190 likes | 369 Views
BRF 224. Bietjie inligting oor myself!! My naam is Michelle Meerholz Kantoor Nommer: 118 in die Stef Coetzee Gebou Telefoon nommer: 051 401 9607. Inleiding klas. HANDBOEK. GRONDSLAE VAN KOSTE- EN BESTUURSREKENINGKUNDE Hersiene Vyfde Uitgawe Niemand, Meyer, Botes, van Vuuren LexisNexis.
E N D
BRF 224 • Bietjie inligting oor myself!! • My naam is Michelle Meerholz • Kantoor Nommer: 118 in die Stef Coetzee Gebou • Telefoon nommer: 051 401 9607 Inleiding klas
HANDBOEK GRONDSLAE VAN KOSTE- EN BESTUURSREKENINGKUNDE Hersiene Vyfde Uitgawe Niemand, Meyer, Botes, van Vuuren LexisNexis
STUDIEGIDS Belangrike inligting in die Studiegids • Toets Datums • Werksprogram • Klastye
WAT IS BRF?? • Hoofdoel – om relevante inligting aangaande die onderneming aan ʼn wye verskeidenheid belanghebbendes te verskaf. Hulle gebruik dan die inligting om beter besluite te neem. Relevante inligting – rekeningkundige inligting betreffende die onderneming wat vir ʼn besondere belanghebbende met die neem van ʼn besluit nuttig is.
Voorbeeld van relevante inligting As jy besig is om te besluit wat om vir jouself vir middagete te koop, watse relevante inligting het jy nodig om jou besluit te neem?? • Wat is al die opsies? (pie, burger, toebroodjie) • Wat is die koste van die verskillende opsies? • Hoe vullend sal elke opsie wees? • Is jy haastig, moet jy in ag neem watse opsie die vinnigste sal wees?
Met die internasionalisering van die wêreld ekonomies (waar maatskappye nie meer in net een land handel dryf nie, maar in verskeie lande regoor die wêreld) het mededinging toegeneem – maatskappye ding nou mee met plaaslike en internasionale maatskappye vir kliente. Vir dié rede is dit baie belangrik en nodig dat bestuur al die relevante inligting beskikbaar het om die beste besluite vir die maatskappy te neem, om te verseker die maatskappy bly kompeterend en so suksesvol as moontlik.
Voorbeeld Wanneer die verkoopsprys van ʼn produk bepaal word, moet bestuur al die relevante inligting met betrekking tot hierdie produk hê, sodat die korrekte verkoopsprys vasgestel kan word. Verkoopsprys te hoog – kliente sal eerder die kompetisie ondersteun – maatskappy sal MISLUK Verkoopsprys te laag – maatskappy sal nie hulle koste dek nie en sal op ʼn verlies handel – maatskappy sal MISLUK
Gebruikers van Finansiële inligting As dit by finansiële inligting kom, is daar twee duidelike kategorieë gebruikers : • Die wat die onderneming bestuur • Die wat ʼn belang het in die onderneming (aandeelhouers, krediteure)
Die twee afdelings van Rekeningkunde • Finansiële Rekeningkunde • Bestuursrekeningkunde Belangrik om die verskil te ken!!!
BRF is baie belangrik in ‘n onderneming vir besluitneming. Twee tipe besluite : • Beplanningsbesluite – stel ‘n doel vir die onderneming en ontwerp aksies om daardie doel te bereik. • Beheerbesluite – die vergelyking van werklike resultate met verwagte resultate en die vaspen van verantwoordelikheid vir afwykings van die standaarde wat oorspronklik gestel is.
Kosteberekening • Proses om koste inligting te versamel om ‘n sekere produk te vervaardig, om ‘n sekere diens te voorsien of om ‘n sekere aktiwiteit te onderneem. VYF aktiwiteite in ‘n kosteberekening stelsel: • Kostebepaling • Kosteboekstawing • Koste-ontleding • Kostebestuur • Kosteverslaglewering
Kostebepaling • Data word versamel om die koste van ‘n spesifieke produk of aktiwiteit te bepaal. Spykers Arbeid 2 ure – R 20 p/u Hout Stoel 20 spykers – 50c elk 2m – R 10 p/m Hout R 40 + R 20 + R 10 = R 70 – totale koste
Kosteboekstawing • Inligting word van verskeie brondokumente verkry – loontydstate, leweransiers se fakture (Gebruik die loontydstate om die hoeveelheid ure en die koers per uur te kry – gebruik die twee syfers om die totale arbeidskoste te bereken.)
Koste-ontleding • Die data wat versamel word, moet deur persone wat deeglike kennis van die kostebepalingsmetodes het, ontleed word ten einde die data nuttig en betekenisvol te maak.
Kostebestuur - Kosteberekening gebruik koste-ontleding om sinvolle aanbevelings oor kostebestuur te maak.
Kosteverslaglewering • Proses waardeur tersaaklike inligting aan besluitnemers oorgedra word. Interne verlae is gewoonlik baie volledig. Verslaglewering – Hout stoele – Voorbeeld Hout – 2 meters @ R 10 p/m 20 Arbeid – 2 ongeskoolde ure @ R 20 p/h 40 Spykers – 20 spykers @ 50c p/spyker 10 Totale koste 70
HUISWERK • Vrae is in die handboek, aan die einde van elke hoofstuk. • 1.1.1 • 1.1.3 • Lees Hoofstuk 1.2