240 likes | 1.27k Views
Die Bekendstelling van ‘n Brandgevaarpeilingstelstel vir Suid-Afrika. LWR 314. Vuur (vir die wat nie geweet het nie):. Deur die antieke Grieke beskou as een van die hoofelemente in die heelal. Dit is ‘n sigbare, tasbare newe-effek van materie wat fase verander.
E N D
Die Bekendstelling van ‘n Brandgevaarpeilingstelstel vir Suid-Afrika LWR 314
Vuur (vir die wat nie geweet het nie): • Deur die antieke Grieke beskou as een van die hoofelemente in die heelal. • Dit is ‘n sigbare, tasbare newe-effek van materie wat fase verander. • Ontstaan uit ‘n chemiese reaksie tussen suurstof in die atmosfeer en een of ander tipe brandstof. • Die brandstof moet egter sy “ontbrandingstemperatuur” bereik.
LUG HITTE VUUR BRANDSTOF Die Vuurdriehoek
Faktore wat Vuurgedrag beïnvloed • Brandstof - Fynheid - Struktuur van die brandstof bedding (hoogte, digtheid & kontinuïteit) - Hoeveelheid (brandstoflading) - Voginhoud - Tipe plantegroei • Terrein - Helling & Aansig • Weer - Reënval - Lugtemperatuur - Relatiewe Humiditeit - Windspoed
Daar is ‘n interaksie tussen vure en hul omgewing • Die chemiese reaksies in ‘n vuur genereer baie nuwe hitte wat die vuur onderhou. • Bosbrande kan hul eie winde genereer, wat die vlamme aanjaag.
Uitwerkings van Vuur • Positiewe Impakte - Stel minerale in grond vry - Berei saadbeddings voor vir ontkieming - Sneller vir sommige plantspesies om sade los te laat - Help om gemeenskapstruktuur & -samestelling te bepaal • Negatiewe Impakte - Impak op ekosisteme (verlies aan plantegroei, impak op dierelewe, versnelde erosie ens.) - Lugkwaliteit (gesondheid, sigbaarheid) - Esteties nie mooi nie - Ekonomiese verliese
Brande in die Vrystaat: 2003 • Tot met middel Oktober is 219 000 ha of 1.68% van die provinsie geraak. • Beeste gebrand: 87 • Skape gebrand: 315 • Wild gebrand: 215 • Perde gebrand: 11 • Mense gebrand: 6 • Lewensverlies: 5 • Huise vernietig: 42
Wat word benodig vir ‘n Brandgevaarpeilingstelsel (BGPS) ? • Die vermoë om heeltyd die toestande te monitor wat brandgevaar beïnvloed. • Die vermoë om gebiede af te baken wat deur hoë brandgevaartoestande geaffekteer word. • Die vermoë om relevante faktore in ag te neem, met gebruik van gepaste formules. • Die vermoë om hoë brandgevaar te identifiseer. • Die vermoë om die brandgevaarpeiling en gepaste noodsaaklike voorkomings effektief te kommunikeer.
Aanbevole afsny-waardes vir die BGPS Gebaseer op die statistiese verspreiding: ≥ 99 persentiel: Uiters Hoog ≥ 95 persentiel: Baie Hoog ≥ 90 persentiel: Hoog ≥ 75 persentiel: Matig < 75 persentiel: Laag
Laeveld BGI – Kategorieë • 0 – 20: BLOU (Veilig) • 21 – 45: GROEN (Matig / Gemiddeld) • 46 – 60: GEEL (Gevaarlik) • 61 – 75: ORANJE (Baie Gevaarlik) • 76 – 100: ROOI (Uiters Gevaarlik)
Dankie Alle foto’s verkry van CSIRO webblad (http://www.ffp.csiro.au)