260 likes | 480 Views
B e rou sonder die “ e ”. … .vir “ ek ”. Die begin van ‘n nuwe jaar wil mens graag praat oor……. Waarom ‘n tema soos “berou”?. Woordbetekenis. Repent : H5162 - naw-kham '
E N D
Berou sonder die “e” ….vir “ek”...
Woordbetekenis Repent : H5162 - naw-kham' A primitive root; properly to sigh, that is, breathe strongly; by implication to besorry, that is, (in a favorable sense) to pity, console or (reflexively) rue; or (unfavorably) to avenge (oneself): - comfort (self), ease [one’s self], repent (-er, -ing, self). Repent : G3340 met-an-o-eh'-o From G3326 and G3539; to thinkdifferently or afterwards, that is, reconsider (morally to feelcompunction): - repent. Conscience : G4893- soon-i'-day-sis From a prolonged form of G4894; co-perception, that is, moral consciousness: - conscience. G4894- soon-i'-do From G4862 and G1492; to seecompletely; used (like its primary) only in two past tenses, respectively meaning to understand or becomeaware, and to beconscious or (clandestinely) informedof: - consider, know, be privy, be ware of.
Voorkoms Berou = Om na die daad / besluit spyt te wees oor wat jy gedoen / gekies het. Altyd reaktief. Gewete = Aaneenlopende (prolonged) bewussyn te hê van wat sonde sal wees, is, en was. Voorkomend & reaktief.
Heb 12:12 Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; Heb 12:13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Heb 12:14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; Heb 12:15 en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. Heb 12:16 Laat niemand ‘n hoereerder wees nie, of ‘n onheilige soos Esau, wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het. Heb 12:17 Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer.
Mat 27:2 En hulle het Hom geboei en weggelei en Hom oorgelewer aan Pontius Pilatus, die goewerneur. Mat 27:3Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge Mat 27:4 en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien! Mat 27:5 En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.
1Sa 15:10 En die woord van die HERE het tot Samuel gekom en gesê: 1Sa 15:11Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur die HERE aangeroep. 1Sa 15:12 Maar die môre vroeg het Samuel hom klaargemaak om Saul te ontmoet. En aan Samuel is meegedeel en gesê: Saul het in Karmel aangekom, en kyk, hy het vir hom ‘n gedenkteken opgerig; en hy het weggedraai en verbygegaan en afgetrek na Gilgal. 1Sa 15:13 Toe Samuel by Saul kom, sê Saul vir hom: Mag u geseënd wees deur die HERE: ek het die woord van die HERE uitgevoer. 1Sa 15:14 Daarop vra Samuel: Maar wat vir ‘n geblêr van kleinvee is dit in my ore en ‘n gebulk van beeste wat ek hoor?
1Sa 15:28 En Samuel sê vir hom: Vandag het die HERE die koningskap oor Israel van jou afgeskeur en dit aan jou naaste gegee wat beter is as jy. 1Sa 15:29En ook lieg die Roem van Israel nie, en Hy ken geen berou nie; want Hy is geen mens, dat Hy berou sou hê nie. 1Sa 15:30 En hy sê: Ek het gesondig; eer my tog nou voor die oudstes van my volk en voor Israel, en kom saam met my terug, dat ek die HERE u God kan aanbid. 1Sa 15:31 Samuel het toe teruggegaan agter Saul aan, en Saul het die HERE aanbid.1Sa 15:35 En Samuel het Saul tot die dag van sy dood nie meer gesien nie, want Samuel het getreur oor Saul; en die HERE het berou gehad dat Hy Saul koning gemaak het oor Israel.
Hos7:14 Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer (howling) op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My.
Job 42:1 Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: Job 42:2Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie (dat U is, en n beloner is van die wat U soek) . Job 42:3 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. Job 42:4 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! Job 42:5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Job 42:6Daarom herroep ek en het berou in stof en as.
Aanvanklike opmerkings: Esau, toe hy sien dat hy iets kosbaar verloor het (seën), en begeer het om dit terug te kry, het hy nie geleentheid gevind vir berou nie, en al het hy met trane dit begeer, kon hy dit nie terugkry nie. Judas, toe hy sien wat die gevolge van sy verraad was, het berou gehad (ommeswaai van opinie oor sy optrede), en was bereid om sy koopsom terug te gee as dit die skade kon herstel. Maar hy kon slegs terug gaan na die vyand vir genade, en hul het geen genade aan hom gebied nie (want genade is nie hul belang nie). Sy finale verklaring van ongeloof – hy pleeg selfmoord. Was dit oor selfverwyt, of miskien die besef dat hy voortaan verworpe sou wees deur hulle wat tot hede vir hom lief was? Saul ontvang van JAHWEH gesag oor Sy volk, maar dan doen hy nie wat JAHWEH van Hom vra nie. Ook glo hy nie dat JAHWEH sal weet as hy bedrog pleeg “agter sy rug” nie. Wanneer hy dan uitgevang word, huil hy krokodil trane oor sy toekomstige verlies – maar poog nog baie jare om JAHWEH se besluit teen te gaan (probeer Dawid vermoor). Efraim se berou roep soos huilende wolwe na JAHWEH, en hul demonstreer geweldige dade van jammerte (kerf hul self stukkend), maar JAHWEH sien reg deur hul ware redes – hul verliese aan rykdom het hul tot berou gedwing, en hul begeer herstel van die rykdom deur JAHWEH te oorreed met demonstratiewe berou. Job het hard gestry en sy regsaak by JAHWEH aangemeld. Hy het gehandhaaf dat JAHWEH hom onregverdig behandel het – tot hy JAHWEH gesien het vir wie Hy is, en homself vir wie hy is. Sy berou is sonder enige aandrang op herstel van vorige rykdom of aansien, en hy gee oor aan JAHWEH se wil vir sy lewe, en vra om deur JAHWEH onderrig te word in Sy weë.
Die interessante van die voorbeelde: Job is die enigste wat in sy berou, geen herstel gevra het nie, maar volle oorgawe aan JAHWEH gemaak het, sonder enige voorwaardes of eise. Van almal, is Job die enigste wat herstel is in groter mate as wat hy voor sy teespoed gehad het. Selfs Dawid het in sy rou probeer om JAHWEH se arm te draai ter wille van die baba se lewe, en het nooit weer vrede gehad in sy koninkryk die res van sy lewe nie. Is daar iets wat ons reeds nou begin sien, wat van waarde kan wees vir ons as persoon, en vir ons volk?
Jahweh het nooit berou oor Sy besluite nie – behalwe waar Hy besluitneming (gesag) aan die Adamiet gedelegeer het.So kosbaar is ‘n geslag wat “soos Hy is” vir Hom, dat hy ten spyte van baie berou, steeds nie berou gehad het daaroor dat Hy Adam die reg tot eie keuse gegee het nie – Hy het dit hom nooit ontneem nie.Die rede hiervoor is vir baie verborge, en die gevolg hiervan is vir baie tot frustrasie en misverstand. Hoekom?
Al ooit die volgende vrae by mense gehoor? As JAHWEH liefde is, waarom laat Hy toe dat oorloë plaasvind, en kinders mishandel word? Ek kan nie aan so ‘n God glo nie.... Ek bid nou al jare dat my man/vrou/kind terugdraai van sy weg van verderf, maar daar het hy nou gesterwe sonder bekering. Ek weet nie of ek meer aan God glo nie.... Hoe kon ‘n Vader van liefde Sy eie seun laat doodmaak? Hy het tog immers Jahshua na Sy dood gestuur..... Ek kan nie jul gelowiges se uitsprake oor Sy liefde aanvaar nie, dit word weerspreek in die kruisiging van Sy Seun.....
Al die probleme van Esau, Judas, Saul, Efraim, Job, Dawid, die slagoffers van oorloë, gemolesteerde kinders, alkoholiste et al – kon vermy word as…. ….JAHWEH die gesag tot besluitneming (keuse) uit die hand van die Adamiet wegneem.
Geen meer berou nodig, geen gewete nodig, geen gebod nodig – alle keuses is volgens JAHWEH se wil. Geen meer geslag vir JAHWEH wat “na Sy beeld en gelykenis” is nie want: Gén 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. Gén 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. Gén 1:28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. Mal 2:15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie. Mal 2:16 Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
Dit is liefde, dit is om te volhard ter wille van Sy begeerte tot ‘n geslag wat Hom liefhet uit eie keuse, en dit is die prys wat Hy betaal het, dat: • Hy berou verduur het keer op keer oor keuses wat Adamiete maak, en steeds nie Adam se gesag om te heers hom ontneem het nie • Hy gevra het in die hemele “wie sal Ek stuur (wie is waardig)”, en dat die Seun uit eie keuse ingestem, en uit eie keuse volhard het selfs tot die dood, om Sy Vader se droom (begeerte) tot ‘n eie geslag, te volbring Joh 10:18Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang. Die gevolg van die Seun se vrywillige keuse en offer, was die weg tot die uitstorting van die HG, en gevolglik die wedergeboorte van die geesmens, wat nou nie deur berou, maar deur gewete lewe, nie uit foute en spyt, val en opstaan, maar deur ingeligte keuses, geoefen deur vrywillige gehoorsaamheid, om goed van kwaad te onderskei – en die goed te kies.
Want Hy het moeg geword van berou oor Adam: Jer 15:6 Jy het My verwerp, spreek die HERE, jy het ál agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê. Jer 18:5 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Jer 18:6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel! Jer 18:7 In een oomblik sal Ek spreek oor ‘n nasie en oor ‘n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig; Jer 18:8 maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen. Jer 18:9 En in ‘n ander oomblik sal Ek spreek oor ‘n nasie en oor ‘n koninkryk om dit te bou en te plant; Jer 18:10maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.
Maar dit was nie die einde van Sy Raadsplan nie, net die begin van die einde van berou, van ‘n Nuwe Verbond: Jer 31:1 In dié tyd, spreek die HERE, sal Ek vir al die geslagte van Israel ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Jer 31:2 So sê die HERE: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het, het genade gevind in die woestyn, op weg om sy rus te geniet, naamlik Israel. Jer 31:3 Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid. Jer 31:4 Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers. Jer 31:5 Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samaría; die planters sal plant en die vrugte geniet. Jer 31:6 Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na die HERE onse God. Jer 31:7 Want so sê die HERE: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: o HERE, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel! Jer 31:8 Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in ‘n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe. Jer 31:9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ‘n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene. Jer 31:10 Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n herder sy kudde. Jer 31:11Want die HERE het Jakob losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy.
Jer 31:12 En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die HERE, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos ‘n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie. Jer 31:13 Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer. Jer 31:14 En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek die HERE. Jer 31:15 So sê die HERE: ‘n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie. Jer 31:16 So sê die HERE: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is loon vir jou arbeid, spreek die HERE; en hulle sal uit die land van die vyand terugkom. Jer 31:17Ja, daar is verwagting vir jou nakomelinge, spreek die HERE; en die kinders sal terugkom na hulle grondgebied. Jer 31:18 Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos ‘n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God. Jer 31:19Want nadat ek tot inkeer gekom het, het ek berou gehad; en nadat ek tot insig gekom het, het ek op die heup geslaan; ek het beskaamd gestaan, ja, ook in die skande gekom, omdat ek die smaad van my jeug dra. Jer 31:20Is Efraim vir My ‘n dierbare seun of ‘n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek die HERE.
Jer 31:21 Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou! Jer 31:22 Hoe lank sal jy bly aarsel, o afkerige dogter? Want die HERE het iets nuuts op die aarde geskape: Die vrou sal die man beskerm. Jer 31:23 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Weer sal hulle hierdie woord sê in die land Juda en in die stede daarvan, as Ek hulle lot verander: Mag die HERE jou seën, o woning van geregtigheid, heilige berg! Jer 31:24 En Juda en al sy stede sal daarin woon, almal saam; die landbouers en die wat met troppe vee rondtrek. Jer 31:25 Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek. Jer 31:26 (Hierop het ek wakker geword en opgekyk, en my slaap was vir my soet.) Jer 31:27Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die huis van Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere. Jer 31:28 En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek die HERE. Jer 31:29 In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword. Jer 31:30 Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word. Jer 31:31Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; Jer 31:32nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.
Jer 31:33Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Jer 31:34En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. Jer 31:35 So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: Jer 31:36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. Jer 31:37 So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE. Jer 31:38 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat die stad vir die HERE herbou sal word, van die toring Hanáneël af tot by die Hoekpoort. Jer 31:39 En die meetsnoer sal verder reguit aanloop tot by die heuwel Gareb en swaai na Goa toe. Jer 31:40 En die hele dal van die lyke en van die as, en al die velde tot by die spruit Kidron, tot by die hoek van die Perdepoort teen die ooste, sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie weer uitgeruk of verwoes word in ewigheid nie.
Afsluiting: Die mens en berou JAHWEH en berou Die “ek” gesentreerde berou Die voorloper van berou Die opvolger van berou Die vervaldatum van berou Die nuwe begin na berou ‘n Toekoms sonder berou