200 likes | 674 Views
PAULUS SE BRIEF AAN DIE GEMEENTE IN ROME. PAULUS SE BRIEWE. Romeine 1 Korintiers 2 Korintiers Galasiers Efesiers Filippense Kolossense 1 Tessalonisense 2 Tessalonisense. 1 Timoteus 2 Timoteus Titus Filemon Hebreers?. 52%. VAN DIE NT BOEKE. 64%. VAN DIE BRIEWE IN DIE NT.
E N D
PAULUS SE BRIEWE • Romeine • 1 Korintiers • 2 Korintiers • Galasiers • Efesiers • Filippense • Kolossense • 1 Tessalonisense • 2 Tessalonisense • 1 Timoteus • 2 Timoteus • Titus • Filemon • Hebreers? 52% VAN DIE NT BOEKE 64% VAN DIE BRIEWE IN DIE NT
ROMEINE – DIE OUTEUR • Paulus was van die stam Benjamin (Fil. 3:5) • Ook ‘n Romeinse burger (Hand. 16:37) • Selfde tyd gebore as Christus in Tarsus (Hand. 9:11), ‘n belangrike stad in die Romeinse provinsie van Cilicia (moderne Turkye) • As jongman studeer hy onder rabbie Gamaliel (Hand. 22:3) • Hy was ook, soos sy pa, ‘n Fariseer (Hand. 23:6) en ‘n lid van een van die strengste Joodse sektes (Fil. 3:5) • Hy was ‘n fanatieke yweraar vir die oorgelewerde leer van die Jode (Gal. 1:14)
ROMEINE – DIE OUTEUR • Nadat hy op ‘n wonderbaarlike manier bekeer is oppad na Damaskus (33-34 n.C.), waar hy Christene sou vervolg, begin hy die evangelie verkondig (Hand. 9:20) • Paulus spandeer drie jaar in Arabië, suid en oos van die Dooie See (Gal. 1:17,18) • Gedurende die tydperk het hy teologiese onderrig gekry as direkte openbaring vanaf God (Gal. 1:11,12) • Paulus was verantwoordelik vir die verspreiding van Christenskap deur die Romeinse Ryk.
ROMEINE – DIE OUTEUR • Hy het drie reise ondergaan deur die Mediteriaanse wêreld. • By sy terugkeer na Jerusalem met hulp vir die behoeftige kerk, is hy valslik aangekla deur sommige Jode (Hand. 21:27-29), geslaan deur ‘n bende (Hand. 21:30,31) en gearresteer deur die Romeine • Felix, Festus en Herodus Agrippa kon hom nie skuldig bevind nie, maar die Joodse leiers se invloed het hom gevange laat hou • Na twee jaar gebruik hy sy Romeinse burgerskap en verdedig sy saak teenoor Ceasar.
ROMEINE – DIE OUTEUR • Na ‘n aaklige reis (Hand 27-28), wat ‘n twee weke see-storm insluit, bereik Paulus Rome. • Hy word vrygelaat vir ‘n kort tydperk en weer gevang en tereggestel in Rome in 65-67 n.C (vgl. 2 Tim. 4:7)
ROMEINE – AGTERGROND • Rome was die hoofstad en mees belangrikste stad van die Romeinse Ryk. • Rome was gevind in 753 v.C. en word glad nie in die Bybel genoem tot NT tye nie. • In Paulus se tyd, het Rome oor ‘n miljoen inwoners gehad, die meeste slawe. • Daar word beweer dat die kerk in Rome begin is deur gelowiges wat bekeer was by die uitstorting van die Heilige Gees op Pinkster(Hand.2:10) • Paulus wou verskeie kere Rome besoek, maar was altyd verhinder om dit te doen (Hand. 1:13) • Voor sy dood het hy wel in Rome aangekom.
ROMEINE – AGTERGROND • Paulus se primere doel met die Boek Romeine, was om die waarhede van die evangelie, van genade, vir gelowiges te leer, wat nog nooit apostoliese onderrig gehad het nie • Hy was egter onbekend vir die gemeente en in die brief stel hy homself voor en hoop om hulle gou te besoek, vir verskeie belangrike redes: om die gelowiges te versterk (1:11); die evangelie te verkondig (1:15); om die Romeinse Christene beter te leer ken, dat hulle hom kan aanmoedig (1:12); te bid (15:30) en te help met sy bediening in Spanje (15:28)
ROMEINE – AGTERGROND • Romeine verskil van sommige van die briewe (Gal., 1 en 2 Kor.), dat die doel daarvan nie is om inkorrekte teologie reg te stel of om verkeerde lewenstyl te beruspe nie. • Die Romeinse kerk se leerstellings was reg, hulle het ryk teologiese onderrig en praktiese instruksie gekort, wat hierdie brief dan gee.
ROMEINE – SLEUTEL PERSONE • Paulus – apostel en skrywer van die Boek van Romeine (1:1-16:22) • Fébé – dienares van die gemeente by Kenchréë; sy dra die brief van Paulus oor na die Romeinse gelowiges
ROMEINE – TEMAS • Romeine is hoofsaaklik ‘n werk van teologiese onderrig en bevat min historiese materiaal • Paulus gebruik wel bekende OT figure as illustrasies, soos Abraham (4), Dawid (4:6-8), Adam (5:12-21), Sara (9:9), Rebekka (9:10), Jakob en Esau (9:10-13), en Farao (9:17) • Hy gee ook van Israel se geskiedenis (9-11) en hoofstuk 16 gee insig in die natuur en karakter van die kerk in die eerste eeu en die lidmate
ROMEINE – TEMAS • Die oorkoepelende tema van Romeine is die geregtigheid wat van God kom: die waarheid dat God sondaars regverdig maak, met genade alleen, deur geloof in Christus alleen.
ROMEINE – LEERSTELLINGS • Die sondige mens – sonde skei elke mens van God; slegs Jesus Christus kan God en die mens versoen met mekaar • Regverdigmaking deur geloof – algehele vryheid, van oordeel en die vaskleef van sonde, kom deur geloof alleen in Jesus • Heiligmaking – deur Christus se kruisdood, word die gelowiges geheilig en apart gehou vir God se diens • Versoening – die opoffering van Jesus Christus, hernu die verhouding tussen God en die mens
ROMEINE – GOD SE KARAKTER • God is toeganklik – 5:2 • God is ewig – 1:20 • God is vergifnis – 3:25 • God is goed – 2:4 • God is regverdig – 2:11; 3:4,26 • God is liefde – 5:5,8; 8:39; 9:11-13 • God is wys – 11:33; 16:27 • God is toornig – 1:18; 2:5, 6, 8; 3:5, 6 • God is versoening – 5:1, 10 • God is ‘n belofte-nakomer – 1:1, 2; 4:13, 16, 20
ROMEINE – OUTLINE • Groet en Inleiding (1:1-15) • Tema (1:16, 17) • Verdoemenis: Die noodsaaklikheid van God se geregtigheid (1:18-3:20) • Ongeregtigheid van nie-Jode (1:18-32) • Ongeregtigheid van die Jode (2:1-3:8) • Ongeregtigheid van die mens (3:9-20) • Regverdigmaking: Die Voorsieningheid van God se Regverdigmaking (3:21-5:21) • Die Bron van Regverdigmaking (3:21-31) • Die Voorbeeld van Regverdigmaking (4:1-25) • Die Seëninge van Regverdigmaking (5:1-11) • Die Bydrae van Regverdigmaking (5:12-21) • Heiligmaking: Die Voorbeeld van God se Regverdigmaking (6:1-8:39) • Herstel: Israel se Ontvangs van God se Regverdigmaking (9:1-11:36) • Toepassing: Die Optrede van God se Regverdigmaking (12:1-15:13) • Samevatting, Groet en Seënbede (15:14-16:27)