1 / 16

Arbeidsreg

Arbeidsreg. ABR 224 Tema 2 Lesing 1. Tema 2 Lesing 1. Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg , LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 3).

maegan
Download Presentation

Arbeidsreg

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 1

  2. Tema 2 Lesing 1 Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 3)

  3. Verduidelik watter werknemers deur die WOBD beskerm word, en verwys ook na gedeeltelike beskerming. • Definieer begrippe soos besoldiging, huiswerker, plaaswerker, senior bestuurswerknemer en werknemer. • Bespreek volledig die maatreëls ingevolge die WOBD ten opsigte van werksure. Tema 2.1 (Leeruitkomste)

  4. Voor die inwerkingtreding van die WOBD was die gemeenregtelike posisie gevolg. Daar wees geen erkenning verleen aan basiese arbeidsregte nie en gevolglik ook nie basiese diensvoorwaardes nie. • Ten einde dus te voorkom dat die Werkgewer (WG) misbruik maak van die magsposisie wat hy beklee in die arbeidsverhouding, is die WOBD in werking gestel om gehoor te gee aan billike arbeidspraktyke. • Basiese oogmerk van die Wet is om deur middel van wetgewing minimum diensvoorwaardes vir ongeorganiseerde werknemers in bepaalde arbeidsektore neer te lê. • WOBD is van die grootste belang vir die daaglikse administrasie van personeel (werknemer) aangeleenthede, aangesien dit minimum standaarde daarstel wat voorsiening maak vir die beskerming van werknemers. Hierdie minimum standaarde geld egter net indien daar nie reeds ander voorkomingsmaatreëls, soos kollektiewe ooreenkomste of sektorale vasstellings, bestaan nie. Tema 2.1 (Inleiding)

  5. U sou onthou dat ʼn dienskontrak slegs as ʼn gewone kommersiële kontrak beskou is ingevolge die gemenereg (locatio conductio operarum) en dit kan dit tot gevolg hê dat ʼn situasie ontstaan waar daar geen (indien enige) beskerming aan ʼn werknemer verleen word in terme van siekverlof, jaarlikse verlof, maksimum werksure, ens. • Die rede hiervoor is as volg: met gewone kommersiële kontrakte geniet die kontrakspartye algehele kontrakteervryheid en kan hulle op diensvoorwaardes ooreenkom soos werksure van 20 uur per dag vir 7 dae per week. • Die WOBD maak voorsiening vir basiese diensvoorwaardes wat nie misken kan word in enige dienskontrak nie, selfs al sou beide partye daarop ooreenkom. • Bv: indien beide partye gewillig is om ʼn dienskontrak te sluit ingevolge waarvan die werknemer 7 dae per week, 11 ure per dag moet werk, sonder enige vakansieverlof, sou so ʼn kontrak ongeldig wees in terme van die WOBD, selfs al het albei partye daartoe toegestem. .

  6. Die doel van hierdie Wet is om: • Ekonomiese ontwikkeling en sosiale geregtigheid te bevorder deur te verseker dat werksomstandighede van werknemers wel aan standaarde voldoen wat sosiaal aanvaarbaar is. • om uitvoering te gee aan en die reg op billike arbeidspraktyke (soos vervat in art 23(1) van die Grondwet) • om uitvoering te gee aan die verpligtinge wat deur die Republiek, as lidland van die Internasionale Arbeidsorganisasie, opgeloop is; Tema 2.1 (Doelwitte van WOBD)

  7. Enige van die basiesediensvoorwaardesingevolge die WOBD kangewysig word deur: • Kollektiewebedinging; • Sektoralevasstellings; • Ministeriëlevasstellings; • Dienskontrakte. Enigewysigingsalegterslegsaanvaarbaarweesindiendienmeergunstigevoorwaardesdaarstel. Wysiging van basiesediensvoorwaardes

  8. Die WOBD vind toepassing op beide die openbare- en privaatsektore en sluit alle werknemers in, behalwelede van die: • Nasionale Weermag • Nasionale Intelligensie Agentskap • Suid-Afrikaanse Nasionale Akademie van Intelligensie • Suid-Afrikaanse Geheimediens • Direkteure en personeel van Comsec • Onbesoldigde vrywillige werkers wat vir ʼn organisasie werk wat ʼn liefdadigheidsoogmerk het. Tema 2.1 (Toepassing I)

  9. Die gedeeltelike uitsluitings kan as volg opgesom word: • Die WOBD is van toepassing op persone wat beroepsopleiding ondergaan, behalwe in soverre enige voorwaarde van hulle diens deur die bepalings van ʼn ander wet gereël word. • Hierdie Wet, behalwe art 41 (skeidingsloon), is nie van toepassing op persone in diens op skepe ter see ten opsigte van wie die Handelskeepvaartwet van 1951 van toepassing is nie. • Senior bestuurswerknemers, reisende verkoopspersoneel wat hul eie werksure bepaal en werknemers wat minder as 24 uur per maand werk is uitgesluit van die bepalings van art 8-18 (oortyd, werkure, etenstyd, rusperiodes, Sondag werk, nagwerk, openbare vakansiedae). Gedeeltelike toepassing

  10. Werknemers wat minder as 24 uur per maand werk is uitgesluit van die bepalings van art 19-27 (siekverlof, jaarlikse verlof, kraamverlof en gesinsverantwoordelikheidsverlof), art 28-35 (besonderhede van diens en vergoeding) en art 37-42 (diensbeïndiging, betalings tydens sodanige beëindiging en dienssertifikate). • Werknemers betrokke by onverwagse werk wat sonder versuim en slegs na-ure gedoen kan word is uitgesluit van art 9 (gewone werkure), art 10(1) (oortyd werk), art 14(1) (etenspouses), art 15(1) (rustye), art 17(2) (nagwerk) en art 18(1) (openbare vakansiedae). • Werknemers wat meer verdien as ʼn bedrag in ʼn vasstelling deur die Minister gestel (huidiglik R183,008) kan uitgesluit word van voorwaardes wat handel met werksure, gemiddelde ure, ure deur die Minister voorgeskryf, etensbreuke, daaglikse en weeklikse rusperiodes, Sondag-werk, nagwerk en openbare vakansiedae. .

  11. Basiese diensvoorwaarde • ʼn Bepaling van die Wet of ʼn sektorale vasstelling wat ʼn minimum beding of diensvoorwaarde bepaal. • Besoldiging • Enige betaling in kontant en/of in goedere of in beide kontant en goedere, gedoen of verskuldig aan iemand in ruil waarvoor daardie persoon vir ʼn ander persoon werk. • Huiswerker • ʼn Werknemer wat huiswerk verrig in die huis van sy of haar werkgewer en dit sluit ook in ʼn tuinwerker, ʼn persoon wat as bestuurder van ʼn motorvoertuig by ʼn huishouding in diens is en ʼn persoon wat kinders, bejaardes, siekes, verswaktes of gestremdes versorg, maar dit sluit nie ʼn plaaswerker in nie. • Plaaswerker • ʼn Werknemer wat hoofsaaklik in of in verband met boerderybedrywighede in diens is, en ook ʼn werknemer wat uitsluitlik of hoofsaaklik huiswerk op ʼn plaas verrig. Tema 2.1 (Definisies I)

  12. Senior bestuurswerknemer • ʼn Werknemer wat die gesag het om werknemers te huur, te dissiplineer en te ontslaan, en om die werkgewer intern en ekstern te verteenwoordig. • Tydelike werkverskaffingsdiens • Enige persoon wat, teen vergoeding, vir ʼn kliënt, ander persone verkry of verskaf wat dienste lewer aan of werk verrig vir die kliënt en wat deur die tydelike werkverskaffingsdiens besoldig word. .

  13. Werknemer • Enige iemand behalwe ʼn onafhanklike kontrakteur, wat vir iemand anders of vir die Staat werk en wat besoldiging ontvang of daarop geregtig is om besoldiging te ontvang asook iemand anders wat op enige wyse help om die besigheid van die werkgewer voort te sit of te bedryf. Let op die bepalings van art 83A van die Wet. Indien enige van die volgende faktore aanwesig is, word die weerlegbare vermoede geskep dat ʼn werknemer werkgewer verhouding bestaan: • Die wys waarop die persoon werk is onderworpe aan die toesig en beheer van ʼn ander persoon. • Die persoon se werksure is onderworpe aan die toesig en beheer van ʼn ander persoon. • Indien ʼn persoon vir ʼn organisasie werk, is die persoon deel van daardie organisasie. .

  14. Die persoon het ten minste 40 ure per maandgedurende die laaste 3 maandevir die anderpersoongewerk. • Die persoon is finansieelafhanklik van die persoonvirwiehywerk of dienstelewer. • Die persoon word van werkstoerustingdeur die anderpersoonvoorsien. • Die persoonwerkslegsvireenanderpersoon. • (In terme van art 79(1) sluit ʼn werknemerook ʼn vorigewerknemer en ʼn applikantvir die werk in. Art 82(1) bepaaldat ʼn persoonwie se dienstedeur ʼn tydelikewerkverskaffingsdiensvoorsien is, ʼn werknemer van die tydelikewerkverskaffingsdiens is. .

  15. Werksure moet gereguleer word met inagneming van: • die gesondheid en veiligheid van werknemers, • die Goeie Praktykskode rakende die Regulering van Werkstyd asook die gesinsverantwoordelikhede van werknemers. • Vir doeleindes van die regulering van gewone werksure, oortyd en ʼn saamgeperste werksweek word ʼn “dag” word gedefinieer as ʼn periode van 24 uur wat gemeet word vanaf die tyd wat die werknemer normaalweg met diens begin. Tema 2.1 (Gewone werksure I)

  16. Normale werksure: • Ten aansien van weeklikse ure: • Maksimum van 45 uur per week. • Ten aansien van daaglikse ure: • Indien 5 dae of minder per week gewerk word, ʼn maksimum van 9 ure per dag. • Indien vir meer as 5 dae per week gewerk word, ʼn maksimum van 8 ure per dag. • (Indien die dienste insluit om die publiek te dien, mag die maksimum ure per dag met 15 minute per dag vermeerder word, maar mag nie 60 minute per week oorskry nie.) Tema 2.1 (Normale werksure)

More Related