810 likes | 994 Views
Terugvoer oor besoek aan die ramp-gebied in Noord-Oos Japan (Sendai-streek) vanaf Di. 29 Maart tot Don. 31 Maart 2011.
E N D
Terugvoer oor besoek aan die ramp-gebied in Noord-Oos Japan (Sendai-streek) vanaf Di. 29 Maart tot Don. 31 Maart 2011 Tobie de Wet en Stephan van der Watt (afgevaardig deur Missie Japan) is vergesel deur ds. Kei Kataoka (afgevaardig deur die RCJ* Ring van Shikoku asook Tokushima en Tokushima-Wes gemeentes). Ds. Taka Ashida (verteenwoordiger van RCJ Sinodale Kommissie vir Internasionale Verhoudings) het as begeleier opgetree. *RCJ = Reformed Church in Japan
Die hoofdoel van ons besoek was om: 1) Soveel moontlik RCJ-gemeentes in die streek te besoek en hulle persoonlik te verseker van ons liefde, gebede en ondersteuning; 2) Die werklike situasie en die behoeftes van die mense in die rampgebied eerstehands te evalueer; 3) Vas te stel wat die plaaslike gemeentes doen om die onmiddellike behoeftes van die ge-affekteerde gemeenskappe te help hanteer; 4) Te hoor wat die Kerk op voetsoolvlak beplan om die situasie op die langtermyn te help hanteer; 5) So gou moontlik terugvoer te gee en te onderskei op watter manier Missie Japan en die breër Kerk in Suid-Afrika binne die rampgebied kerke kan help om die nood van die omliggende gemeenskappe te verlig.
Ons bid vir leiding op die pad vorentoe saam met Japanese leraars-vriende
Aiba-egpaar - deel van 6e generasie Christene wat destyds kerke help vestig het in Tohoku-area
RCJ Shiroishi se voorste kerkmuur het omgeval weens die skudding
Tobie saam met mnr. Inomata - (rys)broodbakker en lidmaat van RCJ Watari
Die plaaslike kleuterskool wat as deel van die sendingstasie opereer (almal is veilig, ook ds. Hayashi, plaaslike leraar)
Buurt op buurt staan verlate en geen kinderstemme word gehoor nie
Mnr. Inomata vertel driftig oor alles wat hy verloor het a.g.v. die tsunami...
Mnr. Inomata se broodbak-vennoot, mnr. Abe (sy huis in die agtergrond is ook hard getref)
Aandete saam met ons kollegas van Tokyo-omgewing (wat ook die ramp-gebiede besoek het)
RCJ Sendai gemeente se aardbewing-skade. Ds. Yoshida (RCJ Moderator) is hier die leraar
Ds. Kataoka sorteer basiese lewensmiddele by RCJ Sendai se verspreidingspunt
Brandstof is steeds baie skaars en meeste mense moet in lang rye wag daarvoor
Die sendeling-vakansieoord by Takayama se tsunami waarskuwings-bord is verwring
Iemand se skoen het agterbly tussen die rommel op Takayama se strand
Een sendelinge se motor (Rod Thomas) is meegesleur naby die oord se ingang
Ds. Shiratsu van RCJ Ishinomaki word omhelsdeuronsgroepleier (ds. Taka)
RCJ Ishinomaki se kerkgebou is swaar getref deur die tsunami
Ds. Shiratsu wys hoe die aardbewing hulle aanliggende pastorie beskadig het het
'n Groep RCJ vrywilligers het kom help met opruimwerk (by Ishinomaki)
Ds. Taka (en Tobie) saam met sy kinders (Kana en Tooru) wat ook as vrywilligers gehelp het
Die aanliggende Ishinomaki-kuslyn is grootliks in puin gedompel
By Onagawa was die tsunami brander meer as 20m hoog. Meer as 2000 mense is dood of vermis.
Soos vele ander opsoek na oorblyfsels van 'n 'vorige' lewe tussen die rommel...
'n Verslae werker peins oor die platgeslane Onagawa (voorheen het meer as 10 000 mense daar gewoon)
'n Spesialis reddingswerks-span uit Indië, opsoek na liggaamlike oorblyfsels
Mnr. Kimura wys na sy motor op die 3e vloer van 'n gebou - hy het ternouerdood ontkom voor die vloedwaters
Hierdie ingang van Onagawa se hospitaal is meer as 25 m bo seevlak!