160 likes | 669 Views
SPINALE STENOSE. CEA PUTTER & FANIE DE KLERK 13/09/12. Ysbreker. Definisie. Dit is die vernouing van die spinale kanaal wat kompressie van die spinaalkoord veroorsaak. Degeneratiewe toestand veroorsaak: Verlies van sommige liggaams funksies Pyn.
E N D
SPINALE STENOSE CEA PUTTER & FANIE DE KLERK 13/09/12
Definisie • Dit is die vernouing van die spinale kanaal wat kompressie van die spinaalkoord veroorsaak. • Degeneratiewe toestand veroorsaak: • Verlies van sommige liggaams funksies • Pyn Berkow, Robert, editor. Merck Manual of Medical Information. Whitehouse Station, NJ: Merck Research Laboratories, 2004. Gale Encyclopedia of Medicine.
Patofisiologie Met degenerasie, of ‘wear and tear’, mag die vertebra die spinale kanaal verklein: • ‘Wear and tear’ a.g.v. veroudering en herhaalde kompressie kan veroorsaak dat vertebra verswak. -Kan veroorsaak dat diskus inwaarts gedruk word en kompressie op spinaalkoord veroorsaak. • Degenerasie veroorsaak dat osteofiete vorm. -Kan inwaarts groei op lamina en teen spinaalkoord druk en lei tot simptome van spinale stenose. • Die ligamentum flavum lê tussen lamina en spinaalkoord. -verdikking van ligament kan ook kompressie veroorsaak.
Patofisiologie (verv.) Spinaalkoordkoordkompressie word dusveroorsaakdeur: • Verdikteligamentumflavum • Annulus watuitbult • Osteofietewatvormrondom die werwelliggaam en fasette Bogenoemdeneemruimte op watverergertydensekstensie • Spinal Stenosis [http://www.niams.nih.gov/Health_Info/Spinal_Stenosis/default.asp](National Institute of Arthritis and Musculoskeletal and Skin Diseases)
Oorsake • Arthritis – van die werwel kolom • Been siektes bv. Paget’s disease of Chondroplasia • Kogenitale siekte • “Slipped disk” – gereeld in die verlede • Ongeluk wat druk op senuwee wortels geplaas het of werwelkolom • Gewasse in die werwelkolom • Geneties van aard • Spinal Stenosis [http://www.mayoclinic.com/print/spinal-stenosis/DS00515/DSECTION=all&METHOD=print](Mayo Foundation for Medical Education and Research)
Tekens en simptome • Proksimale pyn – in erge gevalle waar senuweewortel betrokke is kan simptome die patroon van kroniese senuweewortel volg • Sx. Verskyn meer of vererger in staan of met loop • Krampe in kuite • Bilaterale kuitpyn • Dooie gevoel • Swakheid van ‘n gedeelte van ‘n arm of been • Swak balans • Probleme om urinering te beheer • Vererger met tyd
Tekens en simptome (verv.) • Simptome vererger tydens staan, ekstensie, maaglê, loop en hardloop a.g.v. intervertebrale foramen wat verder vernou. • Verbetering van simptome vind plaas met sit of tydens fleksie
Tekens en simptome (verv.) • NB! • Simptome kan verwar word met spondilolistese en intermitterende vaskulêre kloudikasie. Differensieër: • Spondilolistese pasiënte toon onstabiliteits teken wanneer terugkeer vanuit fleksie • Intermitterênde kloudikasies word verlig sodra pasiënt ophou loop of hardloop. • Stenose pasiënte moet sit of vooroor buig vir verligting.
Behandeling • In vroeë stadium: • Koue- en warmpakke • Mobilisasies: fleksie oefeninge rotasie in fleksie traksie in fleksie • Snellerpunte • Neurale mobilisasies (wees versigtig en progresseer stadig) • Strek van rug ekstensore en m. psoas • Versterk abdominale stabiliseeders • Houding korreksie • Tuisraad en advies
Mediese behandeling • Lumbale laminektomie: • Chirurgiese prosedure wat drukking op spinaalkoord verlig. • Verwyder gedeelte van lamina en been groeisels wat teen spinaalkoord druk. • Vergroot die spinale kanaal • Volledige laminektomie: • Spineuse proses, lamina aan beide kante sowel as gedeelte van ligamentum flavum word verwyder
Artikel • “short fusion versus long fusion” • Chirurgie beter opsie teenoor nie-chirurgies
Verwysings • Berkow, Robert, editor. Merck Manual of Medical Information. Whitehouse Station, NJ: Merck Research Laboratories, 2004. Gale Encyclopedia of Medicine. • Spinal Stenosis [http://www.niams.nih.gov/Health_Info/Spinal_Stenosis/default.asp](National Institute of Arthritis and Musculoskeletal and Skin Diseases) • Spinal Stenosis [http://www.mayoclinic.com/print/spinal-stenosis/DS00515/DSECTION=all&METHOD=print](Mayo Foundation for Medical Education and Research)