1.02k likes | 4.87k Views
Woordsoorte. Woordsoortonderskeiding. Die woorde van ‘n taal word in die volgende groepe woordsoorte of rededele ingedeel. Die selfstandige naamwoord (s.nw.) Die voornaamwoord (vnw.) Die byvoeglike naamwoord (b.nw.) Die lidwoord (lw.) Die telwoord (telw.) Die werkwoord (ww.)
E N D
Woordsoorte Woordsoortonderskeiding
Die woorde van ‘n taal word in die volgende groepe woordsoorte of rededele ingedeel. • Die selfstandige naamwoord (s.nw.) • Die voornaamwoord (vnw.) • Die byvoeglike naamwoord (b.nw.) • Die lidwoord (lw.) • Die telwoord (telw.) • Die werkwoord (ww.) • Die bywoord (bw.)
Die selfstandige naamwoord n Selfstandige naamwoord dui die naam van iets aan en tree altyd op as n onderwerp of voorwerp in n sin.
Soorte Selfstandige naamwoorde • Eiename – dui n besondere persoon of saak aan, bv. Paris Hilton, Hollywood, Brad Pitt, ens.
Soortname Dui n voorwerp aan wat tot n sekere groep of klas dehoort, bv. Man, son, hond, blom.
Afgetrokke (abstrakte) s.nw. Verwys na ontasbare begrippe en nie-sintuiglike ervarings, bv. Liefde, vriendskap, ambisie, wysheid.
Stofname (massaname) Verwys na n gelyksoortige materiaal of grondstof, bv. Silwer, koper, sand, wol ,hout.
Maatname verwys na inhoudsmate, bv. n bord kos, n sak mielies, n koppie suiker, n lepel botter.
Versamelname Verwys na begrippe wat meer as een persoon of saak omvat,bv. Direksie, swerm, snoer.
Oefening • Noem drie voorbeelde van elke soort selfstandige naamwoord. (Kyk of jy die voorbeelde kan maak met betrekking op filmsterre.)
Die Voornaamwoord Voornaamwoorde is gewoonlik plaasvervangers vir selfstandige naamwoorde.
Die persoonlike voornaamwoord • Persoon of persone (ek,jy,u,sy,ons,julle,hulle) het die vakansie geniet. • Dier of diere Die kat slaap op die bank. Hy is mak. • Ding of dinge Die roomys is lekker. Gee dit vir die kinders.
Die besitlike voornaamwoord • Dui besitter aan (Attributief en Predikatief) • Attributief-Dis my,jou,ons fiets. • Predikatief-Die fiets is myne,joune,ons s’n,julle s’n.
Die vraende voornaamwoord • Word gewoonlik in n vraagsin gebruik. • Wie loop daar? • Aan wie skryf jy? • Watter huis verkoop jy? • Kom ook voor in stelsinne. • Hy vra wie loop daar. • Hy wil weet aan wie skryf jy.
Die Aanwysende voornaamwoord • Vestig die aandag op n bepaalde persoon of saak. • Hierdie,die,Daardie,sulke,dit, dieselfde
Die betreklike voornaamwoord • Het betrekking op n persoon,persone,n saak,sake • Van wie,waarvan,op wie,waarop,wat,waaroor.
Die onbepaalde voornaamwoord • Verwys nie na n bepaalde persoon of saak nie. • Iemand,niemand,n mens,die een,party,iets,niks
Die wederkerende voornaamwoord • Wanneer die onderwerpen die voorwerp van n sin na een en dieselfde persoon verwys. • Ek skaam my. • Sy ontstel haar maklik. • Hy verwonder hom. • Hy was homself.
Die onpersoonlike voornaamwoord • Daar is slegs twee onbepaalde voornaamwoord in Afrikaans, nl. Dit en Daar • Daar was eendag. • Dit reen.
Die byvoeglike naamwoord • As die byvoeglike naamwoord voor die selfstandige naamwoord staan wat hy bepaal-attributief.Hy woon in n mooi huis. • As n byvoeglike naamwoord na die selfstandige naamwoord staan wat hy bepaal-predikatief.Sy huis is mooi.
Die Lidwoord • Word altyd gebruik saam met n selfstandige naamwoord. • Die Onbepaalde lidwoord: Die man. • Onbepaalde lidwoord: n man. • Ou Nederlandse vorme: de, des, den.
Die Telwoord • n telwoord word saam n selfstandige naamwoord of voornaamwoord gebruik.
Soorte telwoorde • Hooftelwoord: Hoeveel is daar? • Bepaalde hooftelwoord, een, tien, ses • Onbepaalde hooftelwoord, baie, min • Rangtelwoord: nie presies hoeveel nie! • Bepaalde rangtelwoord, tweede, sesde • Onbepaalde rangtelwoord, laaste, eerste.
Die werkwoord • Noem die handeling van n sin-speel • Druk n toestand uit-slaap • Dui op verandering van toestand-sterf
Soorte werkwoorde • Selfstandige werkwoord: kan aleen staan, Piet slaap, eet,werk. • Hulpwerkwoord: Help die selfstandige werkwoord, Piet het geslaap.Die roos word gesnoei. • Koppelwerkwoord: Koppel twee sinne, Dit is sy. Die blom lyk mooi.
Die Bywoord • Bywoord van plek: Dit reen orals. • Bywoord van tyd: Hy sal netnou. • Bywoord vanwyse: Hy werk sing-sing. • Bywoord van graad: Hy stap uiters stadig.