1 / 29

Dit is die Weg…

Dit is die Weg…. …wandel (net) daarop. “Human error?”.

merv
Download Presentation

Dit is die Weg…

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Dit is die Weg… …wandel (net) daarop

  2. “Human error?” PRESCOTT — Investigators from across the U.S. poured into the mountain town of Yarnell on Tuesday to figure out why 19 elite fire-fighters perished in an out-of-control wildfire and whether human error played a role in the tragedy. The month-long investigation into the nation's biggest loss of fire-fighters since 9/11 will look at whether the Hotshot crew paid attention to the forecast, created an escape route and took other precautions developed after a similar disaster in Colorado nearly two decades ago.

  3. Cause of Death: • Not paying attention to weather forecast • Not creating escape route • Waiting too long to make use of escape route – being trapped by fire • Other precautions: • Back-up teams and support availability • Protective clothing and systems

  4. Jes 30:20 Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie—maar jou oë sal jou leraars sien; Jes 30:21 en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan. The SAFE ROUTE, walk the route , do not turn away to the left, or right

  5. Die Weg? Heb 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. Heb 10:2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. Heb 10:3 Maar in dié offers is daar jaar na jaar ‘n herinnering aan die sondes; Heb 10:4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem. Heb 10:5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei. Heb 10:6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. Heb 10:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God. Heb 10:8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word— Heb 10:9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel. Heb 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jahshua Christus, net een maal. Heb 10:11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God Heb 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete.

  6. Die Weg? Heb 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. Heb 10:15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; Heb 10:16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, Heb 10:17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie. Heb 10:18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie. Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jahshua Heb 10:20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, Heb 10:21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, Heb 10:22laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. Heb 10:23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; Heb 10:24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; Heb 10:25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. Heb 10:26Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, Heb 10:27 maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.

  7. Die Weg? Heb 10:28 As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; Heb 10:29 hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? Heb 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. Heb 10:31 Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. Heb 10:32 Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, ‘n groot lydensworsteling deurstaan het, Heb 10:33 gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge ‘n skouspel geword het, gedeeltelik omdat julle deelgenote geword het van die wat in so ‘n toestand verkeer het. Heb 10:34 Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself ‘n beter en blywende besitting in die hemele het. Heb 10:35Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie. Heb 10:36Want julle het lydsaamheid(geduld) nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry. Heb 10:37 Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie. Heb 10:38Maar die regverdige sal uit die geloof (vaste vertroue in wat nie gesien kan word nie) lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. Heb 10:39 Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe (sonder geduld in geloof, verlies van lewe).

  8. Waarvan praat Paulus, waarheen lei die Weg? Heb 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. die wet kan nooit tot die volmaaktheid lei nie Heb 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jahshua Christus, net een maal. ons geheilig deur die offer, net een maal Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God Hy het vir altyd gaan sit aan die regterhand van God Heb 10:15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; Heb 10:16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, Heb 10:17en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie. die Heilige Gees gee aan ons wette in hart, in verstand, en aan ons sondes en ons ongeregtighede sal Hy nooit meer dink nie

  9. Waarvan praat Paulus, waarheen lei die Weg? Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jahshua Heb 10:20 op die nuwe en lewende wegwat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, Heb 10:21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, Heb 10:22 laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. laat ons toetree met ‘n waaragtige hart, in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete, die liggaam gewas met rein water, om die heiligdom in te gaan op die nuwe en lewende wegwat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, aangesien ons ‘n groot Priester oor die huis van God het Waarheen lei die Weg, en wat is hierdie Weg waarvan gepraat word?

  10. Waarheen lei die Weg ons? Tot volmaaktheid – die wet kon dit nooit regkry nie En wat verkry ons deur volmaaktheid? Vrymoedigheid – deur ‘n rein gewete, en gewaste liggaam, en die wete dat ons ‘n Hoë Priester het. Vrymoedigheid om wat te doen? Om in die heiligdom in te gaan – deur die geskeurde voorhangsel

  11. Hoekom wil ons daar ingaan? Want daar is die lewe vir ons wat deur die Deur gekom het. Is daar ‘n korter, vinniger weg? Deur die venster is moontlik, maar deur die Deur is die Weg. En as ek vinniger deur die venster kan inkom? Dit is ‘n eie weg, dan sal jy sterwe binne in die allerheiligste

  12. Ek is die Weg! Joh 14:5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? Joh 14:6 Jahshua antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Joh 14:7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. Joh 14:8 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Joh 14:9 Jahshua sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken (herken) nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?

  13. Ek is die Weg! Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie. Joh 14:16En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: Joh 14:17die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Joh 14:18Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe (dan sal ons Hom weer sien). Joh 14:19 Nog ‘n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. Joh 14:20 In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle. Joh 14:21Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar (Ek sal my deur hom laat sien/ken). Joh 14:22 Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? Joh 14:23Jahshua antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Joh 14:24 Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het. Joh 14:25Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; Joh 14:26maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. Joh 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

  14. Ek is die Deur! Joh 10:1 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower. Joh 10:2 Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape. Joh 10:3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. Joh 10:4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Joh 10:5 Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie. Joh 10:6 Hierdie gelykenis het Jahshua aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie. Joh 10:7 Jahshua het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. Joh 10:8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Joh 10:9Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

  15. Iemand het ‘n kaart gemaak van die Weg Paulus verwys na hierdie volgorde en gebeure in Hebreers 10: kyk na die mooi kaart geteken in die woestynsand…..

  16. Tabernakel

  17. Die weg wat Jahshua gestap het Die waskom vir reiniging “Die Deur, / Ingang of Weg” Tafel met toonbrode Altaar vir sonde offer Eerste voorhangsel “Die Waarheid” Ark vd Verbond (met verborge manna ens) Reukoffer altaar Kandelaar wat verlig Vyf pilare by ingang na Heiligdom Tweede voorhangsel “die Lewe”

  18. 3-D Beginsel – ‘n nuut ingewyde Weg Allerheiligste geloof (volwassene) – 100% Heilige Geloof (tiener) – 60% Voorhof geloof (baba) – 30% Toekomstige, verligte denke, JHWH se weë Waarheid (Jahshua) Lewe (Jahshua) Weg (Jahshua) Offer-Lam (Jahshua) Reiniging (Jahshua) Logos - Woord (Jahshua) Sonde / oordeel / straf Bekering, berou, vergifnis Verborge manna – Rhema Woord Doop Lofprysing & aanbidding Handoplegging & HG doping Bedienings – Ef 4 Liggaam Gees Siel Feeste Pasga Tabernakels Pinkster

  19. Vyf pilare voor die Waarheid Efs 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, Efs 4:12om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, Efs 4:13totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; Efs 4:14sodat ons nie meer kinders sou wees niewat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; Efs 4:15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, Efs 4:16 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

  20. As jy jou eie weg uitwerk of vertrou op ander, is jy soos ‘n dier: Prd 3:19 Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en ‘n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs. Psa 49:7 Niemand kan ooit ‘n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie Psa 49:8 (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend), Psa 49:9 dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie. Psa 49:10 Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na. Psa 49:11Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name. Psa 49:12Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan. Psa 49:13 Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde ‘n behae het. Sela. Psa 49:20 Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.

  21. Van die pad af – groot probleme 2Pe 2:15Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, en die weg gevolg van Bíleam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het, 2Pe 2:16 maar die bestraffing van sy eie oortreding ontvang het: die stom lasdier het met die stem van ‘n mens gepraat en die waansinnigheid van die profeet verhinder. 2Pe 2:17 Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ‘n stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word. 2Pe 2:18Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel. 2Pe 2:19Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword. 2Pe 2:20 Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jahshua Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste. 2Pe 2:21 Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. 2Pe 2:22 Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.

  22. Voorbeelde van “vensterklimmers” A religious experience (sometimes known as a spiritual experience, sacred experience, or mystical experience) is a subjective experience in which an individual reports contact with a transcendent reality, an encounter or union with the divine. Such an experience often involves arriving at some knowledge or insight previously unavailable to the subject yet unaccountable or unforeseeable according to the usual conceptual or psychological framework within which the subject has been used to operating.Religious experience generally brings understanding, partial or complete, of issues of a fundamental character that may have been a cause (whether consciously acknowledged or not) of anguish or alienation to the subject for an extended period of time. This may be experienced as a form of healing, enlightenment or conversion. Many religious and mystical traditions see religious experiences (particularly that knowledge that comes with them) as revelations caused by divine agency rather than ordinary natural processes. They are considered real encounters with God or gods, or real contact with higher-order realities of which humans are not ordinarily aware.

  23. Baie skepsels “bestorm” die Koninkryk – slegs die wat die Weg bewandel sal dit oorleef.

  24. Liefde, lewe, siel – die DOOD se verpakking

  25. House of Reiki

  26. Die dinge wat die Weste besoedel vandag Jes 2:5 Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van JAHWEH! Jes 2:6 Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en van goëlaars soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel. Jes 2:7 En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan hulle skatte nie; en hulle land is vol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens nie. Jes 2:8 Ook is hulle land vol afgode; voor die werk van hul hande buig hulle hul neer, voor wat hulle vingers gemaak het. Jes 2:9 So moet dan die mens neergebuig en die man verneder word; en U moet hulle dit nie vergewe nie. Jes 2:10Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van JAHWEH en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil. • Hul wandel in die suister – nie op die Weg nie • Hul is vol van die gebruike van die Ooste af • Het goëlaars in hul midde • Hul verkoop kinders aan die Bose • Hul is baie materialisties – vol van goud en silwer • Het sterk militêre mag, en vertrou daarop • Vertrou op en aanbid die werk van hul eie hande

  27. Geestelikheid is niks – almal kan dit doen. 2Ko 11:13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. 2Ko 11:14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. 2Ko 11:15Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke. Maar om te oorleef in die Allerheiligste, vereis ‘n baie spesifieke voorbereiding, ‘n vormingsprosses so delikaat, dat slegs die wat die pelgrimstog van die Weg bewandel, en daarin volhard, dit sal oorleef. Bekende “geestelikes” wat dit nie oorleef het nie: Die Duiwel; Simon Magus; Farao se Towenaars; Tao se manne; Jewish mysticism (Kabbalah)

  28. Maar tog, o mens, wie is jy.........? Rom 9:18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. Rom 9:19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? Rom 9:20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? Rom 9:21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? Rom 9:22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, Rom 9:23juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, Rom 9:24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?

  29. Amen

More Related