90 likes | 199 Views
GOUDKORRELS. www.nggoudkop.co.za 22 Desember 2013 Blok A aan diens Prediker: Ds. Coenraad van Staden. Vandag.
E N D
GOUDKORRELS www.nggoudkop.co.za 22 Desember 2013 Blok A aan diens Prediker: Ds. Coenraad van Staden
Vandag • Baie welkom aan nuwe intrekkers wat dalk vandag die eerste keer saam met ons in die diens is. Ons sal graag u besonderhede wil hê en vra dat u na die diens die ouderling in die voorportaal sal ontmoet en die nuwe intrekkersboek sal voltooi. Ander persone wat buite die grense woon, maar graag hier wil inskakel, moet ook asb. aanmeld. Onthou asb. ook om adresveranderings vir ons in die boek te skryf.
Vandag • Deurkollektevirverdienstelikegevalle • Die bydraes in die Sendingbussiegaanvir die werk van ds. Frik van Rensburgvir kinder-evangelisasie. • Die Kleuterkerk, kategese, gebruiklike tee en koekna die dienssoggens en die aanddienste het afgesluitvir die jaar. Aanddienste begin weer op 19 Januarie 2014.
Lief en Leed • Dink asb. in u gebede aan die volgende persone wat in die hospitaal is/was of tuis siek is: Nic Smuts van Glen Eden 17, Jandré Kasselman van Hoewe 66, Doringkruin en John Snyman van Ceciliastraat 11. • Dink asb. aan Talita Steyn van Ronelstraat 7. Haar mammie is die afgelope week oorlede. Baie sterkte vir haar en haar familie met die verlies.
Belangrike datums • 25 Desember – 8:00 Erediens Die eredienskollekte gaan daardie oggend vir die Beeld se Kinderfonds • 31 Januarie – 19:00 Oujaarsdiens • Ds. Schalk Scott is met verlof vanaf 17 Desember tot en met 6 Januarie 2014.
Ander sake • Wyksleiers: Die 2014 kalenders is in jul hokkies in die konsistorie. • Die kerkkantoor sal vanaf volgende week tot 6 Januarie nie Dinsdae en Vrydae oop wees nie, maar nog Sondae na die erediens. Ansie is steeds deurentyd beskikbaar op die selfoon en landlyn.