150 likes | 1.63k Views
Ek sê Dankie… Dankie vir daardie vriendinne Wat deur die jaar altyd vir my daar was in al die goeie en die slegte tye. Ek sê Dankie…. Vir elke lekker stukkie koek of koppie koffie wat ons saam kon deel. Ek sê Dankie…
E N D
Ek sê Dankie… Dankie vir daardie vriendinne Wat deur die jaar altyd vir my daar was in al die goeie en die slegte tye..
Ek sê Dankie…. Vir elke lekker stukkie koek of koppie koffie wat ons saam kon deel.
Ek sê Dankie… Vir die wat vasgebyt het deur my wintersmaande waar ek soms te veel kon kla..
Ek sê Dankie…. Vir elkeen wat my laat voel het soos Marilyn Monroe al was ek maar net Aspoestertjie.
Ek sê Dankie…. Vir al die mooi Herinneringe wat ons saam kon deel…
Dankie.. Aan elke vriendin wat met ‘n oproepie of e-mail ‘n verskil in my lewe kom maak het…
Dankie.. Vir die daarwees wanneer ek op my alleenste gevoel het…
Dankie… Dat jy die waardes wat ek het met my die jaar gedeel het.
Dankie, dat julle saam met my hoog kon vlieg op die vlerke van die Here se Liefde, wat ons deur die jaar gedra het…
Dankie, dat die Here my geseën het met so ‘n wonderlike vriendin soos jy.
So, Hiermee my wens vir jou…. Mag jou tuin altyd vol blomme wees al het jy niks geplant nie. Mag jou hart altyd vol vreugde wees al het jou hart gebreek. Mag die Here jou toevou en vashou deur die nuwe jaar. Mag Hy jou seèn met sy Liefde en jou vir Baie Jare en Jare vir my en almal wat jou Liefhet …Spaar.
Liefdevolle Wense vir ‘n Baie Geseënde en Vreugdevolle Christus Fees en net die Mooiste Wense vir ‘n Vreugdevolle en Geseënde Nuwe Jaar!!!