170 likes | 396 Views
Verskillende Tipes Inligtingsbronne. Gepubliseerde werke Ongepubliseerde werke. Gepubliseerde Werke. Regeringspublikasies Tydskrifte Koerante Monografieë en handboeke Naslaanwerke Oudiovisueel Elektroniese media. Regeringspublikasies.
E N D
Verskillende Tipes Inligtingsbronne • Gepubliseerde werke • Ongepubliseerde werke
Gepubliseerde Werke • Regeringspublikasies • Tydskrifte • Koerante • Monografieë en handboeke • Naslaanwerke • Oudiovisueel • Elektroniese media
Regeringspublikasies • Amptelike publikasies uitgereik deur Staatsowerhede • Voorbeelde: • Wette • Staatskoerante • Debatte van Parlement (Hansard)
Tydskrifte • Tydskrifte: verskyn deurlopend op vasgestelde tye en die inhoud fokus in die algemeen op navorsingsresultate • Die woord “tydskrif/journal” is nie altyd deel van die titel nie, bv. • South african medical journal • New scientist
Koerante • Koerante verskyn of daagliks, weekliks of maandeliks • Inhoud bestaan uit nuus, opinies, advertensies en ander aktuele sake • Suid-afrikaanse koerant artikels word deur die SAMedia geindekseer en is in die AI beskikbaar
Handboeke / Monografiee Handboeke is publikasies wat ‘n spesifieke onderwerp omvattend bespreek
Naslaanwerke • Woordeboek (bv. Dorlands medical dictionary, HAT, Dictionary of medical syndromes) • Ensiklopedieë (bv. Encyclopaedia of bioethics, Encyclopaedia of occupational health and safety) • Biografieë (bv. Medical sciences international who’s who) • Jaarboeke (Suid-Afrikaanse jaarboek, Yearbook 2001 United Nations) • Adresboeke (The World of Learning 2001)
Oudiovisuele materiaal Media soos byvoorbeeld oudiokasette en videos
Elektroniese Materiaal • Inligting wat elektroniese beskikbaar is • CD Rom programme (bv. Heart sounds & murmurs, Procedural skills…) • eBoeke (Textbook of pediatrics, The 5-minute consult, Harrison’s textbook of internal medicine…) • eTydskrifte (Lancet, British medical journal)
Ongepubliseerde werke • Menslike inligtingsbronne • Verhandelinge / Proefskrifte • Verslae • Grys literatuur • Inligting op die Internet • Epos
Menslike Inligtingsbronne • Dosente • Kollegas • En ander
Verhandelinge / Proefskrifte • Navorsing wat deel uitmaak van ‘n akademiese kursus vir ‘n graad • Kopie gewoonlik in die relevante universiteitsbiblioteek beskikbaar
Verslae / Vorderingsverslae • Skriftelike beskrywing van ‘n voltooide navorsingsprojek of ‘n tussentydse
Grys Literatuur Inligting wat nie gewoonlik deur boekwinkels beskikbaar is nie, bv. Verslae, manuskripte en patente.
Vir die herwinning van inligting • Sekondêre inligtingsbronne wat gebruik kan word om inligting te herwin • Bibliografieë (bv. Bookfind, Books in Print) • Indekse (bv. Medline, African Health Anthology)
Hoe om inligting in die biblioteek op te spoor • Gebruik die biblioteek katalogus (UP Explore) om boeke, tydskrifte en elektroniese media, wat die biblioteek aangekoop het op te spoor
Hoekom biblioteekopleiding? • Voel julle so as julle inligting in die biblioteek moet soek? Na vandag: YOU WILL SURVIVE!