1 / 8

Galileo Galilei (1564-1642) het in, wat ons nou Noord Italië noem, gebly.

1. Galileo Galilei (1564-1642) het in, wat ons nou Noord Italië noem, gebly. Hy was ‘n professor in wiskunde. Hy het die patrone in beweging bestudeer. Hy het belanggestel in de beweging in die ruimte – die beweging van die Maan, Planete,

adriel
Download Presentation

Galileo Galilei (1564-1642) het in, wat ons nou Noord Italië noem, gebly.

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 1. • Galileo Galilei (1564-1642) het in, wat ons nou Noord Italië noem, gebly. • Hy was ‘n professor in wiskunde. Hy het die patrone in beweging bestudeer. • Hy het belanggestel in de beweging in die ruimte – die beweging van die Maan, Planete, • komete en sterre, as ook die beweging van die Aarde – dinge wat na die Aarde val. • Terwyl Galileo die bewegings bestudeer het, was daar ‘n groot debat gaande. Sou die • beweging in die hemele deur dieselfde reels beheer word as die beweging op Aarde. • Sommige mense het gedink dat die Aarde stilstaande was in die middel van die heelal. • Hulle argument was, dat dit geskryf was in ou boeke soos die wat deur die Griek Aristotle • (384-322 BCE) geskryf was en die Bybel. Hulle het gereken dat indien die aarde sou • beweeg het twee dinge sou plaasvind: • voorwerpe wat van hoë geboue of skeepsmaste val na die weste van die punt van • vrylating sou val (dit het nie); • dat daar ‘n gedurige sterk wind sou waai as die Aarde roteer het, & om die Son • beweeg het. • Galileo was die eerste om oor die waarnemings van die Maan met ‘n teleskoop te • rapporteer. Hy het ook gesê dat Jupiter 4 mane het. Dit was nooit voorheen gesien nie. • Mense was ook bewus van komete , hoe hulle gekom en gegaan het. • Al hierdie getuienis saamgevat, het Galileo en sy volgelinge oortuig dat die Hemele • niks verskillend van die Aarde, in terme van beweging, was nie. • Met sy teleskoop het Galileo kolle op die Son waargeneem. Hy het gesien dat dit oor tyd • verander het, beide in aard en in orientasie daarvan. Sy afleiding was dat die Son self in • rotasie is. Hiervolgens het hy tot die besef gekom dat Copernicus (1473-1543) se Son-in- • middel–van-die- heelal model reg was. Die Aarde en die planete beweeg rondom • ‘n roterende Son. • Die groot probleem met hierdie Son-in-die-middel teorie was die vraag oor wat hou • die Aarde en planete in beweging om die Son? Galileo kon nie aan ‘n rede dink nie. Galileo moet voor die hof verskyn vir sy idees. BEREI twee stelle notas (opdragte) voorvir die prokureurs in die hofsaak Een vir die aanklaer, wat die idees van Galileo se teenstaanders verteenwoordig. ‘n Tweede opdrag, vir die verdediging, wat Galileo se standpunt verdedig.

  2. 2. Isaac Newton (1642-1727) het in England gebly. Hy het by die Universiteit van Cambridge gestudeer. Newton was ook ‘n begaafde wiskundige , soos Galileo. By Cambridge het hy van Galileo en sy idees gelees asook wat ander oor Galileo se idees gedink het. Newton het ook begin belang stel in beweging in die ruimte en op Aarde. Newton het besef dat as dieselfde wiskundige reëls geld vir beweging in die ruimte as op Aarde hy dieselfde reëls op beweging in die ruimte sou kon toepas. Newton se idee was dat die Maan besig om na die aarde toe te val net soos appel na die aarde toe val. Die wiskundige moet dieselfde wees. Uit die werk van Galileo het Newton die versnelling van die appel (10ms-2) geweet. Ook het hy geweet hoe ver die maan van die aarde is (3.84x108m). Nog meer, hy het geweet dat dit die maan 27.3 dae neem om om die aarde te beweeg. (27.3x24x60x60 seconds = 2.36x106s). Hy kon dus die spoed van die maan soos dit om die aarde beweeg bereken (1022ms-1) en die versnelling van die maan as dit na die Aarde toe val (0.0027ms-2). Hierdie was ‘n besondere prestasie. Newton was egter nie oortuig dat die aantrekkingskrag op beide die maan en die appel gesien kon word as komende van die middel van die Aarde nie. Dit het Newton bekommer. Hy het sy werk op Maan laat vaar totdat hy seker kon wees dat die aantrekkingskrag van die midel van die Aarde af gerig is. 20 jaar later, met wiskunde wat hy vir hierdie doel geskep het, het hy homself oortuig dat die krag vanuit die middel van die Aarde af gerig is. Hy het sy idees in sy boek, ‘Principia’ – Die Beginsel (van beweging in die ruimte en op Aarde), gepubliseer. ONTWERP en TEKEN ‘n plakbiljet om Newton se boek, Principia bekend te stel. Die bekendstelling moet sorg dat mense verstaan waarom die boek so spesiaal is en waarom hulle ‘n kopie vir hulself moet aanskaf.

  3. 3. Die swaartekrag van die Aarde trek alle voorwerpe aan in die rigting van die van die middel van die Aarde. ‘n Stadig bewegende projektiel beweeg met ‘n kurwe en tref die Aarde. ‘n Vinniger bewegende projektiel beweeg verder, en vorm ‘n groter kurwe. Slegs ‘n projektiel met ‘n baie hoë spoed sal rondom die Aarde kan bly beweeg, selfs al word dit deur swaartekrag na die middel van die Aarde aangetrek. Stadige projektiel Vinniger projektiel Hoë spoed projektiel HERTEKEN die diagramme. Vir elke diagram TEKEN pyltjies om die rigting van die swaartekrag aan te toon.

  4. Hierdie illustrasie word dikwels in Fisika handboeke gekry. 4. Maan aangetrek (versnel) in die rigting van die Aarde. Maan se beweging Gravitasionele aantrekking van die Aarde op die Maan Newton het besef dat beweging in ‘n reguit lyn , met konstante spoed, nie verduidelik hoef te word nie. Wat verduideliking verg is - ‘n krag wat verandering verduidelik- ‘n verandering in spoed of rigting. Gebruik die diagram om te VERDUIDELIK hoe swaartekrag van die Aarde konstante val van die maan na die Aarde veroorsaak.

  5. 5. Hier volgende is ‘n tabel met data wat waardes gee vir die krag vir versnelling van een kilogram na die middelpunt van die Aarde oor verskillende afstande aangee. Afstand van die middelpunt van Aarde in aarde deursnee 1 2 3 4 5 6 Krag wat een kilogram trek in Newton 9.8 2.5 1.1 0.6 0.4 0.3 TEKEN die grafiek van die data in tabel op asse hieronder. Benoem asse sorgvuldig.

  6. 6. Newton het gevind dat die swaartekrag van die Aarde verminder as ‘n vierksnt van die afstand vanaf die Aarde. Verdubbelling van die afstand gee een kwart van die krag. VERDUIDELIK hoe die diagram ons help om Newton se resultate te verstaan.

  7. 7. Die grafiek toon hoe die swaartekrag verskil soos iemand weg van die Aarde af beweeg. Aantrekkingskrag op 1kg. 10 x 5 x x x x x 0 1 2 4 6 Afstand vanaf Aarde se middelpunt in Aarde deursnee BESKRYF die patroon in die grafiek in jou eie woorde.

  8. 8. Hier is ‘n denkbeeldige koerant berig. The London Gazette November 1686 Newton bieg Professor Isaac Newton, die bekende Lucasiaanse professor in Wiskunde van die die Universiteit van Cambridge, wie onlangs sensasie veroorsaak het met sy boek Principia, het vandag erken dat hy nie weet wat veroorsaak aantreekingskragte tussen massas nie. Prof. Newton het gesê, dat , “hy maak geen hipotese nie”oor die aard van van die gravitasionele aantrekking nie. Hoe dit ook al sy, is hy volgens hom die eerste persoon wat die wiskundige reëls uitgewerk waarvolgens aantrekkingskragte tussen enige twee massas op enige afstand bereken kan word. Hy het voorspel dat die mens op die Maan kan land as sy idees gebruik word. Die Gazette sê “ perde kan horings kry Professor”. SKRYF ‘n nuwe artikel vir môre se Burger.

More Related