90 likes | 247 Views
GOUDKORRELS. www.nggoudkop.co.za 5 Januarie 2014 Blok C aan diens Prediker: Prop. Wesley Lamprecht. Vandag.
E N D
GOUDKORRELS www.nggoudkop.co.za 5 Januarie 2014 Blok C aan diens Prediker: Prop. Wesley Lamprecht
Vandag • Baie welkom aan nuwe intrekkers wat dalk vandag die eerste keer saam met ons in die diens is. Ons sal graag u besonderhede wil hê en vra dat u na die diens die ouderling in die voorportaal sal ontmoet en die nuwe intrekkersboek sal voltooi. Ander persone wat buite die grense woon, maar graag hier wil inskakel, moet ook asb. aanmeld. Onthou asb. ook om adresveranderings vir ons in die boek te skryf.
Vandag • Deurkollektevir Pieter TerHaar. • Die bydraes in die sendingbussiegaanvir die werk van ds. Frik van Rensburgvir kinder-evangelisasie. • Die kleuterkerk, kategese, gebruiklike tee en koekna die dienssoggens en die aanddienste het afgesluitvir die jaar. Aanddienste begin weer op 19 Januarie 2014.
Lief en Leed • Dink asb. in u gebede aan die volgende persone wat in die hospitaal is/was of tuis siek is: Nic Smuts van Glen Eden 17 en John Snyman van Ceciliastraat 11. • Estie Kilian van Nettiestraat 4 se ma is verlede Sondag oorlede. Die begrafnis het reeds plaasgevind. Ons bid ook vir haar en die familie baie sterkte en troos toe.
Belangrike datums • Ds. Schalk Scott is nog met verlof tot 6 Januarie 2014. • Ds. Coenraad van Staden is met verlof vanaf 1 tot 15 Januarie 2014.
Ander sake • Wyksleiers: Die 2014 kalenders is in jul hokkies in die konsistorie. • Die kerkkantoor is gesluit tot 6 Januarie en sal nie Dinsdae en Vrydae oop wees nie, maar nog Sondae na die erediens. Ansie is steeds beskikbaar op die selfoon en landlyn.