90 likes | 257 Views
GOUDKORRELS. www.nggoudkop.co.za 6 Januarie 2013 Blok G aan diens Prediker: Ds. Schalk Scott. Vandag.
E N D
GOUDKORRELS www.nggoudkop.co.za 6 Januarie 2013 Blok G aan diens Prediker: Ds. Schalk Scott
Vandag • Baie welkom aan nuwe intrekkers wat dalk vandag die eerste keer saam met ons in die diens is. Ons sal graag u besonderhede wil hê en vra dat u na die diens die ouderling in die voorportaal sal ontmoet en die nuwe intrekkersboek sal voltooi. Ander persone wat buite die grense woon, maar graag hier wil inskakel, moet ook asb. aanmeld. Onthou asb. ook om adresveranderings vir ons in die boek te skryf.
Vandag • Deurkollekte gaan vir Pieter Ter Haar in Sri Lanka. • Die bydraes in die Sendingbussie gaan vir ds. Frik van Rensburg wat kinder-evangelisasie doen. • Kategese, kleuterkerk, aanddiens, tee op Sondae en die Tswanadiens op Sondae sal eers weer begin as die skole open.
Lief en Leed • Dink asb. in u gebede aan die volgende persone: • Willie Rossouw van Villa Lewou 2, is steeds in die hospitaal, • Barbara Lubbe, Jan en Lulu Lubbe se skoondogter sterk nog aan, • Annatjie Swanepoel van Elviralaan 22 en haar kinders met die afsterwe van haar man, Willem, die afgelope week.
Vir die week • Die volgende weeklikse aktiwiteite begin weer: Dienste by Flamwood Landgoed Vrydag om 10:00 in die ontspanningsaal. • Bybelskool en selgroep vir jong werkende mense begin weer op 17 Januarie 2013. • Bidgeleentheid - Ons bid saam op Sondae om 8:00 in die kuierkamer
Ander sake • Abraham Kriel Kinderhuis. Ons ondersteun die kinders by Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom met verskeie items. Detail van die verskillende projekte is in die kantoor beskikbaar. Dit wissel van skryfbehoeftes, toiletware, speelgoed tot finansiële bydraes. Die mandjie vir u bydraes staan in die voorportaal. Ons gemeente se skakelpersone is Stephen en Anita Malherbe van Platanlaan 68 wat die items by die Kinderhuis sal besorg en behoeftes aan ons bekend sal maak. Hul telefoonnommer is 018-468 6661.
Eredienste • Gedurende die skoolvakansie het ons net oggenddienste om 9:00. • Die preke word nou opgeneem en sal elektronies of op CD beskikbaar wees. Kontak die kerkkantoor.