1 / 20

Dit is die Opdrag

Dit is die Opdrag. ….waarmee hou jy jou self besig?. As ek elk van die luisteraars vra. ...wat is jou opdrag?. As ek jul vra. ....wat was Jahshua se opdrag?. Wie het gehoor toe Hy sy opdrag in die hemele ontvang het?.

Download Presentation

Dit is die Opdrag

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Dit is die Opdrag ….waarmee hou jy jou self besig?

  2. As ek elk van die luisteraars vra... ...wat is jou opdrag?

  3. As ek jul vra...... ....wat was Jahshua se opdrag?

  4. Wie het gehoor toe Hy sy opdrag in die hemele ontvang het? Joh 17:18 Soos U my gestuurG649 het in die wêreld, ……. [to send out (properly on a mission)] Is daar verskil tussen die opdrag aan Hom, en die opdrag aan ons elk? Joh 17:18 ……..het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. Moet ons weet wat die opdrag aan Jahshua was – is dit belangrik om te weet? Joh 15:15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.

  5. Het Jahshua Sy opdrag voltooi? Joh 17:4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring. Is daar nog iets oor wat ons moet doen? Joh 6:28 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?Joh 6:29 Jahshua antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom (Jahshua) glo wat Hy gestuur het. Mat 24:13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

  6. Maar daar is tog nog dinge uitstaande wat Hy moet doen – bv met Sy wederkoms, die Bruilof, die Oordeel, en yster septer en die wit perd? Opn 14:12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jahshua bewaar (vashou aan). Opn 14:13 En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af (van dat die Seun Sy opdrag voltooi het) die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle. Opn 14:14 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp sekel. Opn 14:15 En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. Hy het dus alles kom voltooi wat ‘n landbouer doen om ‘n oes in die oestyd te verseker – maar die oes self neem tyd, en die lande verg versorging, en dit alles gebeur na Sy vertrek na die troonkamer (na ‘n vêr land om die Koningskap te ontvang). Maar die opvraging van Sy oes – dit kom doen Hy aan die einde.

  7. Jahshua het min tyd gehad, om baie te doen. Elke woord was geweeg, elke uitspraak en handeling doelgerig om alles af te handel wat nodig was om Sy opdrag te voltooi. Op die vraag: “Wanneer ons met JHWH spreek, en ons woorde tot in die allerheiligste opstuig om gehoor te word deur JHWH en al die heilige wesens wat daar binne Sy troonkamer is, watter sake moet ons aanraak, wat moet ons belangrik genoeg ag om te sê, en te vra?”

  8. Wat antwoord Jahshua? Mat 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, Soos (dit reeds) in die hemel (is, laat dit) net so ook op die aarde (volbring word) ; Mat 6:11gee ons vandag ons daaglikse brood (gee ons ‚n Voorsiener); Mat 6:12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe (gee ons ‚n Offerlam); Mat 6:13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose (gee ons ‚n Leidsman). Want aan U behoort(nou reeds) die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid (van voor tyd, tot na tyd – altyd - tydloos). Amen.

  9. Jahshua se OPDRAG • laat u Naam geheilig word; (heilig U naam – Hallowed be thy name) • laat u koninkryk kom; (U koninkryk kom – Thy kingdom come) • laat u wil geskied, (U wil word gedoen – Thy will be done) • Come - G2064 - er'-khom-ahee to come or go - accompany, appear, bring, come enter, fall out, go, grow, resort, be set. • Be done - G1096 - ghin'-om-ahee to causetobe, to become (comeintobeing), - arise be assembled, be brought (to pass), (be) come (to pass), continue, be divided, be done, draw, be ended, fall, be finished, follow, be found, be fulfilled, grow, happen, have, be kept, be made, be married, be ordained to be, partake, pass, be performed, be published, require, seem, be showed. JHWH se naam perfek, skoon, onskuldig, edel te maak, herstel (clean, that is, innocent, modest, perfect: - chaste, clean, pure. JHWH se adelstand, reik, regering, gesagstruktuur (royalty, rule, realm, kingdom, reign) tot stand kom JHWH se keuse, begeerte, vreugde, dekreet (choise, decree, desire, pleasure, will) tot uitvoering kom, bekend maak Op aarde – by die Adam

  10. U naam geheilig word Joh 12:27 Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom. Joh 12:28Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe ‘n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik. Joh 12:29 En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar ‘n donderslag gewees het. Ander het gesê: ‘n Engel het met Hom gespreek. Joh 12:30 Jahshua antwoord en sê: Hierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar om julle ontwil. Joh 12:31Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.

  11. Die wil van JHWH Heb 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. Heb 10:2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. Heb 10:3 Maar in dié offers is daar jaar na jaar ‘n herinnering aan die sondes; Heb 10:4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem. Heb 10:5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei. Heb 10:6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. Heb 10:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God. Heb 10:8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word— Heb 10:9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel. Heb 10:10Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jahshua Christus, net een maal. Mat 26:39 En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.

  12. Die Koninkryk wat naby gekom het: Mat 3:1 In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa Mat 3:2 gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom (die koms van die Een wat die Koninkryk in julle bereik plaas, is naby) . Mat 3:3 Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit! Mar 1:13 En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien. Mar 1:14 En nadat Johannes oorgelewer was, het Jahshua in Galiléa gekom en die evangelie (blye boodskap) van die koninkryk van God verkondig Mar 1:15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom (G1448 nader gebring, naby laat kom) ; bekeer julle en glo die evangelie.

  13. Die Koninkryk wat naby gekom het: Luk 10:1 En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. Luk 10:2 Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes(eie geslag – Mal 2:15) uitstuur. Luk 10:3 Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe. Luk 10:4 Moenie ‘n beurs of ‘n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie. Luk 10:5 En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis! Luk 10:6 En as dáár ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer. Luk 10:7 Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie. Luk 10:8 En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word. Luk 10:9 En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.

  14. Wat moet ons hier verstaan? Efs 2:10 Want ons (die wat vêr was, en die wat naby was) is sy maaksel, geskape inChristus Jahshua tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. Efs 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, Efs 2:12dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Efs 2:13Maar nou in Christus Jahshua het julle wat vroeër ver was, naby gekom (albei is nou naby) deur die bloed van Christus. Efs 2:14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding (tussen die wat vêr was, en die wat naby was) afgebreek het Efs 2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap(tussen die wat in die wet, en die wat nie onder die wet was) tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan (dit is die bron van vyandskap) ; sodat Hy, deur vrede te maak (tussen die wat vêr en naby was) , die twee in Homself tot een nuwe mens (Adam) kon skep Efs 2:16 en albei in een liggaam (gemeente) met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan (aan die kruis) die vyandskap (wat in die wet gesetel was) doodgemaak het.Efs 2:17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; Efs 2:18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. Efs 2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, Efs 2:20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jahshua Christus self die hoeksteen is, Efs 2:21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, Efs 2:22 in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.

  15. Wat moet ons hier verstaan? Efs 2:4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, Efs 2:5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— Efs 2:6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jahshua,

  16. Ons het nou binne bereik van die Koninkryk gekom – burgerskap verkry. Fil 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jahshua Christus, Fil 3:21wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp. Opn 21:1 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. Opn 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. Opn 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.Opn 21:4En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

  17. Hoekom was die uitsortering van die kwessie van die “vêr” so belangrik alvorens die Koninkryk binne bereik kon kom? Mat 23:1 Toe het Jahshua die skare en sy dissipels toegespreek Mat 23:2 en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses. Mat 23:3 Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie. Mat 23:4 Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie. Mat 23:13 Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie (deur die las van slawerny onder die wet van gebooie wat in insettinge bestaan, soos ‘n pak op hul skouers te plaas).

  18. Ons is uitgekies, aangestel, en onder bevel......om die vrug te dra, waarvan die versamelnaam, liefde is. Joh 15:14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. Joh 15:15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. Joh 15:17Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.

  19. Twee keer sy kinders – geskape, en bestaan. Opn 4:11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid (Koningskap)en die eer(Naam) en die krag (wil), want U het alles geskape en deur u wil bestaan(gaan hul voort) hulle en is hulle geskape(het hul begin).

  20. Amen

More Related