1 / 32

andreas van wyk ba llb cl bphil cl stell lld cl leiden lld hcleuven buitengewone professor in handelsreg, rektor en vise

NB: DIE ONDERWERP IS SO OMVANGRYK DAT HIERDIE EINTLIK NIE VEEL MEER AS

omer
Download Presentation

andreas van wyk ba llb cl bphil cl stell lld cl leiden lld hcleuven buitengewone professor in handelsreg, rektor en vise

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


    1. ANDREAS VAN WYK BA LLB (cl) BPhil (cl) (Stell) LLD (cl) (Leiden) LLD (hc)(Leuven) Buitengewone professor in Handelsreg, Rektor en vise-kanselier emeritus, Universiteit Stellenbosch DIE NUWE MAATSKAPPYWET 71VAN 2008 ‘n Problematiese breuk met die verlede AHI HOOFBESTUUR, Kaapstad: 19 Maart 2010

    3. NB: DIE ONDERWERP IS SO OMVANGRYK DAT HIERDIE EINTLIK NIE VEEL MEER AS ‘N WOORDEBOEK EN INHOUDSOPGAWE IS NIE. TOT DUSVER GEEN AMPTELIKE AFRIKAANSE TEKS NIE. WEL NIE-AMPTELIKE VERTALING DEUR SAICA EN BLYKBAAR IS AMPTELIKE AFRIKAANSE TEKS IN WORDING

    4. ASPEKTE WEL KORTLIKS BESPREEK TYDENS HIERDIE AANBIEDING Algemene agtergrond van hervorming Trefwydte van wet Tipes maatskappye en oprigting Maatskappye sonder winsoogmerk Kapitalisasie Bestuur (“governance”),en ontwerp van King III Aandeelhouersremedies Finansiële state en ouditering Sakeredding (“Business rescue”) “Fundamentele transaksies” Nuwe en omvormde reguleerders

    5. ONDERWERPE NIE AANGERAAK NIE Voorinlywingskontrakte (art 21) Maatskappye se handelingsbevoegdheid (arts 19 & 20) Buitelandse maatskappye (arts 1 & 23) Maatskappyname (arts 11 & 12) Oordrag van sekuriteite (Hoofstuk 2E: arts 49 – 56) Openbare aanbiedinge van sekuriteite (Hoofstuk 4: arts 95 – 111) Vrywillige likwidasie en deregistrasie (Hoofstuk 2G: arts 79 – 83) Skikkings met skuldeisers (Hoofstuk 6: art 155) Misdade (Hoofstuk 9: arts 213 – 222)

    6. DIE AANLOOP Eerste nasionale SA Maatskappywet in 1926 Gebaseer op Britse model, soos alle daaropvolgende wysigingswette 1926-wet vervang deur die huidige Maatskappywet 61 of 1973, wat in sommige opsigte van die Britse model afgewyk het Talle wysigings sedert 1973, veral in 1999 rakende kapitaalhandhawing, waar Amerikaanse invloed blyk In 1984 aangevul deur afsonderlike Wet op Beslote Korporasies, wat in praktyk baie suksesvol is

    7. DIE AANLOOP (vervolg) Algemene aanvaarding dat Wet van 1973 verouderd is en vervang behoort te word Drie afsonderlike, maar verbandhoudende, aksies sedert 2004 aan die gang op dié gebied, wat verwarring en onsekerheid veroorsaak het 1. Poging om totaal nuwe Maatskappywet te skryf 2. Tussentydse reaksie op ENRON-skandaal (en SA ekwivalente) 3. Planne vir nuwe selfregulerende King III-kode

    8. DIE BELEIDSDOKUMENT VAN MEI 2004 In Mei 2004 publiseer die departement van Handel en Nywerheid (H & N) vir openbare kommentaar beleidsriglyne vir ‘n nuwe Suid-Afrikaanse Maatskappyereg (South African Company Law for the 21st Century: Guidelines for Corporate Law Reform) Is in H & N self opgestel met hulp van adviseurs (o a Amerikaans en Kanadees) en met uitsluiting van die statutêre Staande Advieskomitee oor Maatskappyereg In beleidsriglyn voorsien dat konsepwetsontwerp in Desember 2005 gepubliseer sal word en dat nuwe Wet in Junie 2006 in werking sal tree Tydsberekening was van begin af onrealisties

    9. VERDERE VERLOOP Tussentydse Wysigingswet op Korporatiewe Wette van 2006 (in werking vanaf Desember 2007) Ná publikasie van baie swak en omstrede eerste (byna) volledige wetsontwerp in Februarie 2007 en die negatiewe kommentaar wat daarop gelewer is, grotendeels stilswye Tweede poging, met sterker Suid-Afrikaanse insette en min verband met beleidsdokument van 2004, in Junie 2008 gepubliseer Anders as met die Van Wyk de Vries-kommissie in 1973 is daar GEEN omvattende begeleidende verslag nie; slegs ‘n kort memorandum oor doelwitte Toon sterk buitelandse invloed, veral uit Delaware (VSA) en Kanada

    10. HUIDIGE STAND In November 2008 deur Parlement goedgekeur Op 9 April 2009 deur President onderteken as Wet 71 van 2008 Belangrike oorgangsbepalings in Bylae 5 (Later) Konsepregulasies in Desember 2009 vir kommentaar gepubliseer Soveel bewoordingsprobleme in goedgekeurde wet dat sogenaamde “”regstellingsproses” in Desember 2009 begin is, wat sal uitloop op wysigingswet (in Junie/Augustus?) Beplande inwerkingtrede middel 2010 dus uitgestel (tot September/Oktober??) Gevallestudie van hoe regshervorming NIE aangepak moet word nie King III vervang King II met ingang 1 Maart 2010 (Later meer hieroor)

    11. TREFWYDTE VAN WETGEWING Herroep die hele Wet 61/1973 soos gewysig, onderworpe aan oorgangsbepalings in Bylae 5, en met uitsondering van die bepalings oor ontbinding en likwidasie Herroep NIE die BK-wet van 1984 nie, maar laat nie nuwe BK-registrasies toe nie en moedig omskakeling na privaat maatskappye aan (Bylaes 2 & 3, veral par 2 van Bylae 3) Reël slegs die bestaan van maatskappye en sê NIKS oor vennootskappe nie BEHOU EGTER DIE SKEIDSLYN TUSSEN MAATSKAPPYE EN VENNOOTSKAPPE (Huidige art 31 vervang deur nuwe art 8(3)) VOORTAAN GEEN BEPERKING VAN AANTAL VENNOTE NIE (Geen ekwivalent van huidige art 30 nie)

    12. TREFWYDTE VAN WETGEWING (vervolg) Raak die reg betreffende trusts deur die definisie van ‘n regspersoon (“juristic person”) in art 1 en deur die definisie van beheer (“control”) en filiaalverhoudings (“subsidiary relationships”) in arts 2 en 3 Sluit staatsmaatskappye (“state-owned companies”) in in die definisie van maatskappye met ‘n winsoogmerk NB: VERDWYNING VAN ONDERSKEID TUSSEN MAATSKAPPYE MET WYE AANDEELHOUDING (“WIDELY HELD”) EN MAATSKAPPYE MET BEPERKTE BELANG (“LIMITED INTEREST”) VAN 2006 SE WYSIGINGSWET

    13. TIPES MAATSKAPPYE Twee basiese tipes: maatskappye met en maatskappye sonder winsoogmerk (art 8(1)) Maatskappye met winsoogmerk het vier subtipes: publiek; privaat; met persoonlike aanspreeklikheid; staatsmaatskappye (art 8(2)) Onderskeid tussen publiek en privaat dieselfde as in Wet 61/1973, BEHALWE dat maksimum van 50 lede vir privaat maatskappye afgeskaf word (art 8(2)(b)) Slegs een aandeelhouer is voldoende, behalwe vir MSW’s (“NPC’s”) (drie oprigters vereis), maar publieke maatskappye moet drie direkteure hê (art 66(2))

    14. TIPES MAATSKAPPYE (verv) Besondere (naamlose) subtipe bedoel as plaasvervanger van huidige BK: maatskappye waarin al die aandele deur verwante persone gehou word of waar al die aandeelhouers ook direkteure is (“beslote maatskappy”) Sulke beslote maatskappye word vrygestel van sekere vereistes (bv art 30 rakende oudits en art 57 aangaande vergaderings)

    15. TIPES MAATSKAPPYE (verv) Huidige verpligte waarskuwende toevoegings behou (In Engels?), maar daar is drie nuwes: SOC (staatsmaatskappy), NPC (maatskappy sonder winsoogmerk), en RF (“ring fenced”, as daar spesiale beperkings in akte is) (arts 11(3) & 14(2)) Publieke maatskappy bly die verstektipe Staatsmaatskappye (SOC’s) onderworpe aan die Maatskappywet, behalwe vir sover minister van Handel en Nywerheid uitsluit (sec 9) en onderworpe aan ingewikkelde voorskrif in art 5(4) oor botsende wetgewing Ingewikkelde definisies van “verwante en onderling verwante persone, en beheer” (“related and inter-related persons, and control”) (art 2) en van “filiaalverhoudings” (“subsidiary relationships”) (art 3)

    16. INLYWING EN REGISTRASIE Elektroniese registrasie aangemoedig (art 6(7) – (14)) Poging om “eenvoudige” taal aan te moedig, maar definisie in art 6(5) self alles behalwe eenvoudig Reservering van name bly moontlik (art 12) Sleuteldeel van registrasieproses is die indien van akte van inlywing ingevolge art 13 ‘n Maatskappy se konstitusie sal slegs uit akte van inlywing bestaan, maar sy direksie kan aanvullende bestuursreëls aanneem, onderworpe aan ratifikasie deur aandeelhouers (art 15(3)-(4)) Die vorm van die akte sal voorgeskryf word (art 13(1); en sien Bylae 4 by konsepregulasies), maar kan by behoeftes van maatskappy aangepas word, mits Wet nie oortree word nie (art 15) GEEN modelstatute soos onder Wet 61/1973 nie, maar veel langer aktes

    17. INLYWING EN REGISTRASIE (verv) Akte mag spesiale “voorwaardes” of verbod ten opsigte van wysiging bevat, in welke geval “RF” by die naam gevoeg moet word (art 15(2)) Indien daar geen sulke besondere vereistes is nie, kan akte deur spesiale besluit gewysig word (art 16) Aandeelhouersooreenkomste word uitdruklik toegelaat, MITS hulle met die Wet en die maatskappy se akte van inlywing versoenbaar is (art 15(7))

    18. MAATSKAPPYE SONDER WINSOOGMERK: BELANGRIKSTE WYSIGINGS (arts 8(1), 10 & Bylae 1) MSW vervang huidige art 21-maatskappy In beginsel geld die Maatskappywet vir MSW’e, maar groot dele word uitgesluit (art 10) Besonderhede in Bylae 1, wat in par 1 die vanselfsprekende vereistes neerlê, soos tans Kan met of sonder lede wees, afhangende van akte van inlywing (par 4) Indien sonder lede, moet akte sê hoe direkteure aangewys word (par 5)

    19. MAATSKAPPYE SONDER WINSOOGMERK (vervolg) Verwysings in Wet na “aandeelhouers” moet in geval van MSW met lede as ‘n verwysing na “stemgeregtigde lede” gelees word: art 10(4) Nie meer nodig om garansie deur lede te hê nie

    20. MAATSKAPPYE SONDER WINSOOGMERK (vervolg) Volgende dele van Wet volgens art 10 NIE van toepassing op MSW’e nie: Kapitalisasie Uitreiking en oordrag van sekuriteite Maatskappysekretaris en ouditkomitees Oornames en fundamentele transaksies Aandeelhouers se waardasieregte 2. Ook hoofstuk 3 i v m groter deursigtigheid geld nie vir msw’e nie: art 34(2)

    21. MAATSKAPPYE SONDER WINSOOGMERK (vervolg) Groter duidelikheid oor verskeie kwessies in Bylae 1: MSW mag wel handel of onderneming bedryf, mits met doelstellings ooreenstem (par 1(2)(b)) Gevolge van ontbinding van maatskappy (par 1(4)) Status as MSW volgens Maatskappywet verleen nie outomaties belastingvrystelling nie (par 1(6)) Vervreemding van grootste deel van bates vereis ‘n spesiale besluit (par 2(2)) Verbod op diskriminasie in lidmaatskap (par 4(2)) Een derde van direkteure moet jaarliks herkies word (par 5(1))

    22. KAPITALISASIE(Hoofstuk 2D:arts 35-48) Algemeen: taamlik na aan veranderings ingevoer in 1999, maar nou uitgebreide omskrywing van die toets van solvensie en likwiditeit in art 4 MET BAIE PROBLEME Herroep laaste oorblyfsels van voormalige kapitaalhandhawingsreëls Aandele met pari-waarde afgeskaf, maar bestaandes kan voortgaan (art 35(2) & par 6 van Bylae 5) Klasse waarin aandele verdeel word, moet in akte van inlywing uiteengesit word met benamings en regte (art 36(1)) Ongeklassifiseerde aandele en ongespesifiseerde aandele toelaatbaar (art 36(1))

    23. KAPITALISASIE (verv) Direksie het wye magte ten opsigte van die klassifikasie en spesifisering van aandele (art 36(3)) Verbasend dat stemlose aandele moontlik word (art 37(2)), onderworpe aan art 37(3) Aflossing van aandele, kumulasie van dividende en voorkeure gekoppel aan aandele bly toelaatbaar (art 37(5))

    24. KAPITALISASIE (vervolg) Beskerming van klasregte grotendeels afhanklik van bepalings in akte van inlywing (art 37(4)), maar wesenlike en nadelige wysigings van klasregte lei tot reg op vasstelling van die billike aandeelwaarde deur die hof (“right of appraisal”) en die betaling van daardie waarde deur die maatskappy (arts 37(8) & 164) Direksie het die bevoegdheid om verdere aandele binne die raamwerk van die gemagtigde aandeelklasse uit te reik (art 38(1)) In privaat maatskappye het bestaande aandeelhouers ‘n eerste pro rata aanspraak op nuut uitgereikte aandele (art 39(2))

    25. KAPITALISASIE (vervolg) Die beginsels in die huidige artikels 38 (finansiële bystand deur ‘n maatskappy vir die verkryging van aandele in homself: nuwe art 44), 92 (teenprestasie vir die uitreiking van aandele: nuwe art 40), art 222 (uitreiking van aandele aan direkteure: nuwe art 41) en art 226 (lenings aan direkteure: nuwe art 45) in gewysigde vorm behou Dieselfde geld grotendeels vir uitkerings aan aandeelhouers (ou art 90, nuwe art 46) en verkryging van aandele in homself of in sy houermaatskappy deur ‘n maatskappy (ou arts 85-89, nuwe art 48), maar gestroop van formaliteite vereis deur 1973-wet

    27. BESTUUR (“Governance”) (Hoofstuk 2F: arts 57-78) Bevestig huidige stelsel van gemengde direksies met dubbele plig om toesig te hou EN te bestuur Maak voorsiening vir aandeelhouersvergaderings deur rondskrywe (“round-robin”) (art 60) Verskil tussen gewone en spesiale besluite deur aandeelhouers word behou, MAAR akte van inlywing kan die 75% vir spesiale besluite na ‘n laer persentasie verminder, met dien verstande dat daar ‘n verskil van 10% tussen gewone en spesiale besluite bly (art 65(10)) Direkteure kan deur buitestaanders aangestel word of ex officio wees, maar ten minste 50% van die direksie moet deur aandeelhouers verkies word (art 66(4)(b)) Direkteure kan, soos in die verlede, deur ‘n gewone besluit van aandeelhouers ontslaan word (art 71 = huidige art 220)

    28. BESTUUR (vervolg) Hof kan direkteur as oortreder (“delinquent”) brandmerk (art 162) Direksiebesluite deur rondskrywe uitdruklik gemagtig (art 74) Direksiekomitees uitdruklik gemagtig (art 72) Ouditkomitees verpligtend vir alle publieke en staatsmaatskappye, en moet bestaan uit minstens drie nie-uitvoerende direkteure wat ook aan moontlike ministeriële vereistes voldoen (art 94): GELD NIE VIR MSW’e NIE (art 10(2)(c))

    29. BESTUUR (vervolg) Die gemeenregtelike standaarde vir direkteure se optrede gekodifiseer in art 76: verlig waarskynlik sorgsaamheidsplig deur meer subjektiwiteit in toets (art 76(3)(c)) en die aanvaarding van die sg sake-oordeel-reël (“business judgement rule”) (art 76(4)) Aan die ander kant is gevolge van oortredings van standaarde moontlik drastieser: art 77 Skadeloosstelling en aanspreeklikheids-versekering vir direkteure word deur art 78 toegelaat, behalwe vir doelbewuste wangedrag en vertrouensbreuk.

    30. AANDEELHOUERSREMEDIES (Hoofstuk 7: arts 156 – 184) Talle nuwighede en onsekerhede, bv opdrag in art 158 om gemene reg te ontwikkel Groepseise moontlik gemaak deur art 157(1)(c) Afgeleide aksie in eenvoudiger vorm herbevestig in art 165 Beskerming van klokluiers in art 159 Verreikende bepalings oor verklaring van direkteur tot “delikwent” (art 162 met vele uitlegprobleme) Misbruik van regspersoonlikheid word, soos in BK-wet, uitdruklik in art 163(4) grond vir ingryping deur hof gemaak

    31. AANDEELHOUERSREMEDIES (vervolg) Remedie teen onderdrukking van minderheid of onredelike benadelende optrede (huidige art 252) herhaal in nuwe art 163 Totaal nuut is ‘n afwykende aandeelhouer se reg op waardebepaling (“right of appraisal”) in art 164 Belangrik as teenwig vir veel groter magte van direksie Beginsel: beswaarde aandeelhouer kan vra om deur maatskappy teen billike waarde uitgekoop te word Hof kan op ou end op aansoek billike waarde bepaal

    32. FINANSIËLE STATE EN OUDITEURE Eerstens Hoofstuk 2C met opskrif “Deursigtigheid, aanspreeklikheid en integriteit van maatskappye” (arts 23-34), WAT VIR ALLE MAATSKAPPYE GELD Hoofsaaklik te doen met finansiële en ander rekords en die toegang daartoe Voorskrifte oor toegang (art 26) meer gebalanseerd as in vorige wetsontwerp: beperk tot persone met ‘n belang in die maatskappy se sekuriteite en ook tot bepaalde dokumente, en moet gelees word saam met Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting van 2000 (PAIA) Arts 29 & 30 beperk plig om finansiële state te laat ouditeer tot publieke en staatsmaatskappye, tensy die minister van bepaalde tipes privaat maatskappye vereis dat daar ‘n oudit moet wees (art 30(7))

    33. FINANSIËLE STATE EN OUDITEURE (vervolg) Volgens par 29 van die konsepregulasies moet ook ‘n MSW sy state ingevolge IFRS laat ouditeer indien (i) dit as primêre aktiwiteit bates vir breë groep in fidusiêre hoedanigheid hou; (ii) deur staat opgerig is; (iii) dit skenkings by die publiek werf, meer as R60 miljoen se bates het of jaarlikse uitgawes R120 miljoen oorskry. Volgens par 30 van die konsepregulasies moet ander MSW’e hulle state onafhanklik laat hersien deur ‘n onafhanklike geregistreerde boekhouer volgens rekeningkundige standaarde wat wissel na grootte van MSW Alle maatskappye wat geoudit moet word, moet breedvoerige inligting oor uitvoerende vergoeding openbaar maak (art 30(4)-(6))

    34. FINANSIËLE STATE EN OUDITEURE (vervolg) Alle publieke maatskappye en staatsmaatskappye moet verder ook voldoen aan Hoofstuk 3 (“Groter aanspreeklikheid en deursigtigheid”) (arts 84-94) i v m maatskappy-sekretarisse, ouditeure en ouditkomitees) MAAR GELD NIE VIR MSW’e NIE (art 34(2)) Invloed van Amerikaanse Sarbanes-Oxley-wet van 2002 Bepalings om onafhanklikheid van eksterne ouditeure te verseker (arts 92, 93(3), 94(7)) Privaat maatskappy benodig slegs ‘n onafhanklike oorsig/hersiening van hulle state Par 30 van die konsepregulasies reël onafhanklike hersiening

    35. SAKEREDDING (“BUSINESS RESCUE”) (Hoofstuk 6: arts 128-154) Vervang geregtelike bestuur wat baanbrekend was, maar té beperk Gebaseer op model van Amerikaanse “Chapter 11 proceedings” met behoud van werksgeleenthede as hoofdoel Geïnisieer deur maatskappy se direksie óf deur belanghebbende aansoeker by hof Laat huidige bestuur aan bewind, maar met reddingsplan en onder toesig van “praktisyn” Moratorium op regsverrigtinge (art 133) en voorrang vir nuwe skulde (art 135)

    36. SAKEREDDING (“BUSINESS RESCUE”) (vervolg) Beskerming van werknemers se posisie (art 136) Problematiese art 136(2) kan finansiële instellings knou Groot rol van vakbonde kan probleem wees (bv art 144) Ontwikkeling van reddingsplan (arts 150 – 152) Beëindiging van proses (art 132(2)): sukses, of mislukking en daaropvolgende likwidasie deur die hof

    37. “Fundamentele transaksies” (Hoofstuk 5: arts 112-127) Huidige art 228 (beskikking oor geheel of grootste deel van maatskappy se bates) nou in nuwe art 112: spesiale besluit vereis en groter duidelikheid oor uitsonderings Huidige raamwerk in der breë behou (amalgamasies of samesmeltings: arts 113 & 116; reëlingskemas: art 114) MAAR een groot verskil: geen vereiste meer dat reëlingskemas vooraf deur hof goedgekeur moet word nie; ontevrede minderheid van 15% kan hofgoedkeuring eis (art 115(3)) Verbeterings in werking van SRP (herdoop na Oornamereguleringspaneel) in arts 121-127

    39. NUWE/OPGEKNAPTE REGULEERDERS Hele Hfstk 7 oor remedies en wetstoepassing Klem op alternatiewe geskilbeslegting (art 156) Huidige CIPRO word opgegradeer na “Companies and Intellectual Property Commission” (CIPC) met ambisies van Amerikaanse SEC (art 185) Oornamereguleringspaneel ingevolge art 196 Nuwe Maatskappytribunaal ingevolge art 193 (in vorige ontwerp “ombudsman” genoem) met hooffunksie die beslegting van geskille met CIPC, maar ook wyer Raad op Finansiële Verslagdoeningstandaarde ingevolge art 203

    40. OORGANGSBEPALINGS Te vinde in Bylae 5 Bestaande maatskappye bly bestaan asof opgerig ingevolge nuwe Wet (par 2) Bestaande art 21-maatskappy word outomaties geag ’n MSW te wees en naam te verander het (par 4(1)(a)) Maatskappye het twee jaar ná inwerkingtrede om akte by nuwe Wet aan te pas (par 4(2)) As dit nie gedoen word nie, daarna geldig net vir sover versoenbaar met nuwe Wet (par 4(3)) T o v bestuur geld nuwe Wet onmiddellik ná inwerkingtrede (bv vereiste dat publieke maatskappy drie direkteure moet hê) (par 7) Nuwe remedies terugwerkend (par 7)

    41. KING III Status van vrywillige bestuurskodes soos King II en teenvoeters soos Londense “Combined Code” Uitgereik deur Institute of Directors, ‘n privaat organisasie, vir toepassing deur genoteerde en staatsbeheerde maatskappye Gebaseer op “voldoen of verduidelik” In SA wel deel van JSE se noteringsvereistes Sterk invloed ook deur media en openbare druk King II van 2002 het veral betrekking op direksie en sy funksionering gehad Aspekte van King II deur wetgewer oorgeneem in Wysigingswet op Korporatiewe Wetgewing van 2006 (bv ouditkomitees) en nou in nuwe Maatskappywet van 2008

    42. KING III (vervolg) Weens nuwe Maatskappywet publiseer IoD in Maart 2009 konsep van nuwe King III vir kommentaar Meer ambisieus t o v toepassing: veronderstel om vir ALLE “entiteite” (ook MSW’e) te geld: PROBLEEM! Groter klem op etiese rol van direksie en verhoudings met ALLE belanghebbers Meer besonderhede t o v bestuursvergoeding GROOT klem op risikobestuur, interne oudit en bestuur van IT Sterk steun vir “integrated sustainability reporting” Van toepassing vanaf 1 Maart 2010

    43. STRUKTUUR VAN KING III Anders as King II bestaan dokument uit twee dele: “Principles” en “Report” wat “best practice” uiteensit In toekoms van tyd tot tyd “practice notes” Duidelike poging om aansluiting by nuwe Maatskappywet van 2008 te vind, maar tans ‘n probleem omdat Wet nog nie in werking nie

    44. GEVOLGTREKKINGS Uiteraard onbeproefd en baie min toeligting Positiewe aspekte: Wet baie korter, MAAR regulasies ingewikkeld… Verbasende buigbaarheid oor vele dinge Opruiming van bv aandele met pari-waarde, kapitaalhandhawing en van 2006-wet Nuttige praktiese vernuwings t o v bv “beslote maatskappye” Vir MSW’e groter duidelikheid

    45. GEVOLGTREKKINGS (vervolg) Bekommernisse: Ministeriële diskresie oor verskeie kwessies Vaagheid i v m bv uitleg en voorkoming van ontduiking (arts 5 & 6) Moontlike impak van groter direksiemagte en buigbaarheid op aandeelhouers Implikasies van “besigheidsredding” Proliferasie & doeltreffendheid van reguleerders Uitfasering van BK-wet DRIE wette in toekoms van toepassing

    46. FINIS

More Related