180 likes | 1.53k Views
Die media en dwelms. Ons lewe in ʼn samelewing met ʼn verskeidenheid kulture en oortuigings en daar is baie faktore wat ʼn invloed op ons manier van lewe het. Maatskaplike faktore sluit onder andere die volgende in: religie, familie, vriende, opvoeding en waar jy woon.
E N D
Ons lewe in ʼn samelewing met ʼn verskeidenheid kulture en oortuigings en daar is baie faktore wat ʼn invloed op ons manier van lewe het.
Maatskaplike faktore sluit onder andere die volgende in: religie, familie, vriende, opvoeding en waar jy woon. • Daar is ʼn direkte verband tussen hierdie maatskaplike faktore en middelmisbruik
As jy die feite oor dwelms en middelmisbruik ken, help dit jou om positiewe keuses te maak en nie die slagoffer van dwelms te word nie.
Smokkelhuise: plekke waar alkohol sonder toestemming verkoop word. • Mense wat arm is gebruik dwelms en alkohol om van hulle probleme te probeer vergeet. • Party mense verkoop dwelms om geld te verdien.
Om met dwelms te eksperimenteer of dit net vir die pret daarvan te probeer, lei tot verslawing. • Dit is ʼn feit dat die meeste gevalle van middelmisbruik begin by mense wat op ʼn jong ouderdom daarmee eksperimenteer
Daag die vals boodskappe uit wat deur die media verkondig word dat dwelms en drank prettig en koel is. Kennis van die feite sal jou help om die regte keuse te maak.
Lang en Korttermynnagevolge van middelmisbruik: misdaad, geweld en opvoedkundigeuitkomste • Wanneer jy onder die invloed van dwelms of drank is, verswak dit jou vermoë om behoorlik te dink en laat jou dinge doen wat jy nie gewoonlik sou doen nie.
Die impak van dwelmmisbruik • Party mense word aggressief wanneer hulle dwelms en alkohol gebruik. • Korttermynagevolge: Geestelike en fisiese probleme, soos stres, angs, abdominale pyn en konsentrasieprobleme vind onmiddellik plaas.
Langtermynnagevolge: Breinskade, beroertes, oordosisse, tronkstraf en selfs die dood is voorbeelde van langtermynnagevolge.