660 likes | 1.25k Views
Kerssangdiens 2013. Somerstrand. Verwelkoming. Votum en Seëngroet. In die stad van koning Dawid - gemeente. 1. In die stad van koning Dawid, in die nederige stal, in 'n krip lê daar 'n Kindjie, Koning van die groot heelal. Jesus Christus, God en Heer,
E N D
Kerssangdiens 2013 Somerstrand
In die stad van koning Dawid - gemeente 1. In die stad van koning Dawid, in die nederige stal, in 'n krip lê daar 'n Kindjie, Koning van die groot heelal. Jesus Christus, God en Heer, aan U, Koningskind, ons eer.
2. Hy kom woon hier onder mense; Hy kom red hul van die dood. Hul wat in Hom glo, Hom aanneem, dié verlos Hy uit hul nood. Jesus Christus, God en Heer, aan U, Koningskind, ons eer.
3. Eenmaal sal Hy as die Regter in sy koningsmajesteit weer verskyn vanuit die hemel - in volmaakte heerlikheid. Jesus Christus, God en Heer, aan U, Koningskind, ons eer.
Christus, lank reeds verwag – koor 1. Christus, lank reeds verwag, is gebore die nag. Daarom sing engele bly. Duisternis is nou verby. 2. Herders hou daar die nag oor hul skape die wag. Hoor daar die engele sing, wat goeie nuus aan hul bring.
3. Wyse manne van ver volg die Betlehemster; bring aan die Kindjie hul eer, kniel in verwondering neer. 4. Jesus, ons bring U eer, ons Verlosser en Heer. Saam met die engelekoor wil ons ’n loflied laat hoor.
Kniel voor ons Koning – koor 1. Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig. Bring aan Hom die ere, laat ons harte juig! In ons donker harte, stuur Hy weer sy lig Hy kom na die aarde om ons op te rig!
2. Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer. Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer! Ons buig in aanbidding, neer tot in die stof. O, ontvang ons loflied, aan U al die lof!
Eng'le uit die hoogste hemel – gemeente 1. Eng'le uit die hoogste hemel sing ter ere van 'n Kind, van 'n nuwe tyd wat aanbreek waarin almal vrede vind. Refrein: Sing hosanna! Sing hosanna! Prys Hom, Jesus, Seun van God!
2. Waar die wagters waak oor skape hoor hul engele wat sing. Oor die velde klink die lofsang aan 'n Kind wat vrede bring. Sing hosanna! Sing hosanna! Prys Hom, Jesus, Seun van God!
3. Sterrekykers uit die ooste bring geskenke tot sy eer. Hy's die nuutgebore Koning - hierdie Kindjie is die Heer. Sing hosanna! Sing hosanna! Prys Hom, Jesus, Seun van God!
Gaan met die Blye Boodskap – koor (gemeente refrein) Refrein: Gaan met die blye boodskap oral die wêreld oor. Gaan met die blye boodskap: Ons Christus het gekom! 1. Een donker winternanag het herders wag gehou en skielik in die hemel ’n helder lig aanskou.
Refrein: Gaan met die blye boodskap oral die wêreld oor. Gaan met die blye boodskap: Ons Christus het gekom! 2. Die herders het gebewe, want uit die donker nagklink duisend engelstemme vol helder lig en krag.
Refrein: Gaan met die blye boodskap oral die wêreld oor. Gaan met die blye boodskap: Ons Christus het gekom! 3. ’n Nederige dorpie, ’n doodgewone stal;daar lê die Hemelkoning wat heers oor die heelal.
Kom, almal, besing met 'n vrolike stem – koor 1. Kom, almal, besing met ’n vrolike stem die wonder van God, Vors van vrede! Kom, alle getroues, kom lofsing die Heer, wees vrolik, besing onse Koning! Besing met ’n blye stem, die wonder van God in die stad Betlehem, want daar is die Heiland gebore. Jesuskind, lank verwag.
2. ’n Kind is gebore, Hy kom ons verlos: die God van liefde en vrede. Verlos van die sonde, besing ons tesaam, die roem en die eer van ons Koning! Besing met ’n blye stem, die wonder van God in die stad Betlehem, want daar is die Heiland gebore. Jesuskind, lank verwag.
3. In need’rige krip is sy bedjie berei: die God van liefde en vrede. Laat ons die gebod van die liefde onthou, die roem en die eer van ons Koning! Besing met ’n blye stem, die wonder van God in die stad Betlehem, want daar is die Heiland gebore. Jesuskind, lank verwag.
Kom ons loof die Jesuskind – Gemeente 1. Kom ons loof die Jesuskind, Hy is waarlik Koning. Ons Verlosser het gekom, maak by ons sy woning. Vir ons sondes kom Hy sterf; só word ons vergewe. Nou kan ons Hom loof en prys - Heer so hoog verhewe.
2. Tussen doeke lê die Kind, in 'n krip so need'rig. Laat ons al die lof en dank bring aan Hom vir ewig. Dit is sy geboortedag, daarom sing ons : Ere! Ons sal Hom nou dank en prys - Heer so hoog verhewe!
3. Wyse manne kom van vér; buig voor Hom die Koning. Herders bring Hom al die eer; prys Hom in aanbidding. Eng'le in die sterrenag jubel bly in kore. Laat ons saam 'n loflied sing: Jesus is gebore.
Vreugde in die wêreld - koor Gaudiummundo, Christus natus est. Vreugde in die wêreld, Christus is gebore. Hy is God met ons. Hy het mens geword.
Kom, alle getroues – gemeente 1. Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde, o kom in die gees nou na Betlehem! Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore - kom buig daar in aanbidding, kom buig daar in aanbidding, kom buig daar in aanbidding, voor Jesus, die Heer.
2. 'n Kind is gebore; loof die God van liefde! Hy kom ons verlos, Hy is Wonderbaar, Raadsman en Sterke, God en Vors van vrede! Ons buig in blye aanbidding, ons buig in blye aanbidding, ons buig in blye aanbidding, Verlosser en Heer!
O die goeie tyding, o die blye tyding - gemeente 1. O die goeie tyding, o die blye tyding - helder klink dit met Kersfeestyd: Diep was ons verlore, Christus is gebore. Juig dan, almal, jubel oor die saligheid!
2. O die goeie tyding, o die blye tyding kom met krag in die Kersfeestyd: Hy, die Hemelkoning, maak by mense woning - Hy, gebore in die volheid van die tyd!
3. O die goeie tyding, o die blye tyding - oral hoor ons: Dis Kersfeestyd. Blye jubelkore loof die Kind, gebore. Juig nou mensdom, prys Hom tot in ewigheid!