120 likes | 247 Views
GOUDKORRELS. www.nggoudkop.co.za 29 Junie 2014 Blok D aan diens Prediker: Ds. Coenraad van Staden. Vandag.
E N D
GOUDKORRELS www.nggoudkop.co.za 29 Junie 2014 Blok D aan diens Prediker: Ds. Coenraad van Staden
Vandag • Baie welkom aan nuwe intrekkers wat dalk vandag die eerste keer saam met ons in die diens is. Ons sal graag u besonderhede wil hê en vra dat u na die diens die ouderling in die voorportaal sal ontmoet en die nuwe intrekkersboek sal voltooi. Ander persone wat buite die grense woon, maar graag hier wil inskakel, moet ook asb. aanmeld. Onthou asb. ook om adresveranderings vir ons in die boek te skryf.
Vandag • Deurkollekte gaan vir Motorwagte • Die bydraes in die sendingbussie gaan vir die werk van Wolf Cilliers in Madagaskar. • A.g.v. die skolevakansie is daar GEEN Aanddiens, Kategese of Jeugkerk vir tieners nie en ook nie die gewone weeks-aktiwiteite soos die mannegroep, Bybelskool of diens by Flamwood Landgoed nie.
Lief en Leed Bid asb. vir die volgende persone wat in die hospitaal of tuis siek is: Sarah von Brandis van Umgenistraat 8, Stilfontein, Conné Spannenberg van Hibuscuslaan 41, Hennie Pienaar van Zeldasingel 8, Fien van Tonder van Lizaweg 65 en Daan Jacobs van Floralaan 74. As u hospitaal toe gaan laat weet asb. u wyksleier of een van die leraars.
Ons wil bid vir al die werkloosheid in ons land en die stres en trauma wat dit veroorsaak. Bid dat die Here deure sal oopmaak en geleenthede sal voorsien. • Ons vra dat u dink aan Sarie Henriksen van Dahlialaan 22 en haar dogters na die afsterwe van Rassie verlede Sondag. Mag die Here jul troos in jul hartseer.
Ander sake Die SAVF se Kinderhawe in Freemanville se huis vir 2 to 4 jariges (12 in totaal) se buite speelgoed is gedaan gespeel. Die behoefte vir enige van die volgende items (gebruik of nuut ) is groot: • skopfietsies • driewiele • sleepwaentjies • trapfietsies met sywiele Dalk is daar van die items wat in u motorhuis lê en stof opgaar. Indien u kan help, bring asb. die items na die kerkkantoor. Kom ons kyk of ons hierdie kinderhawe kan help.
GOUE OUES • Senior Burger Badplaas vakansie 5 -12 Oktober 2014 Al ons 60 plussers word uitgenooi na ’n heerlike vakansie by Badplaas Rotariër oord 5-12 Oktober 2014. Die Prys is ongeveer R 2200. En sluit in vervoer en verblyf en 3 maaltye ’n dag 7 nagte. Kyk solank u dagboek deur en boek hierdie datum!
Hulp vir Dominionville Gaan u kaste regpak in die Julie vakansie? Die Dominionville gemeenskap kry baie swaar. Enige tweedehandse klere (baba, kinder, mans of dames), komberse, beddegoed en tydskrifte, enige ongebruikte artikels en blikkies kos is baie welkom. U kan dit by die kerkkantoor aflaai en ons sal die dame wat die verspreiding gaan doen, kontak.
Hulp benodig - Skolevoeding • Enige persoon wat kan help met die voorbereiding of bediening van kos by Laerskool Roosheuwel en by Laerskool Unie kontak asb vir Sanet Claassen by 0829772140 of 018-4687453. Ons benodig veral persone wat kan help met die kokery.