90 likes | 203 Views
GOUDKORRELS. www.nggoudkop.co.za 24 Maart 2013 Blok B aan diens Sewende Lydensweek Prediker: Ds. Schalk Scott. Vandag.
E N D
GOUDKORRELS www.nggoudkop.co.za 24 Maart 2013 Blok B aan diens Sewende Lydensweek Prediker: Ds. Schalk Scott
Vandag • Baie welkom aan nuwe intrekkers wat dalk vandag die eerste keer saam met ons in die diens is. Ons sal graag u besonderhede wil hê en vra dat u na die diens die ouderling in die voorportaal sal ontmoet en die nuwe intrekkersboek sal voltooi. Ander persone wat buite die grense woon, maar graag hier wil inskakel, moet ook asb. aanmeld. Onthou asb. ook om adresveranderings vir ons in die boek te skryf.
Vandag • Deurkollekte gaan vir verdienstelike gevalle. • Die bydraes in die Sendingbussie gaan vir ds. Dawie de Wet se werk by evangelisasie in Franssprekende Afrika. • Kategese, kleuterkerk, aanddiens, tee op Sondae en die Tswanadiens op Sondae sal eers weer begin as die skole heropen.
Lief en Leed • Dink asb. in u gebede aan die volgende persone wat in die hospitaal is/was: • Nico Els van Rethastraat 9. • Alida Beytell van Rothmanstr 21. • Bid ook asb vir Alida se ma, Marie Nel. Sy het ‘n operasie gehad, maar is terug in die hospitaal. • Renier Grobler van Cockoostr 11 • André Botha van Ronelstr 12
Vir die week • Die volgende weeklikse aktiwiteite sal eers weer begin na die vakansie: Dienste by Flamwood Landgoed Vrydae. Bybelskool en selgroep vir jong werkende mense. • Bidgeleentheid - Ons bid saam op Sondae om 8:00 in die kuierkamer
Ander sake • Daniëlskonferensie 3-5 Mei 2013 • NG Klerksdorp-Goudkop bied in samewerking met NG Meiringspark ’n Daniëlskonferensie van 3 tot 5 Mei aan. Dit gaan ’n ongelooflike gebeurtenis wees wat ons manne nie mag misloop nie! Boek nou al daardie naweek. Die program lui as volg: • Vrydag : 18:00-21:00 Saterdag 08:00-16:00 Sondag: Gesinsdiens om 09:00. Program aangebied deur Braam Grobbelaar, Johan Claassen en Piet Albertyn van Moreletapark. Lofprysing en Aanbidding o.l.v. Jean Marais van Nelspruit. Koste: R100 per persoon. Verversings te koop.
Eredienste • Gedurende die skoolvakansie het ons net oggenddienste om 9:00. • Belangrike datums Paasnaweek: • Donderdag 28 Maart: Nagmaal om 19:00 • Sondag 31 Maart: Byeenkoms kwart voor 6 op die koppie op Johan Ferreira se plaas waar Christene van verskeie gemeentes almal saam die sonsopkoms inwag. Almal verdaag na die verrigtinge en om 9:00 vier ons Paasfees elkeen in sy eie kerk