80 likes | 219 Views
Narratiewe benadering tot gemeentes. Albanie Desember 2003. Konsepte aangepas uit die narratiewe terapie van JF Pienaar: Die begeleiding van ‘n predikant tydens sy mid-lewe: ‘n eko-hermeneutiese perspektief 1996. Inleiding. Gemeentes is lewende dokumente
E N D
Narratiewe benadering tot gemeentes Albanie Desember 2003 Konsepte aangepas uit die narratiewe terapie van JF Pienaar: Die begeleiding van ‘n predikant tydens sy mid-lewe: ‘n eko-hermeneutiese perspektief 1996
Inleiding • Gemeentes is lewende dokumente • Invloed van gebeure en optredes gaan verder as die oomblik • Alle optredes het gevolge: bedoeld en onbedoeld • Verhale skep ‘n wêreld waarbinne mense lewe • Verhale is oop vir latere nuwe interpretasies • Gee riglyne waarmee betekenisvolle van nie-betekenisvolle momente onderskei kan word • Gemeente identiteit het ‘n narratiewe struktuur
Doel • Ontsyfering van die betekenis momente van die situasie • Die blote vertel van die verhaal, bring nuwe insigte • Gee ‘n blaaskans, gee vastigheid • Help met skadeloosstelling van negatiewe momente deur singewing • Ondersteuning in die hoop van ‘n deurgang na ‘n nuwe toekomsverhaal • Kreatiewe en deelnemende luister verander die dooie letter van ‘n verhaal na ‘n lewende drama van hoop
Voordele • Daar word aangesluit by die mees basiese bestaansmodus van mense: • “Everything is held together with stories ...” (Webb-Mitchell) • Verlede, hede en toekoms word holisties saamgetrek tot ‘n nuwe verstaan • Sluit nou by ‘n hermeneutiese verstaan aan • Help met singewing • Maak dit moontlik om beide die verhaal van die gemeente en dié van God by mekaar te betrek • Gee mense geleentheid om die vertolker van hulle eie verhaal te wees • Geleentheid vir getuienislewering • Daag uit om nuut te dink oor die gemeente se verhaal • Maak konsepte prakties deur dit in verhale in te bed • Help tot ‘n omvattende verstaan van gemeentes
Herstrukturering van die verlede • Vertel verhaal uit ‘n ander perspektief • Tegnieke • Unieke uitkomste in die verlede • Deur die positiewe te “onthou” word die verlede herdefinieer • Gepaste herformulering (bv reframing) • Nie noodwendig positief nie • Vertel vanuit ‘n ander perspektief • ‘n toepaslike gelykenis of Bybelse drama • Dubbelverhale • Met ‘n ander motief of uit die oogpunt van iemand anders te vertel • Eksternalisering • Objektivisering en personifiering
Rekonstruksie (verbeelding) van ‘n toekomsverhaal • Beskryf die toekoms soos jy dit sien • Tegnieke • Paradoksale take • Situasie verbeel maar die plek verander • Rituele • Visualisering • Twee toekoms scenarios: • Een met ‘n negatiewe afloop • Ander met ‘n positiewe afloop • In die vergelyking raak keuses duidelik
Samevattend • Dis ‘n riglyn vir ‘n sinvolle diepte-gesprek oor gemeentes aan die hand van verhale • Die verloop van die gesprek word deur die gespreksgenote bepaal • Dit skep ‘n ruimte waarbinne die Gees kan werk om nuwe hoop in vasgevalde situasies kan skep