial by ordeal”) • Ter verdediging van die eer van ‘n Koning of gesags persoon • Om bloedverlies op groot skaal te verhoed in oorlog

  6. Hoe is kampioene gekies? • ‘n Belangrike faktor was sy vermoë om verteenwoordigend van die koningkryk in gedrang te wees – hy moes sonder teëspraak die enigste verteenwoordiger wees. Dit was sodat, na afloop van die uitkoms van die geveg, die verloorder se koningkryk nie daarop kan aanspraak maak dat die uitslag nie-verteenwoordigend was nie. • Tussen adellikes, moes die stand van die twee kampioene gelyk wees. As dit ‘n prins was, moes die teenstaande kampioen ook ‘n prins wees (normaalweg)

  7. Hoe is kampioenskappe gehou? • Binne streng vooraf ooreengekome reëls, en onder toesig van ‘n onpartydige regter, of ‘n saamgestelde “jurie” wat uit beide strydende partye, of totaal onbetrokke partye bestaan het. Dit is waar die moderne sport se gebruik van ‘n skeidsregter vandaan kom. • Daar is nie altyd fisies geveg nie, somtyds het die stryd aspekte van uithouvermoë, spoed, vernuf en/of kennis behels. Dit is waar kompiterende sport met weddenskap sy oorsprong het. • Daar is ‘n ontmoetingsplek, tyd en wapens/aard van geveg vooraf bepaal, en streng gekontroleer. • Gewoonlik is ‘n kampioen vergesel deur ‘n “squire” of wapendraer, wat die nodige voorbereiding vir die kampioen se optrede, binne die reëls, getref het. • ,n Kampioen mag op geen stadium tydens die geveg hulp van ‘n buite party of sy “squire”, aangeneem het nie. Dit sou ‘n oortreding van die reëls beteken, en onmiddelik lei tot ‘n verklaring van oorwinning deur die teenstander.

  8. Hoe is die uitkoms van kampioenskappe bepaal? • Sodra die een kampioen die ander gedood het, of die voorgelegde toets afgelê het in stryd met die ander • Die vooraf reëls is die maatstaf van voltooing en oorwinning van een party teenoor ‘n ander • Die regter of jurie maak uitspraak sodra die oorwinning volbring is – dan eindig die stryd, en die oorwinnaar is aangewys • Gewoonlik was die oorwinnaar die een wat gelewe het na die stryd • Enige verbreking van die reëls deur ‘n party, het die ander party onmiddelik as oorwinnaar aangewys. • Die volle, vooraf bepaalde prys / voordeel / eiendom word met onmiddelike gevolg die eiendom van die oorwinnende kampioen se koning / koninkryk / volk.

  9. Na die Boodskap sal u: • Vader se naam verheerlik vir Sy volmaakte raadsplan • ‘n Bewondering hê vir Jahshua se omvattende vlak van gehoorsaamheid • Beter begrip hê van die ratwerk wat die gebeure in aanloop tot en ten tyde van Jahshua se kruisiging gedryf het • Die rede waarom die kruisiging van Jahshua vir die Satan ‘n doodsknal was, verstaan. • Jahshua se opstanding (loskom/uitkom) uit die doderyk begryp • U self en u optrede beter kan plaas binne die groter raadsplan van Vader.

  10. Geen einde aan Jahshua se volmaaktheid – vandag kyk ons na een van baie aspekte • Die Offerlam motief (vir sonde geslag) • Die (ver)Losser motief (koop Israel los) • Die Rots motief (water uit die rots) • Die Seun van Dawid motief (ewige troon) • Die Weg (deur) motief (na die Vader en allerheiligste) • Die Herder motief (leidsman en bewaarder) • Die Hoëpriester motief (volmaakte, eenmalige offer) • Die Brood van die Lewe motief (om te lewe) • Die Bruidegom motief (trou met Sy bruid Israel) • Die Geneesheer motief (die een wat ons genees) • Die Vredevors motief (ridder op die wit perd) • Sy Kampioenskap (tweede Adam motief)

  11. Is daar voorbeelde uit die Skrif waar kampioenskap gebruik is? 1Sa 17:23 En terwyl hy met hulle spreek, kom juis die baasvegter--Góliat is sy naam, die Filistyn uit Gat--uit die slagordes van die Filistyne op en spreek daardie selfde woorde, sodat Dawid dit hoor. 1Sa 17:24 Maar toe al die manne van Israel die man sien, vlug hulle vir hom weg, want hulle was baie bang. 1Sa 17:25 En die manne van Israel sê: Het julle die man gesien wat daar opkom? Want hy kom op om Israel uit te daag. En die koning sal die man wat hom verslaan, oorlaai met groot rykdom; ook sal hy sy dogter aan hom gee en sy familie in Israel vrystel van belasting. 1Sa 17:26 Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van Israel wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag? H376 eesh ContrHaned for H582 (or perhaps rather from an unused root meaning to beextant); a man as an individual or a male person; often used as an adjunct to a more definite term (and in such cases frequently not expressed in translation.) : - also, another, any (man), a certain, + champion, consent, each, every (one), fellow, [foot-, husband-] man, (good-, great, mighty) man, he, high (degree), him (that is), husband, man [-kind], + none, one, people, person, + steward, what (man) soever, whoso (-ever), worthy. Compare H802.

  12. Hoe sou ons nou ampioenskap definieer? “Wanneer ‘n enkeling ter wille van ‘n groter saak / volk / koningkryk optree, en sy oorwinning of nederlaag, die lot van die saak / volk / koningkryk bepaal”

  13. Watter persoon is die eerste Kampioen wat ons van lees in die Skrif? Rom 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het Rom 5:13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie. Rom 5:14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom. Adam se neerlaag en val voor die versoeking van Satan, het die hele menslike geslag (geslag van Vader) onder die mag van die dood en doderyk geplaas. Na Adam se neerlaag, het ‘n Abraham, Isak, Jakob, Dawid et al agter die grendels van die doderyk se deure ge-eindig. Adam was ‘n kampioen vir sy nageslag – maar ‘n kampioen wat gewond is, en geval het in geveg met die Slang.

  14. Kan ons aflei wat die Kampioenskap se reëls was met Adam en Satan se “geveg”? Wat was op die spel? Heb 2:6 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? Heb 2:7 U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. Wat was Adam (die mens se Kampioen) se opdrag? Gen 1:28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. Wat was die “Kampioenskap” reëls? Gen 2:16 En Jahweh God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, Gen 2:17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. Gehoorsaamheid aan Vader se Woord Alles was altyd onderhewig aan die geregtigheid van Jahweh

  15. Kan ons aflei wat die Kampioenskap se wapens was? Wat was die Satan se wapens? Gen 3:1 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die Jahweh God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? Gen 3:2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, Gen 3:3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; Gen 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken. Versoeking, twyfel, begeerte, selektiewe aanhaling van Woord van God Wat was Adam se wapens? Gen 3:6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy 'n lus was vir die oë, ja, 'n boom wat 'n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. Die mag om te kies, toegang tot Vader (kennis), die Gees (asem) van God in sy wese

  16. Wat het Satan indirek toegang tot verkry uit die geveg? Wat was die gevolge van Adam se val? Heerskappy oor die Wêreld vir Satan deur beinvloeding van die mens en sy heersers Luk 4:5 Toe bring die duiwel Hom op 'n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in 'n oomblik se tyd. Luk 4:6 En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. Hoe het hy heerskappy op aarde gekry? Die mens was afgesny van Vader – geestelike dood, sodat hy as vlees en siel alleen oorgebly het, magteloos teen die vermoëns van die Satan. In sy gevalle (vleeslike) toestand was Adam, afgesny van God, magteloos om die Satan te verslaan in ‘n voortsetting van die “geveg”. Jes 59:2 maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie. Was die geveg verby na Adam se val? Die geveg is eers verby as die teenstander dood is – so lank Adam se geslag bestaan het, was daar nog die kans dat die geveg kon voortgaan. As die een kampioen gekwes is, en geval het, gaan die geveg voort as hy weer opstaan. Waarom dink u het Satan so ge-eiwer om Adam se geslag te vernietig – doodmaak van seuntjies (Egipte & Bethlehem), verbastereing, oorloë, selfs die wet van God as doodswapen.

  17. Gees Skakel met Vader Liggaam Nodig om op aarde te funksioneer Siel Aard en Karakter Dit wat ‘n individu besonders maak Die mens, as geslag van Vader, bestaan uit liggaam, siel en gees – om te lewe eet die liggaam, en het die gees die gemeenskap met Vader nodig Hemele – onverganklik, waar Jahweh is, en die plek waar alles sy oorsprong het. Mens – voor sondeval Aarde / Wêreld – verganklik, waar vlees en bloed woon

  18. Voor die sondeval was daar direkte skakeling tussen mens en Vader, geen skeiding tussen mens en God Hemele – onverganklik, waar Jahweh is, en die plek waar alles sy oorsprong het. Satan is nie meer daar nie. Aarde / Wêreld – verganklik, waar vlees en bloed woon Magte en geeste in die lug – waar Satan werk

  19. Na sondeval is daar verwydering tussen die Hemele en die mens – sonder die “kos” vir die gees, sterf die mens (geestelik), en uiteindelik ook liggaamlik Hemele – onverganklik, waar Jahweh is, en die plek waar alles sy oorsprong het. Wet+Mens=Aanklag Wet Skakel met Vader Mens – na sondeval Vlees sien, vlees hoor,vlees doen, vlees verdorwe Gees Liggaam Nodig om op aarde te funksioneer Siel Aard en Karakter Dit wat ‘n individu besonders maak Aarde / Wêreld – verganklik, waar vlees en bloed woon Magte en geeste in die lug – waar Satan werk

  20. Op watter gronde sou ‘n voortsetting van die “tweegeveg” kon plaasvind? • As die neergevalle Adam sou opstaan, gewond soos hy is, verswak na die val, en dieselfde geveg hervat. • Die geveg se einde nog nie aangekondig is na die eerste val van Adam nie • Geen eksterne hulp gegee is aan “Adam”, en hy op eie krag die geveg voltooi. • Dieselfde reëls en uitkomste steeds geld, totdat die oorwinnaar bepaal is deur die regter / jurie / toeskouers. • Oorwinning vir Adam sou wees as hy uit eie keuse (sy wapen) die opdrag tot gehoorsaamheid tot die uiteinde behou, teen die volle “geweld” van die aanslae van Satan se wapens (versoeking, twyfel, ens) .

  21. En toe staan ons Kampioen weer op – gewond en swak, maar die geveg is nie verby. Satan het geweet dat, solank daar nog ‘n geslag lewe, die moontlikheid dat die geveg sal aangaan bestaan. Hy het dit nie net vermoed nie, maar was bewus van die beloftes van Vader aan sy geslag dat daar een sal kom uit Adam, wat die geveg sal voortsit. Hy was oorgehaal vir afrekening, en vasbeslote om Adam finaal neerteslaan as hy weer opstaan. Oral was sy agente aan die werk om elke spoor van die Adam in die kiem te smoor voor dit ‘n voortsetting van die tweegeveg word: Mat 2:3 En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom; Mat 2:4 en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word. Mat 2:5 En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe: Mat 2:6 En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal 'n leidsman voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees. Mat 2:16 Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het. G2233 hayg-eh'-om-ahee Middle voice of a (presumed) strengthened form of G71; to lead, that is, command (with official authority); figuratively to deem, that is, consider: - account, (be) chief, count, esteem, governor, judge, have the rule over, suppose, think

  22. Was Jahshua in elke opsig ‘n “wettige” Adam – is die reëls gebreek toe Hy die stryd opneem as Adam? • Hy was vlees, net soos Adam na die val. As hy gees was, sou die reëls van die tweestryd gebreek wees – want van uit sy gevalle toestand, moes die Adam opstaan om die geveg voort te sit. • Hy was uit die genetiese nageslag, vlees van Adam se vlees, in Adam se lendene – daarom die fokus op Sy afkoms, en aanslag teen die ras suiwerheid van Adam. As Jahshua nie in elke fisiese opsig oorspronklik was soos Adam nie, sou hy nie as “wettige” Adam die geveg kon voltooi nie. • Hy het geen ekstra hulp gekry nie, maar was as mens heeltemal van God afgesny. Hy het nie meer toegang tot God gehad as die gevalle Adam nie – hy het ook moes vas, moes bid, en via die ou wet offer. Hy is ten volle verlaat deur Vader aan die kruis – geen hulp wat op diskwalifikasie kon dui nie. • Hy het geen van sy Hemelse gesag saamgebring aarde toe nie. Hy was nederig, op ‘n esel, het hom nie self verdedig nie, het nie die legioene van engele geroep tot hulp nie – hy was deur keuse, niks meer as mens in sy “stryd” teen Satan, sy kampioenskap, nie.

  23. Hy was vlees: Skrif Luk 24:37 Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle 'n gees sien. Luk 24:38 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op? Luk 24:39 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie. Uit genetiese geslag van Adam: Luk 1:5 Daar was in die dae van Herodes, koning van Judéa, 'n sekere priester met die naam van Sagaría, uit die afdeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet. Luk 1:36 En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook 'n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is. Luk 3:38 die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God. Geen ekstra hulp: Heb 5:7Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs-- Mat 26:53 Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie? Mat 26:54Hoe sou die Skrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur? Deur eie keuse niks meer as mens: Fil 2:6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, Fil 2:7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; Fil 2:8 en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

  24. As die reëls nog diesefde was, dit nog dieselfde geveg was, is daar bywys hiervan in NT? Adam het vrye keuse as wapen – soos enige wapen kan dit ook teen die eienaar gebruik word. Mat 26:53 Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie? Mat 26:54 Hoe sou die Skrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur? Joh 5:30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het. Satan het steeds die versoeking, twyfel, vrees ens. as wapens – hy word in geen manier verhinder om dit teen Jahshua (Adam) te gebruik nie, en kry totaal vrye teuls daarmee Die Gees maak seker dat die reëls gehoorsaam word. Mat 4:1 Toe is Jahshua deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. Mat 4:2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. Mat 4:3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Mat 4:5 Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan Mat 4:6 en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie. Mat 4:7 Jahshua sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. Mat 4:8 Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, Mat 4:9 en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Mat 4:10 Toe sê Jahshua vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Mat 4:17 Van toe af het Jahshua begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

  25. Is daar enige Skrif wat Jahshua as ‘n Kampioen aantoon? Joh 11:49 En een van hulle, Kájafas, wat daardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie Joh 11:50 en dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie. Joh 11:51 En dit het hy nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jahshua vir die volk sou sterwe. Joh 11:52 En nie alleen vir die volk nie, maar ook om die verstrooide kinders van God tot 'n eenheid saam te voeg. Rom 5:15 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jahshua Christus, vir baie oorvloedig geword. 1Kor 15:57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jahshua Christus Joh 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Heb 5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; Heb 5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword

  26. Mat 4:1 Toe is Jahshua deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. Mat 4:2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. Mat 4:3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Mat 4:5 Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan Mat 4:6 en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie. Mat 4:7 Jahshua sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. Mat 4:8 Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, Mat 4:9 en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Mat 4:10 Toe sê Jahshua vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Mat 4:11 Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien. Wapens gereed….en toe vir die voortsetting van die geveg.

  27. Die geveg op sy geweldadigste….geen genade, tot die einde Mat 27:27 Daarop neem die soldate van die goewerneur Jahshua met hulle saam in die goewerneur se paleis en bring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar. Mat 27:28 Toe trek hulle sy klere uit en werp 'n rooi mantel om Hom; Mat 27:29 en hulle vleg 'n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en 'n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode! Mat 27:30 En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof. Mat 27:31 En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word. Mat 26:59 En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuienis teen Jahshua gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie. Mat 26:60 En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie. Mat 26:61 Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou. Mat 26:62 Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Mat 26:63 Maar Jahshua het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is? Mat 27:12 En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie. Mat 27:13 Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie? Mat 27:14 En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het. Mat 27:39 En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud Mat 27:40 en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!

  28. Hoe het alles ge-eindig? Luk 12:50 Maar Ek het 'n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is! Joh 19:28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was--sodat die Skrif vervul sou word--het Jahshua gesê: Ek het dors! Joh 19:29 En daar het 'n kan vol asyn gestaan; en hulle het 'n spons met asyn gevul en op 'n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring. Joh 19:30 En toe Jahshua die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee. Luk 23:44 En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe; Luk 23:45 en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur. Luk 23:46 En Jahshua het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit. Luk 23:47 En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.

  29. Volgens die reëls van die geveg: • Jahshua (Adam) wen as hy die Satan se versoeking om teen Vader se gesag te rebelleer en Sy Woord te oortree, volledig weerstaan, sonder om enige voorskrifte van die stryd te oortree. • Satan wen, as hy Adam (Jahshua) daartoe kan bring om Vader se gesag te verwerp, en teen Sy Woord te oortree in rebellie. Wie het die geveg gewen? Joh 14:30 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie. Joh 14:31 Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het--staan op, laat ons hiervandaan weggaan.

  30. Wat wen Adam (Jahshua)? • Wat het Adam verloor – dit is wat te wen was: die belofte was dat hy dit sal herwin, indien hy die volmaakte gehoorsaamheid (kennis van kwaad aflê) demonstreer: • Herstel van Adam se toegang tot die heiligdom van die Hemele – wandel met God, herstel van sy kommunikasie met Vader, en dus, die terugvind van sy geestelike aard. • In dit (sy herstel tot geestelike wese), die vermoeë om sy opdrag van heerskappy op die aarde, uit te voer. Mat 27:51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; Han 2:32 Hierdie Jahshua het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. Han 2:33 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor. Eff 2:18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.

  31. Hoe weet ons dat Jahshua gewen het? • Twee bewyse: • As Hy deur die jurie / regter as verloorder aangewys was (soos Adam Een), sou Hy nie uit die doderyk kon kom, en opstaan uit die dood nie. • As Hy nie oorwinnaar was nie, sou die beloning (belofte), naamlik die uitstorting van die Gees, nooit van Vader se troon gekom het nie.. Han 2:24 Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. Open 1:17 En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste Open 1:18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

  32. En wat word van Satan? • Satan verloor nie net die geveg nie, maar meer nog - as oortreder van die reëls is hy gevonnis tot die poel van vuur: • Uit desperaatheid, in aanskoue van Jahshua se volharding in gehoorsaamheid, en onwillig om sy heerskappy regmatig af te staan, wend hy hom tot ongeoorloofde optrede – hy oortree die wette van geregtigheid wat bo alles staan. Op getuienis van vier – Pilatus, hoofman oor honderd, Herodus, en die Wet van Moses, is Jahshua as onskuldige, sonder vonnis, vermoor. Satan aanvaar, deur sy geslag, verantwoordelikheid vir die moord. • Hierdie optrede van Satan, openbaar hom voor die volle geestelike wêreld, as bedrieêr, en moordenaar. • Vader, as regter, staan in volle geregtigheid wanneer Hy hom vonnis – nie oor rebellie teen Hom self nie, maar op klag van moord van ‘n onskuldig bevinde Adamiet – die eerste onskuldige Adamiet, vermoor deur die Satan.

  33. Kol 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, Kol 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, Kol 2:15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het. Luk 23:13 Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle: Luk 23:14 Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie; Luk 23:15 ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie. Skrif Joh 19:14 En dit was die voorbereiding vir die pasga en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: Dáár is julle Koning! Joh 19:15 Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie. Joh 19:16 Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jahshua geneem en Hom weggelei. Mat 27:20 Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Barábbas moes begeer en Jahshua ombring. Mat 27:24 En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien! Mat 27:25 En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!

  34. Joh 8:43 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. Joh 8:44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan. Joh 8:45 Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie. Joh 8:46 Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie? Joh 8:47 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie. Joh 8:48 Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U 'n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie? Skrif

  35. Na afloop van die geveg….koningskap en heerskappy Luk 19:11 En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog 'n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn. Luk 19:12 Hy het dan gesê: 'n Man van hoë geboorte het na 'n ver land gereis om vir homself 'n koningskap te ontvang en dan terug te kom. Luk 19:13 En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. Luk 19:14 Maar sy medeburgers het hom gehaat en 'n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie. Luk 19:15 En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het. Luk 19:27 Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood. Open 12:5 En sy het 'n manlike kind gebaar, wat al die nasies met 'n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

  36. Ter afsluiting • Ons weet ons Kampioen het oorwin, en die stand van Adam is herstel • Ons Kampioen is nie nou hier nie, maar moes gaan na die Hemele om sy Koningskap van die hoogste gesag, Jahweh, te ontvang • Hy kom terug as gekroonde Koning oor die Aarde, en sal die voltooing van die vonnis oor die Satan, sy geslag en die magte/geeste in die lug dan voltrek • Ons het volle toegang tot Vader, en kan nou reeds ons heerskappy opneem. Wat ons nie gedoen kry voor Hy terugkom nie, sal Hy volbring met Sy koms. • Die geslag van die Bose ontken die uitkoms van die tweegeveg, en gaan voort om Adam (God se geslag) aktief te vervolg en uit te wis – asof hul nog die uitkoms kan verander, en keer dat Adam (Jahshua)sy amp opneem.

More Related