200 likes | 438 Views
God nooi ons uit en ons kom tot rus. Rus My geloof, die lamp wat U aangesteek het om my voete in die donker te lei, praat in my hart en vra: Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Sy woord is die lamp wat my die weg wys.
E N D
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Rus My geloof, die lamp wat U aangesteek het om my voete in die donker te lei, praat in my hart en vra: Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Sy woord is die lamp wat my die weg wys. (uit Ps 119 – Augustinus Belydenisse)
Here – as ons tog maar netop ’n vaste koers kan blyen ons aan u voorskrifte kan hou!As ons al u gebooie in ag neem, sal ons nooit raadop wees nie.U bepalings is regverdig.Doen goed aan u diensknegte,dan sal ons leween u Woord gehoorsaam.Maak ons oë oopsodat ons die kragtige werking van u wet ervaar.
Hier op aarde is ons net op u beskerming aangewese:Laat ons tog nie sonder u gebooie wees nie.Ons hou vas aan u verordeninge, Here,moet tog nie dat ons lewe’n teleurstelling word nie.Onthou tog u woord aan ons,die woord waarop U ons laat hoop het. Dit is die troos in ons ellende:dat u belofte ons in die lewe hou.
U woord, Here, staan vir altyd vasin die hemel.U trou is van geslag tot geslag;U het die aarde gemaak, en dit staan vas.Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas,alles is aan U onderworpe.U woord is die lamp wat ons die weg wys, die lig op ons pad.Laat ons lewe dat ons U kan loof. Amen.
'n Nuwe lied vir ons lewe Groot is u trou, o Heer, groot is u trou, o Heer! Daagliks sien ek u genade ontvou.U hand versorg my in nood en in lyding.Ek staan verstom voor u liefde en trou.
Reël van dankbaarheid – Deuteronomium 6 en 11. V: Hierdie woorde van die Here moet julle lewe vul. G: Ons bind dit vas aan ons hande. V: Dit moet ’n merk op julle voorkoppe wees. G: Ons leer dit vir ons kinders. V: Skryf dit op julle deurkosyne. G: Ons skryf dit op die stadspoorte. V: Dan sal julle geseënd wees. G: Amen
Verbintenis Here, U het u kerk lief.U het al die mense wat u kerk op aarde vorm,baie, baie lief.Ons prys U daarvoor.Dankie dat die kerk aan U behoort;dat U dit self bou en in stand sal hou.Daarom wil ons nou met gerustheidopnuut die kerkmet al ons foute en swakhede én mooi ideale aan U opdra.
Maak met ons wat U dink goed en reg is vir nou.En laat u Gees ons dryf, Here,om te kom waar U ons wil hê.Begenadig ons om ons oop te stelvir u onverwagte, nuwe, vars leidingdeur die kragtige werking van u Heilige Gees. Amen. (Piet Naudé: Geesgedrewe Gelowiges).
Volgende erediens 17 Julie 2011 – Vyfde Sondag in Koninkrykstyd – Genesis 28:10-19a.