270 likes | 1.11k Views
Bevolkings-en gemeenskapsekologie. Bevolkingsekologie. Terminologie. Spesie Habitat Bevolking Gemeenskap Ekostelsel Ekologie Ecologiese nis. Grootte van ‘n bevolking. Definisie en impak op bevolkingsgrootte: Nataliteit Mortaliteit
E N D
Bevolkings-en gemeenskapsekologie Bevolkingsekologie
Terminologie • Spesie • Habitat • Bevolking • Gemeenskap • Ekostelsel • Ekologie • Ecologiese nis
Grootte van ‘n bevolking Definisie en impak op bevolkingsgrootte: • Nataliteit • Mortaliteit • Verspreiding(insluitend immigrasie, emigrasie and migrasie) Aspekte van bevolkingsfluktuasie en -regulering: • Dravermoë • Omgewingsweerstand/beperkende faktore en hul impak op bevolkingsgroei. • Die effek van jaarlikse en seisoenale fluktuasies op bevolkingsgrootte.
Grootte van ‘n bevolking Kenmerke van die volgende groeipatrone/-vorme: • Geometriese groeivorm(J-vormige kurwe) • Logistiese groeivorm (S-vormige kurwe) Metodes om bevolkingsgrootte, bevolkingsdemografie en bevolkingsbewegings te bepaal: • Direkte tegniek (sensus) • Indirekte tegniek– eenvoudige monsterneming en merk-en- hervang
Aktiwiteit 1- Terminologie Instruksies Verduideliking van aktiwiteit. In pare/groepe definieer die terme op die gegewe wekkaart. Na 10 minute gee elke paar/groep terugvoering.
Terminologie • Spesie – Groep organismes met soortgelyke kenmerke wat kan inteelom vrugbare nageslag te produseer • Habitat – Spesifieke tipe omgewing(area) waarin ‘n plant of dierspesie normaalweg leef • Bevolking – Groep organismes van dieselfde spesiewat in ‘n bepaalde gebied voorkomop ‘n gegewe tyd sodat kruisteling kan plaasvind.
Terminologie • Gemeenskap – Groep bevolkingswat in ‘n bepaalde gebied voorkom bv. leeus, sebras en kameelperde in ‘n Nasionale park. • Ekosisteem – Interaksie tussen biotiese en abiotiese faktore in ‘n bepaalde gebied • Ekologie – Studie van die wisselwerking tussen lewende organismes onderling en die omgewingwaarin hul leef.
Terminologie • Ekologiese nis – Elke spesie het ‘n spesifieke rolin ‘n gemeenskap. Elke spesie benodig ‘n spesifieke stel omgewingstoestande en bronne om te oorleef en voort te plant in hul habitat.
Bevolkingsgrootte en bevolkingsdigtheid • Bevolkingsgrootte – verwys na die aantal individuein ‘n bevolking • Bevolkingsdigtheid – die aantal individue van die bevolking per oppervlakeenheid
Bevolkingsparameters • Nataliteit – geboortetempo van ‘n bevolking uitgedruk as die getal lewende geboortes per duisend individue per jaar. • Mortaliteit – sterftetempovan ‘n bevolking uitgedruk as die aantal sterftes per duisend individueper jaar. • Immigrasie – eenrigting beweging van organsimes in ‘n gebied in met die doel om permanent daar te vestig. • Emigrasie – eenrigting beweging van individue uit ‘n gebied uit om elders permanent te vestig. • Migrasie – beweging van individue van een plek na ‘n ander maar keer terug na die oorspronklike plek.
Impak van bevolkingsparameters • Nataliteit en immigrasie veroorsaak ‘n toename in bevolkingsgrootte. • Mortaliteit en emigrasie veroorsaak ‘n afname in bevolkingsgrootte. • Geen immigrasie en emigrasie in ‘n geslote bevolking bv. diere op ‘n eiland. • Nataliteit en mortaliteit kan bevolkingsgrootte in ‘n geslote bevolking beïnvloed.
Bevolkings fluktuasie en regulering • Dravermoë– maksimum aantal individue van ‘n spesie wat ‘n ekostelsel aanhoudend kan onderhou. • Sekere faktore verhoed dat ‘n bevolking net onbepaald kan groei en sy maksimum groeitempo oorskry – faktore staan bekend as beperkende faktore en word gesamentlik omgewingsweerstand genoem. • Seisonale fluktuasies – Swaeltjies vlieg gedurende koue Europese winter na Suidelike Afrika waar die somertemperatuur meer gunstig is. • Jaarlikse fluktuasies – Migrasie van miljoene wildebeeste in Oos-Afrika. Die verskynsel word bepaal deur die beskikbaarheid van weiding wat weer afhanklik is van reënval.
Groeipatrone/vorme– Geometriese of J – vormige kurwe • Bevolkinggroei is aanvanklik stadig maar neem dan oor ‘n tydperk baie vinnig toe. • Die bevolking kan sy volle voortplantingspotensiaal bereik a.g.v. genoegsame voedsel, water en geen predatore. • Omgewingsweerstand neem toe wanneer getalle van bevolking toeneem. • Bevolkingsgrootte kan vinnig afneem a.g.v. beperkende faktorte.
Logistiese groeivorm (S – vormig) Sloerfase: • Bevolking akklimatiseer, individue word geslagsryp en soek paarmaats. Vesnellende groeifase • Bevolking groei vinnig en bereik maksimum groeitempo. Afnemende groeifase • Groeitempo neem af a.g.v ‘n toename in omgewingsweerstand. Ewewigsfase • Bevolkingsgetalle bereik dravermoë en stabiliseer rondom hierdie waarde.
Metodes om bevolkingsgrootte te bepaal – direkte tegniek (sensus) • Tel alle individue in ‘n bevolking en sluit in sensusopname by mense. • Lugfotografie kan gebruik word om groter diere in natuurreservate te tel.
Indirekte tegniek– eenvoudige monsterneming(kwadraatmetode) • ‘n Vierkantraam (kwadraat) word gebruik. • Plaas dit op die grond en tel die aantal individue in die kwadraat. • Dit gee die aantal individue (digtheid) per eenheidsarea. • Herhaal in verskillende plekke ewekansig en bepaal die gemiddelde digtheid. • Metode word gebruik vir plante en stadig bewegende diere.
Merk-en -hervangtegniek(Peterson) • Baken ‘n bepaalde gebied af. • Vang ‘n aantal individue, tel en merk hulle (eerste monster). • Laat die gemerkte individue vry in die gebied. • Laat toe dat gemerkte individue met ongemerktes in gebied meng. • Vang ‘n tweede aantal individue en tel hulle (tweede monster). • Tel die aantal oorspronklik gemerktes in die tweede monster.
Merk-en hervang tegniek • Gebruik die inligting en bereken die totale grootte van die bevolking d.m.v. die volgende formule: • P = m x s t • P = beraamde bevolkingsgrootte. • m = totale aantal individue gevang en gemerk in eerste monster. • s = totale aantal individue gevang in tweede monster. • t = totale gemerkte individue in tweede monster.
Merk-en-hervangtegniek - geldigheid • Merkmetode moet nie die organisme beseer nie. • Merk moet vir die duur van die ondersoek duidelik sigbaar wees. • Mermetode moet nie die dier se gedrag of beweing beïnvloed nie. • Genoeg tys moet toegelaat word vir gemerktes om met die res van die bevolking te meng. • Bevolking moet geslote wees. • Tydperk tussen twee monsternemings moet kort genoeg wees sodat geen geboortes of sterftes plaasvind nie.