100 likes | 410 Views
E N D
BELANGRIKE INLIGTING:Die Bybelverse in foto’s in die aanbieding wat hierop volg, is deur Brian Kluth (epos: bk@kluth.org) versamel vir gebruik in Eredienste en ander toerustingsgeleenthede.Dit is, met Brian se toestemming, deur my aangepas vir gebruik in Afrikaans. Julle is welkom om die skyfies af te laai en te gebuik waar toepaslik, veral in Eredienste gedurende die Dankoffertyd. Hier is genoeg vir ongeveer 40 Sondae.Verskillende weergawes van die Bybel in Afrikaans is gebruik: Afrikaanse Bybel 1953; Nuwe Afrikaaanse Vertaling 1983 (NAV); Die Boodskap; Nuwe Lewende Vertaling (NLV); Lewende Bybel (LB).Besoek gerus Brian Kluth se webwerf: www.MAXIMIMgenerosity.orgStuur asb kommentaar en ander toepaslike foto’s en/of teksverse na ngkadmin@kaapkerk.co.za sodat dit in toekomstige weergawes bygewerk kan word.Mag die Here self hierdie aanbiedings seën!Francois Cillié, Febr 2008
Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes.Spr 3:9 [NLV]
Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. Deut 8:18
Jakob sweer toe ‘n plegtige eed: “As God altyd by my sal wees en by my sal bly… sal ek die Here as God vereer… en ek sal vir U ‘n tiende gee van alles wat ek kry.”Gen 28:20-22
Mense watbegeer om rykte wees, val in ver-soeking en trap indie strik van baie dwaseen skadelike begeertes wat hulle in verderf en ondergang stort. Want die liefde vir geld is ‘n wortel van allerlei kwaad.1 Tim 6:9-10 [NAV & NLV]
Aan U, Here, behoort die grootheid en die mag en die eer… want alles in die hemel en op die aarde behoort aan U. Dit is U wat vir mense rykdom en eer kan gee… en U kan enige mens beroemd maak en krag gee.1 Kron 29:11-12 [LewendeBybel]
“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel nie… Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar… Mat 6:19,20
Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God.Mat 6:33
“Daar rus ‘n vloek op die bedrieërs wat beloof om ‘n ram uit hulle kudde te gee, maar dan ‘n verminkte dier aan die Here offer.” Want Ek laat My nie be-drieg nie. Ek is die Grootkoning, die Here aan wie alles behoort.Mal 1:14 [Boodskap & NAV]
Jesus het gekyk hoe baie welgestelde mense groot bedae geld in die offerkis gooi. ‘n Brandarm weduwee het twee klein geldstukkies ingegooi. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Weet verseker, hierdie arm weduwee het meer in die offerkis gegooi as al die ander. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het, arm soos sy is, alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.” Mark 12:41-44