170 likes | 500 Views
God nooi ons uit en ons kom tot rus. Rus Kom, alles wat groot is in die skepping, kom, prys die Here! kom, berg Kilimandjaro en Victoriameer, kom, Skeurvallei en Serengeti-vlakte, kom, vet kremetarte en mangobome, geelhoutbome en amaroelas, kom, loof die Here!
E N D
Rus Kom, alles wat groot is in die skepping, kom, prys die Here! kom, berg Kilimandjaro en Victoriameer, kom, Skeurvallei en Serengeti-vlakte, kom, vet kremetarte en mangobome, geelhoutbome en amaroelas, kom, loof die Here! Jubel en juig in Hom vir ewig en ewig.
Kom, al julle kleintjies: Werkende swart miertjies en dansende vlinders, besige paddavissies en lieweheerbesies; kom, julle springende sprinkane en spattende waterdruppels; kom, stuifmeelspikkels en vuurvliegies, grassade en alle ander plantjies, kom, loof die Here! Jubel en juig in Hom vir ewig en ewig. Amen. (Uit: Van Rensburg, Ewald, God seën Afrika, Lux Verbi 2009, bl 61-62.)
Martelaarskap • Uitgediende idee? • Stefanus boet met sy lewe – omdat hy godsdienstige tradisies aanvat
Vandag in die kerk • Die kerk maak dikwels sy eie mense martelaars • Gestenig oor die Belharbelydenis? • Ons stenig nie met klippe nie …
In sy teenwoordigheid weet ons waarvoor ons bereid moet wees om te sterf
Goeiemôre, Here! Ek is lief vir U. Wat gaan U vandag doen? Ek wil graag deel daarvan wees! Dankie, Here! Amen. (Uit: God seën Afrika, Lux Verbi 2009, bl 224.)
God stuur ons om te leef Ek is net 'n vonkie, maak my 'n vuur, Here! Ek is net 'n snaar, maak my 'n ramkietjie. Ek is net 'n druppel, Here, maak my 'n fontein.
Ek is net 'n molshoop, maak my 'n berg. Ek is net 'n veertjie, maak my 'n vlerk. Ek is net 'n bedelaar, Here, maak my die Koning se kind! Ek loof U, want U het my gebed verhoor. Amen. (Uit: God seën Afrika, Lux Verbi 2009, bl 66.)
Volgende eredienste 29 Mei 2011: Sesde Sondag in Paastyd (Hand 17:22-31). 2 Junie 2011: Hemelvaart-feesdiens (Ps 47).
Hennie van Deventer Hans Steyn Pieter Fourie Danny Fourie Francine van Niekerk