200 likes | 1.2k Views
HOKKIE 5 Mei 2011. Hockey is great, Hockey is fun, Hockey is yum-yum !. Huidige struktuur. Hokkie beplanning en organisasie. Strek oor grootste deel van die jaar en behels min of meer: Verkry van borge Werwing van afrigters Inligtingsessie met Koördineerders en Afrigters
E N D
HOKKIE5 Mei 2011 Hockey is great, Hockey is fun, Hockey is yum-yum !
Hokkie beplanning en organisasie • Strek oor grootste deel van die jaar en behels min of meer: • Verkry van borge • Werwing van afrigters • Inligtingsessie met Koördineerders en Afrigters • Bywoon van kursusse en aflê van eksamens • Buitemuurse program opstel • Bestuursvergaderings • Addisionele kleredrag • Bywoon van VS Hokkievergaderings • Bywoon van Suid-Vrystaat Proewe • Reël skool se proewe • Liga reëlings • Reël van Tjokkie Festival
Visie / Doelwitte • Spel bekend te stel. • Vaardighede, tegnieke en reëls aanleer. • Liefde vir spel by spelers te kweek. • Aanleer van “life skills” soos: • Spanspeler (Respek vir mekaar) • Wen met beskeidenheid • Verloor met waardigheid • Speel vir genot van spel – ons slagspreuk
Visie / Doelwitte (vervolg) • Deelname vir almal. • Gereedmaak vir Sekondêre skool. • Geen oordrewe wenmotiewe “wen ten alle koste”. • Mini-hokkie as middel tot doel.
Hoe sou ons hierin slaag? • Bekwame afrigters aanstel. • Klinieke en kursusse vir spelers. • Kursusse vir afrigters. • Wedstrydblootstelling dmv liga & festivals. • Suid-Vrystaat Proewe vir 0/12 en 0/13.
Hokkiebeleid Duidelike reëls daargestel tov: * Spankeuses * Toer * Kommunikasiekanale * Toerusting en klere * Afrigting * Proewe ens, ens. Die beleid sal op binnekort op Tjokkies se webtuiste beskikbaar wees. Hou die Nuusbrief dop !
Mini-hokkie • Gr 1- 4: (0/7 – 0/10) • 6 spelers aan ‘n kant -- kwartveld • Gr 5: (0/11) • 8 spelers aan ‘n kant -- halfveld • Gr 6 & 7 (0/12 & 0/13)* • 11 spelers – volveld * Gebruik van doelwagter en beskermende klere
Spelers: Getalle vir 2010 • Gr 1 - 46 Seuns & 36 Dogters • Gr 2 – 31 Seuns & 27 Dogters • 0/9 - 26 Seuns & 42 Dogters • 0/10 – 30 Seuns & 36 Dogters • 0/11 – 23 Seuns & 37 Dogters • 0/12 – 23 Seuns & 23 Dogters • 0/13 – 22 Seuns & 21 Dogters • Totaal 423 spelers geregistreer in 2010
Afrigters TJOKKIES SE VERWAGTINGE VAN ONS AFRIGTERS • Stiptelikheid by oefeninge / wedstryde en festivals. • Entoesiasme oor die spel en die spelers. • Deeglike beplanning en voorbereiding voor elke oefening. • Deeglike kommunikasie met koördineerders en spelers. • Professionaliteit (bv. geen afbrekende of vuil taal nie). • Dissipline: Dis baie belangrik dat die kinders streng, dog met liefde hanteer sal word. Onthou wedersydse respek word verdien !!
Spankeuses @$% !? Eish.. • Kies van spanne is geen maklike taak nie. Alles verloop nog “hunky dory”, tot die spanne bekend gemaak word … • Bv. 6 per span uit 42 spelers. • Posisies – net ses posisies per span in Mini-hokkie. • In 2010 keurders gekry om te help om objektiewe opinie te gee – gaan weer so maak in 2011. • Deurlopend proewe - maak dit duidelik aan die spelers dat hulle nie verseker is van sy/ haar plek in ‘n span nie – dit kan deur die seisoen verander. Waak egter teen te veel skuiwe. • NB: Die Afrigter het in alle gevalle die laaste sê t.o.v. spankeuses.
Kommunikasie Kommunikasie is uiters belangrik vir die sukses van enige struktuur. • Bulk SMSe • Afkondigings tydens skoolure • Wedstrydbriefies vir spelers wat gekies is om ligawedstryde te speel • Tjokkie-brokkies nuusbrief – elke Donderdag • Tjokkies se webblad Alle hokkie inligting sal eersdaags op die webblad onder die hoofie “Sport”, “Hokkie”, beskikbaar wees – hou die nuusbrief dop.
Probleme met kommunikasie • Tussen skole – kry info laat vir weg-wedstryde en festivals. • Ouers wat nie nuusbriewe en kennisgewings lees nie !! • Kinders gee nie inligting vir hul ouers nie !! • Kinders luister nie na afkondigings nie of kom nie uit as hulle uitgeroep word nie.
Kommunikasie kanale Die kanale wat gevolg moet word indien u inligting benodig en of ‘n probleem het: 1. Skakel eerstens met die betrokke Koördineerder. 2. Indien jy nie regkom nie, skakel met die Hokkie- bestuur. • Respekteer privaatheid asb. • Skakel asb. slegs tussen 14:00 en 19:00. • Onderwysers moet asseblief nie gedurende skoolure gekontak word nie – kosbare onderrigtyd gaan verlore. • Geen sms’e, bel liewer asb. Ons maak van ons eie selfone gebruik.
Vervoer • Onthou dat studente nie oor permitte beskik om leerders te vervoer nie. • Vervoer na en van Muddplein word hanteer • Leerders moet van hul eie vervoer gebruik maak om by wedstryde en festivals uit te kom. (Skakel u koördineerder indien u ‘n probleem het met vervoer.)
Tjokkie Hokkie Festival • Hierdie is Hokkie se spoggeleentheid van die jaar en ‘n groot bemarkingsaksie vir Tjokkies. Van ‘n klein begin 10 jaar gelede het dit gegroei tot: • ±1400 spelers van regoor die Vrystaat. • Meer as 500 wedstryde in 5 ure. • UV velde word gebruik– ons het nie genoeg velde nie. • Logostieke nagmerrie. • Ouerbetrokkenheid is noodsaaklik. • Ouerkomitee reël verversings. • Borge: Hoofborg – ABSA Dairy Bell
Ten slotte • Baie dankie vir elkeen wat op een of ander wyse deel is van Tjokkies se Hokkie. Ons waardeer almal se insette, bloed, sweet en grys hare…. • Baie dankie aan mnr. Michael Coomans, ons Hoof, wat ons ondersteun, sy stem namens ons dik maak wanneer dit nodig is en vir sy positiewe gesindheid teenoor Hokkie by Tjokkies. • Dankie aan mnr. Hennie Botha en elke Komiteelid wat so hard werk om die ratte van die “hokkiemasjien” te laat draai. • Mag 2011 ‘n fantastiese Hokkiejaar vir Tjokkies wees !