150 likes | 1.15k Views
NEGATIEF. ONS GEBRUIK NEGATIEF OM IETS IN DIE ONTKENNENDE VORM TE SKRYF.
E N D
NEGATIEF ONS GEBRUIK NEGATIEF OM IETS IN DIE ONTKENNENDE VORM TE SKRYF.
BASIESE Reël: • Jy moet ten minste TWEE nie’s in jou sin hê. • Die EERSTE nie kom direk na die WERKWOORD en die • LAASTE nie aan die einde van die sin.
Indien dit ‘n VRAAG is • Indien dit ‘n VRAAG is, sal jy 3 negatiewe hê as jy die vraag in die ontkenning beantwoord nl. • Nee – as antwoord op die vraag gevolg deur die ander twee nie’s soos in ‘n gewone sin. Bv: Is jy moeg? Nee, ek is nie moeg nie.
Woorde wat verander • Indien ons die sin in die negatief skryf verander sekere woorde en vervang die eerste nie. • Hulle is : al/ alreeds nog nie al ooit nog nooit alles/iets niks iemand niemand almal niemand al iemand nog niemand nog nie meer nog iets niks meer Enige geen êrens nêrens of of nog nog nog alles niks meer
Voorbeelde: • Die seun het alreeds die boek gelees. • Die seun het nog nie die boek gelees nie. • Iemand het in die saal gespeel. • Niemand het in die saal gespeel nie. • Het jy nog idees? • Nee, ek het nie meer idees nie.
BEVEL in die NEGATIEF • Skryf die brief dadelik! • Moenie die brief dadelik skryf nie! • Gee asseblief vir die man kos! • Moet asseblief nie vir die man kos gee nie!
UITSONDERINGS • As daar nie ‘n voorwerp of adjektief in die sin is nie en die sin eindig op ‘n werkwoord, is daar net EEN nie. Bv: Ek sien. – Nee, ek sien nie.
NEGATIEF E Cronje Hoërskool Kampsbaai 17/4/2013