420 likes | 1.76k Views
LEWENSORIËNTERING. Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad 10-12. UITKOMSTE VIR DIE SESSIE. Demonstreer ’n begrip vir die impak wat die beginsels van die NKV op die onderrig, leer en assessering van die nuwe vakke sal hê. Demonstreer ’n begrip vir die generiese ontwerpselemente van die NKV.
E N D
LEWENSORIËNTERING Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad 10-12
UITKOMSTE VIR DIE SESSIE • Demonstreer ’n begrip vir die impak wat die beginsels van die NKV op die onderrig, leer en assessering van die nuwe vakke sal hê. • Demonstreer ’n begrip vir die generiese ontwerpselemente van die NKV. • Demonstreer ’n begrip van die verband tussen AOO en VOO. • Demonstreer ’n begrip van die verband tussen AOO leerareas en VOO NKV vakke.
UITKOMSTE VIR DIE SESSIE • Demonstreer ’n begrip vir die ontwerpselemente van die vakke. • Identifiseer leerbehoeftes van onderwysers met betrekking tot nuwe inhoud/vaardighede en IKT. • Identifiseer moontlike onderrig- en leer- ondersteuningsmateriaal (sagteware).
BEGINSELS EN WAARDES ONDERLIGGEND AAN DIE NKV • Sosiale transformasie: • herstel van wanbalanse • Uitkomsgebaseerde Onderwys: • Leerdergesentreerd • Aktiewe leerbenadering • Uitkomste: KU’e & OU’e & LU’e • Integreer leer/onderrig en assessering
SLEUTELBEGINSELS WAT DIE NKV ONDERLÊ • Hoë kennis- en vaardigheidsvlak: • hoë verwagtinge • NKV spesifiseer die minimum standaarde van kennis en vaardighede wat aan die einde van elke graad bereik moet word • Integrasie en toegepaste bevoegdheid • binne-in en tussen vakke en leervelde • integrasie van kennis en vaardighede tussen vakke en terreine van praktyk • bevorder geïntegreerde leer van teorie en praktyk
SLEUTELBEGINSELS WAT DIE NKV ONDERLÊ • Progressie • proses om meer gevorderde en komplekse kennis en vaardighede te ontwikkel • progressie van een graad na die ander • Artikulasie: verhouding tussen kwalifikasies (VOO & HO) • Oordraagbaarheid: dele van kwalifikasie kan oorgedra word (20 krediete) • Menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid • sensitief vir sake van diversiteit soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, taal, ouderdom, ongeskiktheid • ’n inklusiewe benadering by die spesifisering van minimum vereistes vir alle leerders (ontwikkeling van toepaslike LP)
SLEUTELBEGINSELS WAT DIE NKV ONDERLÊ • Waardering vir inheemse kennissisteme • erkenning van die wye diversiteit van kennissisteme • inheemse kennissisteme ingewortel in Afrika se denk- en sosiale praktyke wat sentraal staan binne die NKV • probleemoplossing & vorming van kennis • Geloofwaardigheid en kwaliteit • vergelykbaar in kwaliteit, visie, en diepte van ander lande
Leerveld ’n Kategorie wat dien as ’n basis vir verwante vakke. Vak Word deur leeruitkomste gedefinieer. Leeruitkoms ’n Verklaring van ’n beoogde eind- resultaat van leer en onderrig wat die VKWH wat ’n leerder behoort te bekom, omskryf. Assessering-standaarde ’n Kriteria wat gesamentlik bewys lewer wat ’n leerder behoort te weet en in staat is om te kan doen in ’n spesifieke graad. ONTWERPKENMERKE VAN DIE NKV
HNKV NKV Leervelde Leerarea Vak Leeruitkomste Leeruitkomste Assesseringstandaarde Assesseringstandaarde SGA (75%) en eksterne GTA (25%) SGA (25%), Prakties (25%) en eksterne eksamen (50%) VERBAND TUSSEN AOO EN VOO
LEERVELDE • Tale (Fundamenteel) • Kuns en Kultuur • Sake-, Handel-, Bestuur- en Diensstudies • Menslike- en Sosiale Studies, Tale en Lewensoriëntering • Vervaardiging, Ingenieurswese en Tegnologie • Natuur-, Wiskundige-, Rekenaar-, Lewens- en Landbouwetenskappe
SKAKELING MET AOO Lewensoriëntering Leerarea (Hersiene Nasionale Kurrikulum Verklaring) • LO 1 Bevordering van Gesondheid • LO 2 Sosiale Ontwikkeling • LO 3 Persoonlike Ontwikkeling • LO 4 Liggaamlike Ontwikkeling en Beweging • LO 5 Oriëntering ten opsigte van die Wêreld van Werk
SLEUTELKARAKTER-EIENSKAPPE VAN LO • Definisie • Doel • Omvang • Opvoedkundige en beroepskakeling • Leeruitkomste en Assesseringstandaarde
KENNIS WAT MET TEORIE,VAARDIGHEDE EN WAARDES INTEGREER DIT IS DINAMIES EN REAGEER OP NUWE EN DIVERSE KENNIS UITKOMSTE IS GEDEFINIEER IN BREË TERME EN IS BUIGBAAR EN BIED GELEENTHEID VIR PLAASLIKE INSETTE WAT IS HIERDIE VAK?
DEFINISIE • Die studie van die self in verhouding met ander en die gemeenskap • Holistiese benadering • Dit behels die persoonlike, sosiale, intellektuele, emosionele, spirituele en motoriese groei sowel as die ontwikkeling van leerders
DEFINISIE (VERVOLG) Lewensoriëntering is ‘n interdissiplinêre vak wat inkorporeer/inlyf en integreer: Kennis, waardes, vaardighede en prosesse. Hierdie kennis, waardes, vaardighede en prosesse kom voor in verskeie dissiplines soos: Sosiologie, Sielkunde, Politieke Wetenskappe, Arbiedstudies en Industriële Studies
DOEL • Berei leerders voor om op persoonlike, sielkundige, neurokognitiewe, motoriese, fisiese, spirituele, kulturele, sosio-ekonomiese en konstitusionele vlakke te kommunikeer. Leerders sal in staat wees: • Om ‘n betekenisvolle rol in die samelewing en ekonomie te speel • Om effektief op uitdagings te reageer
OMVANG • Persoonlike Welstand • Burgerskap Opvoeding • Ontspanning en Fisieke aktiwiteite • Beroepe en Beroepskeuses
BEROEPE EN BEROEPSKEUSES • Leerders sal blootgestel word aan: Studievelde en vaardighede wat verband hou met die asseseringsprosesse. • Inligting oor tersiere inrigting en hoër onderwys. • Selfkennis en kennis van arbeidswette, die beroepsmark, werketiek, SAQA, leerderskappe en SETA’s en werkloosheid is noodsaaklik. • Beginsels van gelyke beregtiging en regstelling.
OPVOEDKUNDIGE EN BEROEPSMOONTLIKHEDE • VOO band ontwikkel KSVA’s van die AOO band verder. • Berei leerders voor vir beroepsvelde bv. Onderwys, die diensindustrie, die sorg beroepe, veiligheid en sekuriteit, menslike hulpbronneontwikkeling en bestuur, sport en fiksheidindustrie, media en politiek.
Leeruitkoms 1Persoonlike Welstand • Die leerder is in staat om persoonlike welstand te bereik en te handhaaf
Leeruitkoms 2Burgerskap Opvoeding • Die leerder is in staat om begrip te demonstreer en waardering te toon vir die waardes en regte wat deur die grondwet onderskryf word om verantwoordelike burgerskap te beoefen en sosiale geregtigheid en omgewingsleefwyse te handhaaf
Leeruitkoms 3 Ontspanning en Fisieke Welstand • Die leerder sal in staat wees om op ‘n verantwoordelike wyse ontspanning en fisieke aktiwiteite te verken om welstand te bevorder
Leeruitkoms 4Beroep en beroepskeuses Die leerder moet in staat wees om selfkennis te toon en die vermoë om ingeligte besluite te neem ten opsigte van verdere studies, beroepsvelde en beroepsloopbane
Wat is nuut??? • Die inhoud is saamgestel vanuit verskillende dissiplines • Vaardighede, Kennis, Waardes en Houdings (VKWH) • Uitkomsgebaseerd • Leerdergesentreed • Onderwyser as fasiliteerder (sewe rolle van onderwyser) • Plaas klem op kritiese denke, probleemstelling en probleemoplossing • Assessering belig/rig onderrig en leer • Onderwysers is reflektiewe praktisyns
INHOUD EN KONTEKS • Inhoud behoort leerders te help om te ontwikkel tot die bereiking van die leeruitkomste • Konteks sal inhoud plaas in situasies wat betekenisvol is vir leerders en so onderrig en leer ondersteun of bevorder
BEKWAAMHEIDSBESKRYWINGS/BEVOEGDHEID • Hierdie beskrywings stel onderwysers in staat om leerders te assesseer en in die korrekte klas/graad te plaas • Die beskywing is ‘n opsomming van die leeruitkomste en assesseringstandaarde.
ONDERRIG EN LEERONDERSTEUNINGS-MATERIAAL • Bronne • Sagteware • Handboeke
VOORRADE • OORHOOFSE PROJEKTOR • SKRYFBORD/WITBORD • TOEGANG TOT REKENAARGERIEWE • LEWENSORIËNTERING SAGTEWARE • SPORT/SPELE APPARAAT
DANKIE You can live your life but once, but if you live it right once is enough