290 likes | 2.39k Views
TAALFOKUS: Voornaamwoorde. Waarom gebruik ons voornaamwoorde?. Voornaamwoorde help jou om taal bondig, grammatikaal korrek en sonder onnodige herhaling te gebruik. Wat is ‘n voornaamwoord?.
E N D
Waarom gebruik ons voornaamwoorde? • Voornaamwoorde help jou om taal bondig, grammatikaal korrek en sonder onnodige herhaling te gebruik.
Wat is ‘n voornaamwoord? • Die voornaamwoord (vnw.) tree meestal as ‘n plaasvervanger op vir (in die plek van) selfstandige naamwoorde.
Persoonlike voornaamwoord • Dit verwys na (staan in die plek van) mense, diere en dinge: • Dit kan die onderwerp of die voorwerp van ‘n sin wees: • In die enkelvoud is daar dikwels ‘n verskil tussen die onderwerps- en die voorwerpsvorm. • Vir lewelose dinge gebruik ons manlike vorme: (nie ditnie) • My, jou, sy, haar, u, ons, julle, hulle Piet/Linavind meer uit ooromgewingsake • Hy/Sy vind meer uit oor omgewingsake. • Ek wil met hom/haar praat. • Dit is duidelik dat mariene besoedeling ‘n groot probleem is. • Ek wil nie met die motor ry nie, want hy besoedel die lug te veel. / Ek pas my motor op en was hom gereeld.
Die besitlike voornaamwoord • Dit dui besitting aan. • Dit is my/jou/sy/ haar/u/ons/julle/hulle plig om die omgewing te bewaar. • Die boeke is myne/joune/syne/hare/u s’n/ons s’n/julle s’n/hulle s’n. • Die spreker se toespraak was oortuigend. • Sy toespraak ...
Die betreklike voornaamwoord • Dit het betrekking op (verwys na) ‘n s.nw. wat vroeër in die sin staan. • Dit tree dus op as ‘n verbindingswoord tussen sinne en bysinne. • Ons gebruik wat vir mense, diere en dinge. • Ons gebruik net wie vir mense saam met ‘n voorsetsel. • Die persoon wat die toespraak lewer, is ‘n goeie spreker. • Die persoon lewer ‘n toespraak. Die persoon is ‘n goeie spreker. • Die onderwerp waaroor sy praat, is belangrik. • (nie oor wat nie) • Die stoel waarop hy ry, gaan breek. • (nie op wat nie) • Die kinders wat bottels herwin, het ‘n donkiewat hulle inspan voor die karretjiewat daar buite staan. • Die meisie nawie hy verwys, weet baie van herwinning.
Die vraende voornaamwoord • Dit staan aan die begin van ‘n vraagsin, soms saam met ‘n voorsetsel. • Toets: Jy moet ‘n s.nw. (of ander vnw.) as antwoord kan gee op die vraag. • Wie is verantwoordelik vir al die besoedeling? • Ons (vnw.) √ • Mense (s.nw.) √ • Waaroor handel die toespraak? • Oor seebesoedeling . (s.nw.) √ • Op wie is die toespraak gerig? • Op alle mense. • Hoekom is daar soveel besoedeling? • Antwoord is nie ‘n s.nw./vnw. nie. ×. Hoekom is wel ‘n vraagwoord, maar nie ‘n vraende voornaamwoord nie.
die onpersoonlike voornaamwoord • Net twee: dit, daar • dit word gewoonlik saam met natuurverskynsels gebruik • daar word dikwels aan die begin van ‘n sin in die lydende vorm gebruik. • Dit reën / storm / hael / sneeu. • Daar word dikwels rommel in die see gemors.
die onbepaalde voornaamwoord • Dit dui nie op bepaalde (spesifieke) mense of dinge nie. • ‘n Mens moet bewus wees van besoedeling. • Enigeen kan aan ‘n oplossing probeer dink. • Hulle/Die mense sê dis die regering se verantwoordelikheid.
die wederkerende voornaamwoord • Dit kom voor wanneer die onderwerp en die voorwerp van die sin dieselfde mens, dier of ding is. • Die woord self word net saam met die wederkerende vnw. gebruik as daar onduidelikheid kan wees oor wie die voorwerp van die sin is. • Hy het hom lelik misgis. • Sy het haar verbeel sy hoor iets.
die wederkerige voornaamwoord • Waar die handeling wederkerig is (wat ek aan jou doen, doen jy aan my). • Net twee: • Hulle moet mekaar help. • Hulle moet die een die ander help.
die aanwysende voornaamwoord • Dit tree nie (soos die ander vnwe.) in die plek van ‘n s.nw. nie,aar tree saam met ‘n s.nw. op waarna dit verwys. • In hierdierivier is baie besoedeling. • Sulke nalatige optrede benadeel almal. • Diéstudie wys dat dinge baie sleg gaan.