1 / 12

Hoofstuk 3 – Kragtransformators

Hoofstuk 3 – Kragtransformators. Die ideale transformator Praktiese enkelfase transformators Pereenheidstelsel Driefase transformatorverbindings Pereenheidsmodelle van driefase transformators Driewikkelingtransformators. Die ideale transformator. Wat beteken ideaal?

fern
Download Presentation

Hoofstuk 3 – Kragtransformators

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Hoofstuk 3 – Kragtransformators • Die ideale transformator • Praktiese enkelfase transformators • Pereenheidstelsel • Driefase transformatorverbindings • Pereenheidsmodelle van driefase transformators • Driewikkelingtransformators

  2. Die ideale transformator • Wat beteken ideaal? • Wikkelings het geen weerstand • Permeatiwiteit  van die kern oneindig • Geen spreivloede nie • Geen kernverliese • i-H verwantskap: • Ampere se wet stel: Die lynintegraal van die magnetiese veld sterkte intensiteit H om ’n geslote pad is gelyk aan die totale stroom deur die pad omsluit, m.a.w.

  3. Die ideale transformator • Vir die onderstaande figuur kan Ampere se wet omskryf word na of of

  4. Die ideale transformator • Faraday se wet se dat die spanning wat geïnduseer word oor ’n wikkeling gelyk is aan die afgeleide van die vloed wat die wikkeling omsluit, m.a.w. • Dit gee aanleiding tot die vergelyking • Vanaf die bostaande vergelykings vir die stroom en spanning: • Definieer ons at = N1/N2, • Is S1 = S2 vir ’n ideale transformator • En kan ’n impedansie verwys word van wikkeling 2 na wikkeling 1 m.b.v.

  5. Ekwivalente stroombane vir praktiese transformators • Die realiteit is • Die wikkelings het weerstand • Die permeatiwiteit van die kern is eindig • Magnetiese vloed is nie net beperk tot die kern nie • Kernverliese bestaan wel (Werwelstrome) • Dit gee aanleiding tot die volgende praktiese model

  6. Ekwivalente stroombane vir praktiese transformators • Vereenvoudigings van die model word ook gebruik • Die volgende verskynsels word nie deur die model gemodelleer nie: • Versadiging en nie-sinusvormige opwekkingstrome • Aanskakel stuwing • Stuwingsverskynsels

  7. Die pereenheidstelsel • Pereenheidswaarde = Werklike waarde Basis waarde • Sien vergelykings 3.3.2 tot 3.3.5 vir die enkelfase identiteite • Sien vergelykings 3.3.12 tot 3.3.17 vir die driefase identiteite • 2 reëls geld: • Sbasis is dieselfde regdeur vir die totale kragstelsel • Die verhouding van die spanningsbasisse aan weerskante van ’n transformator word so gekies dat dit dieselfde is as die windingverhouding • Dit gee dat E1p.e. = E2p.e. en I1p.e. = I2p.e. vir transformators

  8. Die pereenheidstelsel • Wat as die naamplaat basiswaardes nie dieselfde is as die globale basiswaardes nie? • Zp.e.nuut = Zwerklik / Zbasisnuut = Zp.e.naamplt Zbasisnaamplt / Zbasisnuut = Zp.e.naamplt (Vbasisnaamplt/Vbasisnuut)2x (Sbasisnuut/Sbasisnaamplt)

  9. Driefase transformatorverbindings en faseskuif • Driefase transformators word gevorm deur die verbinding van drie enkelfase transformators in ’n sekere topologie • Tipe verbindings • Ster na ster • Delta na delta • Ster na delta (let op faseverskuiwing) • Delta na ster (let op faseverskuiwing)

  10. Pereenheid ekwivalente stroombane van gebalanseerde driefase transformators • 2 reëls geld weer: • Sbasis is dieselfde regdeur vir die totale kragstelsel • Die verhouding van die spanningsbasisse aan weerskante van ’n transformator word so gekies dat dit dieselfde is as die verhouding van die lyn-tot-lyn spannings aan weerskante

  11. Driewikkelingtransformators • Voorstellings van die driewikkelingtransformator:

  12. Driewikkelingtransformators • Die volgende vergelykings geld vir die driewikkelingtransformator: • N1I1 = N2I2 + N3I3 • E1/N1 = E2/N2 = E3/N3 • I1p.e. = I2p.e. + I3p.e. • E1p.e. = E2p.e. = E3p.e. • Bepaling van model parameterwaardes: • Die newe parameters word bepaal soos vir die tweewikkelingtransformator • Die serie parameters word bepaal vanaf kortsluittoetse en vergelykings 3.6.8 tot 3.6.10. • Let op die driefase modelle (weereens ’n uitbreiding van die modelle vir die tweewikkelingtransformators)

More Related