170 likes | 350 Views
Skriflesing: Genesis 2:4b-25. Ou Nabye Oosterse wêreldbeeld: Drie verdiepings. Vroeg-moderne wêreldbeeld: Bal in ruimte. Huidig ontwikkelende wêreldbeeld: Mens in die aarde — deel van die web van die lewe. Vingerwysings na die Bybel en wat (party) Christene glo.
E N D
Huidig ontwikkelende wêreldbeeld: Mens in die aarde — deel van die web van die lewe
Vingerwysings na die Bybel en wat (party) Christene glo • Sê Genesis 1:28 nie mense moet die aarde onderwerp en oor al die diere heers nie? • Is die Christelike God nie veraf en onbetrokke nie? • Moet die huidige wêreld nie eers verbygaan nie? • Is dit nie slegs mensesiele wat gered word nie? • Totius het mos gesê: “Die wêreld is ons woning nie.”
Ekologiese wysheid in die Tuinverhaal (Genesis 2:4b-25) • Die geskiedenis van die aarde en die hemel (2:4b) • Geen mense of reën om aarde se lewegewende potensiaal tot verwerkliking te bring nie (2:5) • Mens (adam) en aarde (adamah)
Ekologiese wysheid in die Tuinverhaal (Genesis 2:4b-25) • God laat die mens in die tuin woon (2:15) • God gee die mens ‘n taak in die tuin: dien (bewerk) die aarde en pas dit op (2:15) • Vryheid om van al die bome te eet, behalwe een (2:16) • Verbod: mag nie van die boom van alle kennis eet nie (2:17)
Ekologiese wysheid in die Tuinverhaal (Genesis 2:4b-25) • God maak diere en bring hulle na die mens toe (2:19) • God maak naas die man (ish) die vrou (ishah) en bring haar na die man toe
‘n Kykie oor die muur van Genesis 2: (a) Genesis 3 • Die mense eet wel van die boom van alle kennis • Toe hulle spesiale kennis bekom, kom hulle agter hulle is kaal (erum) in plaas van slim soos die slang (arum) • Die lewe is tweekantig / dubbelsinnig
‘n Kykie oor die muur van Genesis 2: (b) Genesis 6-9 (Die groot vloed) Verbond van God met meer as Noag (Gen 9:8-17) • Noag en sy gesin • Die geslagte wat nog kom • Al die lewende wesens • Die aarde
‘n Kykie oor die muur van Genesis 2: (c) Markus 10:42-45 “Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees. Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”
‘n Kykie oor die muur van Genesis 2: (d) Johannes 3:16-17 “God het die kosmos so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die kosmos toe gestuur om die kosmos te veroordeel nie, maar sodat die kosmos deur Hom gered kan word.”