150 likes | 323 Views
RAAR MAAR ‘WAAR’: GENESIS 1 – 11 AS SINGEWENDE VERHALE. Hendrik Bosman Ou en Nuwe Testament Universiteit Stellenbosch. INLEIDING. Genesis 1 – 11 is nie ooggetuieverslae nie; maar verhalende prosa. Genesis 1 – 11 bestaan uit samehangende verklarende en singewende verhale
E N D
RAAR MAAR ‘WAAR’: GENESIS 1 – 11 AS SINGEWENDE VERHALE Hendrik Bosman Ou en Nuwe Testament Universiteit Stellenbosch
INLEIDING • Genesis 1 – 11 is nie ooggetuieverslae nie; maar verhalende prosa. • Genesis 1 – 11 bestaan uit samehangende verklarende en singewende verhale • Vorm die inleiding tot beide die boek Genesis, sowel as die res van die Ou Testament. • Verg toepaslike vrae wat verband hou met inhoud, samestelling, verband en vertellersperspektief van Genesis 1 -11
INHOUD VAN GENESIS 1 -11 • Bestaan uit belangrike en grondliggende temas wat implikasies vir die res van Genesis en die Bybel het. • Sinopsis: skepping – sondeval – broedermoord – geslagsregister – vloed – geslagsregister – toring van Babel – geslagsregister. • Diefigure – soos Adam en Noag – word min in die res van OT genoem.
VERTELLERSPERSPEKTIEF • Te midde van ONO se alternatiewe skeppingsverhale; bely Gen 1 – 11 dat dit God is wat geskep het. • Dit is minder belangrik hoe God geskep het (6 x 24 uur / biljoene?) • God skep en onderhou sy skepping. • Mens word betrek by die onderhoud van die skepping. • Verteller weet alles – gebeure & gedagtes van mens en God.
SKEPPING I: Gen 1 – 2:4a • Skepping uit “niks”? – water en duisternis bestaan voor skepping. • Van Wolde (2009) – bara = “ruimtelike skeiding” nie “skep” nie. Dus is God nie soseer Skepper uit niks nie maar Hy wat skeiding gebring het tussen hemel & aarde, land & water. • Orde/skeiding is belangrik in skepping as teenpool van chaos (water, donker) • 1e dag = skei lig en donker (skep tyd); 7de dag = klimaks van skepping; rus heiligtyd= sabbat. Skepping hiermee word omraam.
SKEPPING I: GEN 1 – 2:4a • God skep; nie spanpoging deur ‘n panteon van gode nie = monoteisme bv lig ontstaan voor son/maan wie die primere gode van ONO was. • God skep deur bloot te praat; in ONO vind skepping dmv geweld as ‘n stryd teen die chaosmagte. • Mens word na beeld van God geskape; in ONO is net koning = demokratisering • God skep kos vir mens; in ONO moet mense die gode voed.
SKEPPING II: Gen 2: 4b - 25 • Hier skep Yahweh / die Here en nie Elohim / God soos in Gen 1 – 2:4a. • Skepping van mens aan begin van proses; in Gen 1 eers op sesde dag. • Mens word hier in ‘n paradys / tuin geplaas om dit bewoon en bewerk; dus mens as medewerker van Here.
GENESIS 3: SONDEVAL • In Vroee Kerk was Genesis 6 as die verklaring van die sonde aanvaar – “seuns God” & “dogters van die mens” • Eers vanaf Augustinus (4de eeu) word Genesis 3 by sondeval betrek. • Sonde om te eet van die boom van kennis van goed en kwaad = opstand om soos God te wil wees. • Idealismein Gen 2 word vervang met realismein Gen 3.
GENESIS 4: BROEDERMOORD • Met die geboorte van Setlyk dit asof daar vrede binne Skepping aangebreek het – maar dan…. • Abel as jonger broer / veeboer word bo die ouer Kain / landbouer verkies. • Hoewel Kain die doodstraf kon kry, is daar ‘n element van goddelike genade – net verban Genealogie / toledoth van Kain = verseker voortbestaan tmv gevaar. • Gewelddadige Lamegse lied opgevolg deurnageslag van Set(Gen 4:23 – 5:32). • Reuse word verklaar as die nageslag van die “seuns van God” en die “dogters van die mens” (Gen 6:1-4)
GENESIS 6 – 9: SONDVLOED • Mensdom versleg van moord na ‘n aarde wat met geweld gevul is. • Oortreding = aarde vol geweld; dus die Straf= aarde bedek met water en so keer skepping terug na ‘n toestand voor skepping – chaos. • Met Noag begin mensdom weer - verbond • In Mesopotamie is die vloed nav raserige mense wat die gode se slaap versteur! • Waak teen ontoepaslike vrae – hoe het “lui-diere” uit Amasone ark gehaal? Streeksvloed?
GENESIS 10 – 11: TORING • Na sonvloed is daar ‘n lang geslagsregister in Gen 10 ter bevestiging van seen/belofte • Vloek van Gam bestaan nie – wel vloek van Kanaan (om intog te regverdig?) Bou toring om God se opdrag om die aarde te vul, te verontagsaam = opstand • Dalk iets soos ‘n ziggurat!? • Straf deur taalverwarring– nie geweldadig • Sluit af met geslagsregister van Sem
SLOT • Inleiding tot boek Genesis en Bybel: (a) afwisseling van seen & straf (beraka) b) samehang van beloftes land / grond en nageslag= twee treinspore van Israel se geskiedenis – soms indirek eweredig, bv in Egipte, geen grond, wel nageslag.