110 likes | 543 Views
MEIOSE EN GENETIESE VARIASIE. Inleiding. Gene. DNA word georganiseer in chromosome. Gene het spesifieke plekke op chromosomes. Konsep van Oorerwing. Oorerwing – manier hoe genetiese inligting oorgedra word na die nakomelinge / volgende geslag
E N D
MEIOSE EN GENETIESE VARIASIE Inleiding
Gene • DNA word georganiseer in chromosome. • Gene het spesifieke plekke op chromosomes.
Konsep van Oorerwing • Oorerwing – manier hoe genetiese inligting oorgedra word na die nakomelinge / volgende geslag • Chromosoomteorie van oorerwing: chromosome dra gene. • Gene – “eenheid van oorerwing”.
Geslagtelike voortplanting • Versmelting van twee gamete om ‘n enkele sigoot te produseer. • Veroorsaak groter genetiese variasie, laat genetiese rekombinasie plaasvind. • Met die uitsondering van selfbe-vrugtende organismes (bv. sommige plante), het sigote gevorm van gamete van twee verskillende ouers.
Homoloë chromosome • Chromosome bestaan uit homoloë pare chromosome in diploïede selle. homoloog Homoloëpaar homoloog Uitsondering: Geslagschromosome (X, Y). Ander chromosome staanbekend as outosome chromosome, hulle het homoloë pare.
By die mens • 23 chromosome vanaf elke ouer (totaal = 46 of 23 pare). • Gamete (sperm/ova): • Bevat 22 outosomes en 1 geslagchromosoom. • Is haploïed ( getal “n” = 23 in mense). • Resultaat van bevrugting is ‘n sigoot met 2 haploïede stelle chromosome - nou diploïed. • Diploïede sel; 2n = 46. (n=23 in mense) • Meeste selle in die liggaam word geproduseer deur mitose. • Slegs gamete word deur meiose geproduseer.
Chromosoomgetalle Almal is ewe getalle – diploïed (2n) stelle van homoloë chromosome! Ploïedie = aantal kopieë van elke chromosoom. Diploïedie
Meiose en geslagtelike lewenssiklus Organisme (2n) • Lewensiklus = volgorde van stadiums in organismes se voort-plantingsgeskiedenis; bevrugting tot voorplanting. • Somatiese selle = enige sel behalwe gamete, meeste van die selle in die liggaam. • Gamete word deur meiose geproduseer. Mitose Sigoot (2n) Meiose (n) Ovum Sperm Algemene lewensiklus van diere
HaploïedeMosplant of Varing (gametofiet) Gametofiet (n) Mitose n spores Gamete (n) Meiose Bevrugting (2n) Sporofiet (2n) Uitsondering: Gamete gevorm deur mitose
Terme • sentriool • sentromeer • oorkruising • gameet • meiose • sigoot