250 likes | 1.85k Views
Strofe een / eerste strofe. Met wilde maar met suiwer hart(with wild but pure heart)het hy die woeste wedren fel begin,(he started the fierce/tough race determinedly)en elke myl met rappe voet getart,(and he challenged every mile with fast feet)hy sou die vlugste lopers nog oorwin.(he would still beat the fastest runners).
E N D
1. Die hardloper Ernst van Heerden
2. Strofe een / eerste strofe Met wilde maar met suiwer hart
(with wild but pure heart)
het hy die woeste wedren fel begin,
(he started the fierce/tough race determinedly)
en elke myl met rappe voet getart,
(and he challenged every mile with fast feet)
hy sou die vlugste lopers nog oorwin.
(he would still beat the fastest runners)
3. Tweede strofe / strofe twee Sy hart het hoog geklop, sy bloed was heet,
(his heart beat fast, his blood was hot)
die winde het sy haregolf gelig;
(the winds lifted his wavy hair)
met snelle draf het hy die baan gemeet,
(while running fast, he measured himself against the track)
die vreug van spierkrag was op sy gesig.
(the enjoyment of muscle power was seen on his face)
4. Strofe drie / derde strofe Hy het geloop met stormdrang in sy bloed,
(He ran with adrenalin in his blood)
sy ademstoot n hete windgejaag,
(his breathing was a hot chasing after wind/oxygen)
die see se branding in sy strenge moed,
(the seas waves was his determination)
toe hoor hy reeds die donker, bitter vraag:
(then already he heard the dark, bitter question:)
5. Strofe vier / vierde strofe Wie is hierdie ongesiene makker in die loop,
(Who is this unseen teammate in the race)
van wie die voet langs syne en die wind
(whose foot falls next to him and the wind)
van asem agter hom, van wie die hoop
(of his breathing behind him? whose hope)
dat nog n bors die dun wit lint mag vind?
( lies that another chest will find the thin white ribbon?)
6. Strofe vyf / vyfde strofe Die vreemde spanmaat het hy nie geken,
(He did not know this unknown teammate)
nooit hardloop hy weer sonder pyn of vrees;
(never again will he run without pain or fear)
hy weet al het hy nou die loop gewen,
(he knows that although he won the race today)
die ander man sal eendag eerste wees.
(the other man will someday be first)
7. Verklarings: Rel 1: die hardloper is opgewonde oor die kompetisie. Hy is toegewyd. Sy hart is suiwer want hy weet hy het hard geoefen en dat hy kan wen.
Rel 2: Woeste s dat dit nie n maklike wedstryd gaan wees nie; daarom gaan hy voluit hardloop fel
Rel 3: Dit was n langafstand-wedloop myl
8. Rel 4: Hy weet hy kan wen
Rel 5: A.g.v. die inspanning klop sy hart vinnig en druis sy bloed warm deur sy are.
Rel 6: Winde = hy het vinnig / met spoed gehardloop of daar was n ligte bries wat gewaai het.
Rel 7: Hardloop vinnig, maar beplan sy wedloop.
Rel 8: Geniet dit! Bewus van die krag van sy fikse liggaam.
Rel 9: Voel die adrenalien pomp.
9. Rel 10: Sy asemhaling versnel en voel warm
Rel 11: Vaagweg bewus van n gedruis in sy ore (klank van die see miskien 2 Oceans) en
strenge gemoed verwys na sy vasberadenheid en toewyding om die wedloop te wen.
Rel 12: WENDING = TOE
Sy gedagtes word nou negatief (donker en Bitter) en dit maak hom senuweeagtig en angstig.
10. Rel 13: Word bewus van n ander atleet en hy kan hom nie sien nie ongesiene makker in die loop (Hys gewoond aan wen)
Rel 14 - 15: Die atleet is kort op sy hakke besig om hom in te haal asof hy in sy nek blaas.
Rel 16: Die onbekende atleet wil ook wen
Rel 17: Bevestig dat hy nie die ander atleet ken nie. (Wil voorkom asof hulle moontlik vir dieselfde span gehardloop het.)
11. Rel 18: Begin onseker raak oor of hy kan wen / sy selfvertroue knak. Hy sal nooit weer met selfvertroue en gerustheid kan hardloop nie.
Rel 19 20: Die atleet6 besef dat, alhoewel hy hierdie wedloop gewen het, n ander atleet eendag die wenner sal wees.
INHOUD
Beskryf die toewyding van atlete, om te oefen, aan te hou en selfvertroue te h om te kan wen
12. Hy hardloop met alles wat daar in hom is en is vol ekstase en selfversekering.
Hy fokus op tegniek en spoed, maar raak dan van n ander atleet bewus.
Hy wen die wedloop, maar omdat die ander atleet net agter hom was, sal hy nooit weer gerus voel nie.
BESPREKING
Kruisrym in die vyf kwatryne
13. Digter se woordgebruik is geforseerd ter wille van rym en metrum bv: i.p.v. VINNIG gebruik hy:
rappe
vlugste
Snelle
Sy asemstoot n hete windgejaag = mooiskryf dis onnatuurlik!
MAAR: Die digter slaag wel daarin om spanning op te bou
14. SPANNING?
Skielik bewus van die ongesiene makker
Die hardloper is gewoond om te wen, maar nou is daar n opponent wat in sy nek blaas.
Dit veroorsaak angs en onrustigheid.
Self al wen hy, voel hy onrustig.
SIMBOLIESE BETEKENIS
Die ongesiene makker kry simboliese betekenis in die gedig
15. Die ongesiene makker verwys na die mens se ingeperktheid en sy onvermo om daaraan te ontkom.
Die wedloop wat hier plaasvind, kan simoblies verwys na die mens se wedloop teen die dood, waar die dood hom uiteindelik inhaal en oor die mens sevier.
16. Ekstra agtergrondinligting Ernst Van Heerden was self n atleet.
Die Hardloper is een van sy Olimpiese gedigte en het in sy debuutbundel Weerlose uur (1942) verskyn.
Die bundel handel oor eensaamheid en die mens se ingeperktheid.
Hy het verskeie sportgedigte geskryf: die swemmer; die bokser, Vraag van die boogskutter en die gewigopteller