100 likes | 242 Views
GOUDKORRELS. www.nggoudkop.co.za 7 April 2013 Blok D aan diens Prediker: Ds. Schalk Scott. Vandag.
E N D
GOUDKORRELS www.nggoudkop.co.za 7 April 2013 Blok D aan diens Prediker: Ds. Schalk Scott
Vandag • Baie welkom aan nuwe intrekkers wat dalk vandag die eerste keer saam met ons in die diens is. Ons sal graag u besonderhede wil hê en vra dat u na die diens die ouderling in die voorportaal sal ontmoet en die nuwe intrekkersboek sal voltooi. Ander persone wat buite die grense woon, maar graag hier wil inskakel, moet ook asb. aanmeld. Onthou asb. ook om adresveranderings vir ons in die boek te skryf.
Vandag • Deurkollekte gaan vir Pieter Ter Haar in Sri Lanka. • Die bydraes in die Sendingbussie gaan vir Petra Kollege, gemoeid met opleiding in kinder-evangelisasie. • Kategese, kleuterkerk, aanddiens, tee op Sondae en die Tswanadiens op Sondae sal eers weer begin as die skole heropen.
Lief en Leed • Dink asb. in u gebede aan die volgende persone wat in die hospitaal is/was: • Dit gaan nie goed met Linda Nel van Goudkoplaan 21 se pa nie; • André Botha van Ronelstr 12; • Annetjie Strauss van Elivralaan 13; • Alida Beytell van Rothmanstr 21 se ma is wel tuis, maar sukkel baie.
Vir die week • Dienste by Flamwood Landgoed Begin weer hierdie Vrydag om 10:00. Bybelskool en selgroep vir jong werkende mense begin eers wer volgende week. • Bidgeleentheid - Ons bid saam op Sondae om 8:00 in die kuierkamer
Ander sake • Daniëlskonferensie 3-5 Mei 2013 • NG Klerksdorp-Goudkop bied in samewerking met NG Meiringspark ’n Daniëlskonferensie van 3 tot 5 Mei aan. Dit gaan ’n ongelooflike gebeurtenis wees wat ons manne nie mag misloop nie! Boek nou al daardie naweek. Die program lui as volg: • Vrydag : 18:00-21:00 Saterdag 08:00-16:00 Sondag: Gesinsdiens om 09:00. Program aangebied deur Braam Grobbelaar, Johan Claassen en Piet Albertyn van Moreletapark. Lofprysing en aanbidding o.l.v. Jean Marais van Nelspruit. Koste: R100 per persoon. Verversings te koop.
Eredienste • Gedurende die skoolvakansie het ons net oggenddienste om 9:00. • Die aanddienste se tyd het verander van 18:30 na 18:00 Sondagaande. Dit sal geld vanaf volgende Sondag. • Voortaan sal die gedeelte tussen die kerkgebou en die kategeselokale op die Sondae wanneer daar kategese is, gesluit wees vir parkering. Die doel is om dit veilig te hou vir ons kinders vir vrye beweging tussen die geboue. Kyk asb uit vir die “Geen parkering” tekens.